Javascript must be enabled to continue!
Struikelblokke wat toesig deur opposisiepartye in die Suid-Afrikaanse parlement belemmer
View through CrossRef
Dit is duidelik uit die Suid-Afrikaanse geskiedenis van die afgelope 27 jaar dat die toesigrol in ons parlement tekortskiet. Oor die algemeen is die parlement veronderstel om toesig oor die kabinet te bied en dit sluit sowel opposisiepartye se lede van die parlement (LP’s) as die regerende party se LP’s in. Verder het opposisiepartye spesifiek die rol om deur die strukture van die parlement toesig oor die regerende party uit te oefen, maar dit kan met so ’n dominante meerderheidsparty soos die ANC slegs geskied met behulp van die ANC self. Dit is dan geen verrassing nie dat die grondwet se instansies erg verpolitiseer is en regstellende aksie ingespan word as ’n wapen om Suid-Afrika af te takel en te plooi na die wil van die ANC. Die enigste instelling wat sover staande kon bly is die parlementêre opposisie en die toesigrol wat dit verrig. Hierdie toesig is baie belangrik in enige regering, des te meer in ’n demokrasie. Demokrasie se kernwaarde is verteenwoordiging en gelykheid daarin. Demokrasie word juis hierdeur van outoritarisme onderskei: deurdat die verkose regering nie alleenreg op al die mag het nie, maar deur regulering (lees “toesig”) aan bande gelê word om sodoende toe te sien dat hulle die mense dien eerder as hulself. Omdat die regerende party in Suid-Afrika oor die meerderheid setels in die parlement beskik, word hierdie rol van toesig aan die opposisie oorgelaat en tans geweldig belemmer. Tog werk opposisiepartye baie hard om toesig en verantwoordbaarheid te bewerkstellig. Die opposisie was egter magteloos om die ANC se outoritêre oorname van die staat te stop. Ondanks hul geweldige pogings, bly die toesig wat hulle kan uitoefen minimaal. Hierdeur word die parlement gereduseer tot ’n instrument van die ANC, vir die uitvoering van sy ideologie en bemagtiging van sy elitekaders, ten koste van Suid-Afrika. Steeds word die opposisie toegelaat om te bestaan om ’n vorm van skynlegitimiteit te verkry. Die doel van die artikel is om te ondersoek wat die oorsprong van die oënskynlik oneffektiewe toesigrol binne die parlement is en wat die struikelblokke is wat opposisiepartye in hierdie verband ervaar. Struikelblokke het betrekking op verskeie van die idees en/of instellings wat die Suid-Afrikaanse staatsbestel definieer en in stand hou. Die ligpunt hier is dat opposisiepartye wel af en toe toesig en wetgewing uitgeoefen kry, maar dit is die uitsondering eerder as die reël. Die belangrikste bevindings van die artikel dui daarop dat die opposisie in die parlement ’n groter en belangriker rol as die regering speel om op te tree as die beskermer van die Suid-Afrikaanse grondwet en die burgers van die land. Trefwoorde: demokrasie; grondwet; legitimiteit; mislukte staat; toesig; opposisie; parlement; politiek; regstaat; staat; Suid-Afrika; wetgewer
Title: Struikelblokke wat toesig deur opposisiepartye in die Suid-Afrikaanse parlement belemmer
Description:
Dit is duidelik uit die Suid-Afrikaanse geskiedenis van die afgelope 27 jaar dat die toesigrol in ons parlement tekortskiet.
Oor die algemeen is die parlement veronderstel om toesig oor die kabinet te bied en dit sluit sowel opposisiepartye se lede van die parlement (LP’s) as die regerende party se LP’s in.
Verder het opposisiepartye spesifiek die rol om deur die strukture van die parlement toesig oor die regerende party uit te oefen, maar dit kan met so ’n dominante meerderheidsparty soos die ANC slegs geskied met behulp van die ANC self.
Dit is dan geen verrassing nie dat die grondwet se instansies erg verpolitiseer is en regstellende aksie ingespan word as ’n wapen om Suid-Afrika af te takel en te plooi na die wil van die ANC.
Die enigste instelling wat sover staande kon bly is die parlementêre opposisie en die toesigrol wat dit verrig.
Hierdie toesig is baie belangrik in enige regering, des te meer in ’n demokrasie.
Demokrasie se kernwaarde is verteenwoordiging en gelykheid daarin.
Demokrasie word juis hierdeur van outoritarisme onderskei: deurdat die verkose regering nie alleenreg op al die mag het nie, maar deur regulering (lees “toesig”) aan bande gelê word om sodoende toe te sien dat hulle die mense dien eerder as hulself.
Omdat die regerende party in Suid-Afrika oor die meerderheid setels in die parlement beskik, word hierdie rol van toesig aan die opposisie oorgelaat en tans geweldig belemmer.
Tog werk opposisiepartye baie hard om toesig en verantwoordbaarheid te bewerkstellig.
Die opposisie was egter magteloos om die ANC se outoritêre oorname van die staat te stop.
Ondanks hul geweldige pogings, bly die toesig wat hulle kan uitoefen minimaal.
Hierdeur word die parlement gereduseer tot ’n instrument van die ANC, vir die uitvoering van sy ideologie en bemagtiging van sy elitekaders, ten koste van Suid-Afrika.
Steeds word die opposisie toegelaat om te bestaan om ’n vorm van skynlegitimiteit te verkry.
Die doel van die artikel is om te ondersoek wat die oorsprong van die oënskynlik oneffektiewe toesigrol binne die parlement is en wat die struikelblokke is wat opposisiepartye in hierdie verband ervaar.
Struikelblokke het betrekking op verskeie van die idees en/of instellings wat die Suid-Afrikaanse staatsbestel definieer en in stand hou.
Die ligpunt hier is dat opposisiepartye wel af en toe toesig en wetgewing uitgeoefen kry, maar dit is die uitsondering eerder as die reël.
Die belangrikste bevindings van die artikel dui daarop dat die opposisie in die parlement ’n groter en belangriker rol as die regering speel om op te tree as die beskermer van die Suid-Afrikaanse grondwet en die burgers van die land.
Trefwoorde: demokrasie; grondwet; legitimiteit; mislukte staat; toesig; opposisie; parlement; politiek; regstaat; staat; Suid-Afrika; wetgewer.
Related Results
Digitisation and consumer law in South Africa and Africa
Digitisation and consumer law in South Africa and Africa
Die digitale revolusie tydens die laaste drie dekades het ’n enorme impak gemaak op die wyse waarop verbruikers en verskaffers tans optree. Hierdie ontwikkeling skep nou nuwe uitda...
Should South Africa adopt fair use? Cutting through the rhetoric
Should South Africa adopt fair use? Cutting through the rhetoric
Die wetgewer poog om met die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg ingrypende veranderinge in die Wet op Outeursreg aan te bring, waarby die instelling van billike gebruik (“fair use”...
Lessons to be learned from Only Fools: the protection of fictional characters, parody and pastiche
Lessons to be learned from Only Fools: the protection of fictional characters, parody and pastiche
Die uitspraak in die Engelse saak Shazam Productions v Only Fools The Dining Experience (“Shazam-saak”) was in twee opsigte ’n grensverskuiwende kopiereg-uitspraak. Dit was die eer...
E-Learning
E-Learning
E-Learning ist heute aus keinem pädagogischen Lehrraum mehr wegzudenken. In allen Bereichen von Schule über die berufliche bis zur universitären Ausbildung und besonders im Bereich...
Moedertaal in die kerk: Die Apostoliese Geloofsending van Suid-Afrika (AGS van SA) en Afrikaans as 'n illustrasie van die rol van moedertaal in die kerk
Moedertaal in die kerk: Die Apostoliese Geloofsending van Suid-Afrika (AGS van SA) en Afrikaans as 'n illustrasie van die rol van moedertaal in die kerk
Die artikel word geskryf vanuit die perspektief van 'n Afrikaanssprekende Christen en gebruik die Apostoliese Geloof Sending van Suid-Afrika (AGS) as 'n gevallestudie van moedertaa...
Groen urbanisme in agtergeblewe Suid-Afrikaanse nedersettings: ’n ondersoek na groen boublokke en groen netwerke
Groen urbanisme in agtergeblewe Suid-Afrikaanse nedersettings: ’n ondersoek na groen boublokke en groen netwerke
Afrika het die afgelope 20 jaar die vinnigste stedelike groeikoers ervaar en is tans die vasteland met die hoogste verstedelikingskoers in die wêreld – beramings dui op die versted...
Die rol van die US se Departement Afrikaans en Nederlands in die ontwikkeling van die Afrikaanse leksikografie: Die Nederlands-Afrikaans-stryd gedurende die aanvangsjare
Die rol van die US se Departement Afrikaans en Nederlands in die ontwikkeling van die Afrikaanse leksikografie: Die Nederlands-Afrikaans-stryd gedurende die aanvangsjare
Die studie stel ondersoek in na die rol van die Universiteit Stellenbosch se Departement Afrikaans en Nederlands in die ontwikkeling van die Afrikaanse leksikografie te midde van '...
Frederik Van Zyl Slabbert
Frederik Van Zyl Slabbert
Frederik van Zyl Slabbert is al beskryf as die beste landsleier wat Suid-Afrika nooit gehad het nie. As ’n uitstaande akademikus het hy in 1974 van beroep verander toe hy in dié ja...

