Javascript must be enabled to continue!
Should South Africa adopt fair use? Cutting through the rhetoric
View through CrossRef
Die wetgewer poog om met die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg ingrypende veranderinge in die Wet op Outeursreg aan te bring, waarby die instelling van billike gebruik (“fair use”) ingesluit word. Hierdie voorgestelde wysiging blyk nie die resultaat te wees van enige erkende hersieningsproses nie, en vereis ’n deeglike ontleding van die gevolge daarvan. Hierdie radikale afwyking van ons huidige benadering ten opsigte van die uitsonderings in outeursreg is deur sommige bekende tegnologie maatskappye ondersteun, nie net in Suid-Afrika nie, maar ook in ander regsgebiede soos die Verenigde Koninkryk, Australië en Nieu-Seeland. Die artikel spreek ernstige kommer uit oor die implikasies van die instelling van billike gebruik in die Suid-Afrikaanse reg. Sodra verby die retoriek van die beweerde meerderwaardigheid van billike gebruik beweeg word, is die prentjie wat ontstaan verontrustend. Alhoewel daar entoesiastiese ondersteuning blyk te wees vir die instelling van billike gebruik vanuit sekere oorde, is die geskiedenis daarvan om regsekerheid te vestig in die regsgebied van sy statutêre oorsprong, die Verenigde State, minder bemoedigend. Billike gebruik vereis ’n litigasieproses tussen die verskillende partye om die toelaatbare uitsonderings op outeursreg te bepaal. Daar is geen noodwendige rede waarom billike gebruik meer responsief is op tegnologiese verandering as wetgewende hervorming nie. Daar is beduidende verskille in ons regstelsel en die litigasieproses wanneer dit vergelyk word met dié van die Verenigde State. Versuim om die verskille te erken, kan tot onvoorspelbare en onbedoelde gevolge lei. Uitsonderings op die outeursreg behels aspekte van openbare beleid. Dit moet nie deur regters beslis word ooreenkomstig ’n agenda wat daargestel is deur private litigante nie. In ’n demokratiese samelewing moet openbare beleidskwessies deur die parlement bepaal word en dit mag openbare deelname insluit. Billike gebruik, of enige vorm van oop uitsonderings, kan daartoe lei dat Suid-Afrika sy verdragsverpligtinge kragtens die Bernkonvensie, die TRIPs-ooreenkoms en in die besonder die sogenaamde “drie-stap-toets” mag oortree. Dit is ook duidelik dat die houding van die Europese Unie en die Verenigde State teenoor die groot tegnologie maatskappye minder uiteenlopend is, en dat wetgewende maatreëls ingestel word, of oorweeg word, om die uitbuiting van die regte van outeursreghebbendes te beperk. Voorstanders vir die instelling van billike gebruik het nog geen regverdiging verskaf waarom Suid-Afrika dit só moet gedra oor sy internasionale verpligtinge nie.
Title: Should South Africa adopt fair use? Cutting through the rhetoric
Description:
Die wetgewer poog om met die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg ingrypende veranderinge in die Wet op Outeursreg aan te bring, waarby die instelling van billike gebruik (“fair use”) ingesluit word.
Hierdie voorgestelde wysiging blyk nie die resultaat te wees van enige erkende hersieningsproses nie, en vereis ’n deeglike ontleding van die gevolge daarvan.
Hierdie radikale afwyking van ons huidige benadering ten opsigte van die uitsonderings in outeursreg is deur sommige bekende tegnologie maatskappye ondersteun, nie net in Suid-Afrika nie, maar ook in ander regsgebiede soos die Verenigde Koninkryk, Australië en Nieu-Seeland.
Die artikel spreek ernstige kommer uit oor die implikasies van die instelling van billike gebruik in die Suid-Afrikaanse reg.
Sodra verby die retoriek van die beweerde meerderwaardigheid van billike gebruik beweeg word, is die prentjie wat ontstaan verontrustend.
Alhoewel daar entoesiastiese ondersteuning blyk te wees vir die instelling van billike gebruik vanuit sekere oorde, is die geskiedenis daarvan om regsekerheid te vestig in die regsgebied van sy statutêre oorsprong, die Verenigde State, minder bemoedigend.
Billike gebruik vereis ’n litigasieproses tussen die verskillende partye om die toelaatbare uitsonderings op outeursreg te bepaal.
Daar is geen noodwendige rede waarom billike gebruik meer responsief is op tegnologiese verandering as wetgewende hervorming nie.
Daar is beduidende verskille in ons regstelsel en die litigasieproses wanneer dit vergelyk word met dié van die Verenigde State.
Versuim om die verskille te erken, kan tot onvoorspelbare en onbedoelde gevolge lei.
Uitsonderings op die outeursreg behels aspekte van openbare beleid.
Dit moet nie deur regters beslis word ooreenkomstig ’n agenda wat daargestel is deur private litigante nie.
In ’n demokratiese samelewing moet openbare beleidskwessies deur die parlement bepaal word en dit mag openbare deelname insluit.
Billike gebruik, of enige vorm van oop uitsonderings, kan daartoe lei dat Suid-Afrika sy verdragsverpligtinge kragtens die Bernkonvensie, die TRIPs-ooreenkoms en in die besonder die sogenaamde “drie-stap-toets” mag oortree.
Dit is ook duidelik dat die houding van die Europese Unie en die Verenigde State teenoor die groot tegnologie maatskappye minder uiteenlopend is, en dat wetgewende maatreëls ingestel word, of oorweeg word, om die uitbuiting van die regte van outeursreghebbendes te beperk.
Voorstanders vir die instelling van billike gebruik het nog geen regverdiging verskaf waarom Suid-Afrika dit só moet gedra oor sy internasionale verpligtinge nie.
Related Results
The Burden of Road Traffic Injuries: A Global Perspective
The Burden of Road Traffic Injuries: A Global Perspective
Introduction Road Traffic Injury (RTI) pose a significant health challenge. It represents the eighth leading cause of death globally, prompting the UN to designate 2011-2020 as...
Afrikanske smede
Afrikanske smede
African Smiths Cultural-historical and sociological problems illuminated by studies among the Tuareg and by comparative analysisIn KUML 1957 in connection with a description of sla...
Rhetoric and Communication
Rhetoric and Communication
The term “rhetoric” (rhetorike) was coined by the ancient Greek philosopher Plato, and systematically elaborated upon by his successor Aristotle. On the basis of these foundational...
Study on cutting force of ultrasonic cutting disc cutter for Nomex honeycomb material
Study on cutting force of ultrasonic cutting disc cutter for Nomex honeycomb material
Abstract
To systematically investigate the specific factors influencing cutting force variations in ultrasonic cutting of Nomex honeycomb materials with disc cutters, a com...
Potable Water Sources, Household Hygiene, and Sanitation Practices in Ikpoba Okha LGA, Edo State: Implications for Public Health and Sustainable Water Management
Omoregie, Andrew Edosa.1 Omoregie Abieyuwa Peace2 Okoro, Enyinnaya Okoro.3
1 College of Medi
Potable Water Sources, Household Hygiene, and Sanitation Practices in Ikpoba Okha LGA, Edo State: Implications for Public Health and Sustainable Water Management
Omoregie, Andrew Edosa.1 Omoregie Abieyuwa Peace2 Okoro, Enyinnaya Okoro.3
1 College of Medi
BACKGROUND
Access to potable drinking water and sufficient sanitation continues to be an urgent global concern, particularly in developing regions where con...
Orthogonal Cutting Of Bone
Orthogonal Cutting Of Bone
"The cutting of bone has been undertaken for many centuries. Research in this area is contnually progressing to achieve an efficient cutting action while reducing recovery time and...
Border rossing, collecting, gravitating: small narratives of three ordinary collectors in the Chinese diaspora in South Africa since the late 1980s
Border rossing, collecting, gravitating: small narratives of three ordinary collectors in the Chinese diaspora in South Africa since the late 1980s
Shifting away from the conventional viewpoint that confines art collecting predominantly to established structures like art institutions, markets, and exclusive collector networks,...
Mindy Calling: Size, Beauty, Race in The Mindy Project
Mindy Calling: Size, Beauty, Race in The Mindy Project
When characters in the Fox Television sitcom The Mindy Project call Mindy Lahiri fat, Mindy sees it as a case of misidentification. She reminds the character that she is a “petite ...

