Search engine for discovering works of Art, research articles, and books related to Art and Culture
ShareThis
Javascript must be enabled to continue!

Die rol van die US se Departement Afrikaans en Nederlands in die ontwikkeling van die Afrikaanse leksikografie: Die Nederlands-Afrikaans-stryd gedurende die aanvangsjare

View through CrossRef
Die studie stel ondersoek in na die rol van die Universiteit Stellenbosch se Departement Afrikaans en Nederlands in die ontwikkeling van die Afrikaanse leksikografie te midde van 'n fel Nederlands-Afrikaans-stryd in die wordingsjare van die Afrikaanse leksikografie. Daar word eerstens gefokus op die aanvang van die Afrikaanse leksikografie aan die Universiteit Stellenbosch deur die publikasie van Mansvelt se Idioticon. Vervolgens word 'n oorsig gegee oor die spellingstryd tussen die voorstanders van Nederlands, met W.J. Viljoen aan die stuur, en die voorstanders van Afrikaans, onder leiding van J.J. Smith, beide dosente aan die Universiteit Stellenbosch, wat geheers het in die tydperk waarin hierdie universiteit hom as 'n Afrikaanse universiteit onderskei het. Ten slotte word gedui op die voortgesette Nederlands-Afrikaans-stryd soos wat dit in die daaropvolgende jare in die woordeboek vir spesiale doeleindes, die Afrikaanse woordelys en spelreëls, tot uitdrukking gebring is en die blywende invloed wat die stryd op die Afrikaanse spelling gehad het.
Academy of Science of South Africa
Title: Die rol van die US se Departement Afrikaans en Nederlands in die ontwikkeling van die Afrikaanse leksikografie: Die Nederlands-Afrikaans-stryd gedurende die aanvangsjare
Description:
Die studie stel ondersoek in na die rol van die Universiteit Stellenbosch se Departement Afrikaans en Nederlands in die ontwikkeling van die Afrikaanse leksikografie te midde van 'n fel Nederlands-Afrikaans-stryd in die wordingsjare van die Afrikaanse leksikografie.
Daar word eerstens gefokus op die aanvang van die Afrikaanse leksikografie aan die Universiteit Stellenbosch deur die publikasie van Mansvelt se Idioticon.
Vervolgens word 'n oorsig gegee oor die spellingstryd tussen die voorstanders van Nederlands, met W.
J.
Viljoen aan die stuur, en die voorstanders van Afrikaans, onder leiding van J.
J.
Smith, beide dosente aan die Universiteit Stellenbosch, wat geheers het in die tydperk waarin hierdie universiteit hom as 'n Afrikaanse universiteit onderskei het.
Ten slotte word gedui op die voortgesette Nederlands-Afrikaans-stryd soos wat dit in die daaropvolgende jare in die woordeboek vir spesiale doeleindes, die Afrikaanse woordelys en spelreëls, tot uitdrukking gebring is en die blywende invloed wat die stryd op die Afrikaanse spelling gehad het.

Related Results

Oranjerivierafrikaans, ʼn Argeologiese Genealogie. Deel I. 1595-1916
Oranjerivierafrikaans, ʼn Argeologiese Genealogie. Deel I. 1595-1916
Abstract Dié eerste deel van ʼn vierdelige artikelreeks ondersoek die geskiedenis van die sosiolinguistiek relatief tot Oranjerivierafrikaans, een van die drie hoofdialekkontinuums ...
Stemme uit die Ooste: Die kaleidoskoop van die Kaap
Stemme uit die Ooste: Die kaleidoskoop van die Kaap
Waarom volgde het Afrikaans, gezien het lot van contacttalen die uit het Nederlands voortkwamen, niet het pad van het zogenoemde Negerhollands (in het Engels ook bekend als Virgin ...
Mix En Meng It Op: Emile YX?'s Alternative Race and Language Politics in South African Hip-Hop
Mix En Meng It Op: Emile YX?'s Alternative Race and Language Politics in South African Hip-Hop
This paper explores South African hip-hop activist Emile YX?'s work to suggest that he presents an alternative take on mainstream US and South African hip-hop. While it is arguable...
The league of nations: South Africa and the Rehoboth Basters' constitutional struggle, 1919-1939
The league of nations: South Africa and the Rehoboth Basters' constitutional struggle, 1919-1939
Die groep mense van gemengde afkoms wat gedurende die agtiende eeu in die Noordwes-Kaap hulle ontstaan gehad het, en later as die Rehoboth-Basters bekend geword het, het in 1868 di...
Analysing computer-generated works in South African copyright law in the age of artificial intelligence
Analysing computer-generated works in South African copyright law in the age of artificial intelligence
Die afgelope paar jaar het ’n beduidende toename in toegang tot, en ontwikkeling in, generatiewe kunsmatige intelligensie-tegnologieë gesien. Om teks te genereer met behulp van sog...
Struikelblokke wat toesig deur opposisiepartye in die Suid-Afrikaanse parlement belemmer
Struikelblokke wat toesig deur opposisiepartye in die Suid-Afrikaanse parlement belemmer
Dit is duidelik uit die Suid-Afrikaanse geskiedenis van die afgelope 27 jaar dat die toesigrol in ons parlement tekortskiet. Oor die algemeen is die parlement veronderstel om toesi...
Pedersstræde i Viborg. Købstadarkæologiske undersøgelser 1966/67
Pedersstræde i Viborg. Købstadarkæologiske undersøgelser 1966/67
Pedersstræde in Viborg Archäologische Untersuchungen der Stadt ViborgSchon seit dem 17. Jahrhundert hat man die historisch-topographische Entwicklung der Stadt Viborg zum Gegenstan...

Back to Top