Search engine for discovering works of Art, research articles, and books related to Art and Culture
ShareThis
Javascript must be enabled to continue!

Afrikaans as taal van onderrig en leer in skole en ander onderwysinstansies: "Ou" wyn in nuwe sakke

View through CrossRef
Die Afrikaanse gemeenskap in Suid-Afrika van ongeveer 8.9 miljoen mense vorm 'n beskeie deel van die totale bevolking van meer as 54 miljoen. As gevolg hiervan, maar ook as gevolg van politieke druk van die ander bevolkingsgroepe en van die regering van die dag om toegang tot goeie onderwys vir kinders van alle bevolkingsgroepe te verseker, het die getal van Afrikaansmediumskole verminder van 2 521 in 2010 tot die huidige getal van 2 166. As hierdie neiging voortduur, kan dit meebring dat Afrikaansmediumskole binne die volgende paar dekades mag verdwyn en die gevaar is dat Afrikaans as 'n gesproke taal in Suid-Afrika mag kwyn. Hierdie gevare vir Afrikaans, ook as taal van onderrig en leer in skole en in ander onderwysinstansies, noop die Afrikaanse gemeenskap om 'n ander benadering te volg ten einde die taal te beskerm, bevorder en uit te bou. Daar is aanduidinge dat 'n taalregtebenadering tot die probleem tot dusver nie goeie vrugte afgewerp het nie, onder meer weens 'n onwilligheid en 'n onvermoë aan die kant van die landsowerheid om die taalregte met betrekking tot Afrikaans en die ander nege inheemse tale te beskerm en te bevorder. Hierdie artikel ondersoek derhalwe die gedagte van 'n taalburgerskapsbenadering, wat nie 'n nuwe gedagte is nie, maar hier vanuit 'n minder bekende perspektief benader word. Nuwe lig word op die probleem gewerp deur die situasie van Afrikaans te bekyk deur die lens van die kultuurhistoriese aktiwiteitsteorie. Hierdie heuristiese instrument bring nie slegs nuwe insigte na vore met betrekking tot die probleem nie, maar bied 'n relatief eenvoudige strategiese plan aan die Afrikaanse gemeenskap om die status van Afrikaans vir die toekoms te verseker, onder meer as taal van onderrig en leer in skole, en ook om die behoud van Afrikaansmediumskole en ander Afrikaansmedium-onderwysinstansies te verseker.
Title: Afrikaans as taal van onderrig en leer in skole en ander onderwysinstansies: "Ou" wyn in nuwe sakke
Description:
Die Afrikaanse gemeenskap in Suid-Afrika van ongeveer 8.
9 miljoen mense vorm 'n beskeie deel van die totale bevolking van meer as 54 miljoen.
As gevolg hiervan, maar ook as gevolg van politieke druk van die ander bevolkingsgroepe en van die regering van die dag om toegang tot goeie onderwys vir kinders van alle bevolkingsgroepe te verseker, het die getal van Afrikaansmediumskole verminder van 2 521 in 2010 tot die huidige getal van 2 166.
As hierdie neiging voortduur, kan dit meebring dat Afrikaansmediumskole binne die volgende paar dekades mag verdwyn en die gevaar is dat Afrikaans as 'n gesproke taal in Suid-Afrika mag kwyn.
Hierdie gevare vir Afrikaans, ook as taal van onderrig en leer in skole en in ander onderwysinstansies, noop die Afrikaanse gemeenskap om 'n ander benadering te volg ten einde die taal te beskerm, bevorder en uit te bou.
Daar is aanduidinge dat 'n taalregtebenadering tot die probleem tot dusver nie goeie vrugte afgewerp het nie, onder meer weens 'n onwilligheid en 'n onvermoë aan die kant van die landsowerheid om die taalregte met betrekking tot Afrikaans en die ander nege inheemse tale te beskerm en te bevorder.
Hierdie artikel ondersoek derhalwe die gedagte van 'n taalburgerskapsbenadering, wat nie 'n nuwe gedagte is nie, maar hier vanuit 'n minder bekende perspektief benader word.
Nuwe lig word op die probleem gewerp deur die situasie van Afrikaans te bekyk deur die lens van die kultuurhistoriese aktiwiteitsteorie.
Hierdie heuristiese instrument bring nie slegs nuwe insigte na vore met betrekking tot die probleem nie, maar bied 'n relatief eenvoudige strategiese plan aan die Afrikaanse gemeenskap om die status van Afrikaans vir die toekoms te verseker, onder meer as taal van onderrig en leer in skole, en ook om die behoud van Afrikaansmediumskole en ander Afrikaansmedium-onderwysinstansies te verseker.

Related Results

Oranjerivierafrikaans, ʼn Argeologiese Genealogie. Deel I. 1595-1916
Oranjerivierafrikaans, ʼn Argeologiese Genealogie. Deel I. 1595-1916
Abstract Dié eerste deel van ʼn vierdelige artikelreeks ondersoek die geskiedenis van die sosiolinguistiek relatief tot Oranjerivierafrikaans, een van die drie hoofdialekkontinuums ...
Mix En Meng It Op: Emile YX?'s Alternative Race and Language Politics in South African Hip-Hop
Mix En Meng It Op: Emile YX?'s Alternative Race and Language Politics in South African Hip-Hop
This paper explores South African hip-hop activist Emile YX?'s work to suggest that he presents an alternative take on mainstream US and South African hip-hop. While it is arguable...
Afrikaans Huistaal-onderwysers se selfgerigte voorbereiding van jeugverhale
Afrikaans Huistaal-onderwysers se selfgerigte voorbereiding van jeugverhale
Leerders wat literêre tekste lees, is taalvaardiger as die leerders wat dit nie lees nie (Pretorius 2002:170). Die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) ver...
Woordeboek Afrikaans-/Xam - /Xam-Afrikaans
Woordeboek Afrikaans-/Xam - /Xam-Afrikaans
/Xam is die taal wat gepraat is deur die /Xam-Boesmans wat binne menseheugenis suid van die Oranjerivier gewoon het, in die gebied wat vroeër bekend was as die Kaapkolonie. Mettert...
Stemme uit die Ooste: Die kaleidoskoop van die Kaap
Stemme uit die Ooste: Die kaleidoskoop van die Kaap
Waarom volgde het Afrikaans, gezien het lot van contacttalen die uit het Nederlands voortkwamen, niet het pad van het zogenoemde Negerhollands (in het Engels ook bekend als Virgin ...
Linguïstiek en het brein : theoretische, experimentele en klinische inzichten
Linguïstiek en het brein : theoretische, experimentele en klinische inzichten
Oratie uitgesproken door prof. dr. Roel Jonkers op 20 oktober 2023 bij de aanvaarding van het ambt van hoogleraar Neurolinguïstiek aan de Faculteit Letteren van de Rijksuniversite...
Kriteria om gedigte vir graad 12-Afrikaans Huistaal te keur en voor te skryf
Kriteria om gedigte vir graad 12-Afrikaans Huistaal te keur en voor te skryf
Poësie-onderrig is belangrik vir taalaanleer, asook vir die ontwikkeling van leerders se emosionele intelligensie, verbeelding en verdraagsaamheid jeens diversiteit. Wanneer gedigt...

Back to Top