Search engine for discovering works of Art, research articles, and books related to Art and Culture
ShareThis
Javascript must be enabled to continue!

Kriteria om gedigte vir graad 12-Afrikaans Huistaal te keur en voor te skryf

View through CrossRef
Poësie-onderrig is belangrik vir taalaanleer, asook vir die ontwikkeling van leerders se emosionele intelligensie, verbeelding en verdraagsaamheid jeens diversiteit. Wanneer gedigte in ʼn nuwe tydsgees voorgeskryf word, sonder om gepaste kriteria en die mening van gesaghebbendes in ag te neem, word meer skade as goed aangerig. Onlangs het uiteenlopende menings oor die nuutvoorgeskrewe gedigte van graad 12-Afrikaans Huistaal weer die soeklig op die kriteria vir die keuse van voorgeskrewe gedigte geplaas (Steyn, 2023: 8). Die keuringsproses behoort kriteria rakende die diversiteit van Afrikaans, die leefwêreld van die graad 12-leerder, en riglyne van die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV), Afrikaans Huistaal, Verdere Onderwys- en Opleidingsfase (VOO) in te sluit (Departement van Basiese Onderwys [DBO], 2011). Ons bepleit egter selfgerigtheid van taalonderwysers in die keuringsproses, aangesien hulle die rolspelers is wat die leerders die beste ken. Hierdie oorsigartikel word vanuit die interpretivistiese navorsingsparadigma geskryf en is kwalitatief van aard, aangesien data by wyse van verskillende kwalitatiewe insamelingsmetodes verkry is. Ter aansluiting by die literatuurondersoek is ʼn dokumentontleding van die KABV (Afrikaans Huistaal, VOO-fase) én ʼn opsommende teksontleding van die jongste voorgeskrewe gedigte onderneem. Die data word narratief ontleed. Die primêre doel is om werkswyses voor te stel aan belanghebbendes (keurpanele, Afrikaans Huistaalonderwysers, voorgraadse onderwysstudente en kurrikulum-beplanners) om gepaste gedigte vir graad 12-Afrikaans Huistaalleerders op ʼn selfgerigte wyse as voorgeskrewe tekste te keur.
Title: Kriteria om gedigte vir graad 12-Afrikaans Huistaal te keur en voor te skryf
Description:
Poësie-onderrig is belangrik vir taalaanleer, asook vir die ontwikkeling van leerders se emosionele intelligensie, verbeelding en verdraagsaamheid jeens diversiteit.
Wanneer gedigte in ʼn nuwe tydsgees voorgeskryf word, sonder om gepaste kriteria en die mening van gesaghebbendes in ag te neem, word meer skade as goed aangerig.
Onlangs het uiteenlopende menings oor die nuutvoorgeskrewe gedigte van graad 12-Afrikaans Huistaal weer die soeklig op die kriteria vir die keuse van voorgeskrewe gedigte geplaas (Steyn, 2023: 8).
Die keuringsproses behoort kriteria rakende die diversiteit van Afrikaans, die leefwêreld van die graad 12-leerder, en riglyne van die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV), Afrikaans Huistaal, Verdere Onderwys- en Opleidingsfase (VOO) in te sluit (Departement van Basiese Onderwys [DBO], 2011).
Ons bepleit egter selfgerigtheid van taalonderwysers in die keuringsproses, aangesien hulle die rolspelers is wat die leerders die beste ken.
Hierdie oorsigartikel word vanuit die interpretivistiese navorsingsparadigma geskryf en is kwalitatief van aard, aangesien data by wyse van verskillende kwalitatiewe insamelingsmetodes verkry is.
Ter aansluiting by die literatuurondersoek is ʼn dokumentontleding van die KABV (Afrikaans Huistaal, VOO-fase) én ʼn opsommende teksontleding van die jongste voorgeskrewe gedigte onderneem.
Die data word narratief ontleed.
Die primêre doel is om werkswyses voor te stel aan belanghebbendes (keurpanele, Afrikaans Huistaalonderwysers, voorgraadse onderwysstudente en kurrikulum-beplanners) om gepaste gedigte vir graad 12-Afrikaans Huistaalleerders op ʼn selfgerigte wyse as voorgeskrewe tekste te keur.

Related Results

Afrikaans Huistaal-onderwysers se selfgerigte voorbereiding van jeugverhale
Afrikaans Huistaal-onderwysers se selfgerigte voorbereiding van jeugverhale
Leerders wat literêre tekste lees, is taalvaardiger as die leerders wat dit nie lees nie (Pretorius 2002:170). Die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) ver...
Oranjerivierafrikaans, ʼn Argeologiese Genealogie. Deel I. 1595-1916
Oranjerivierafrikaans, ʼn Argeologiese Genealogie. Deel I. 1595-1916
Abstract Dié eerste deel van ʼn vierdelige artikelreeks ondersoek die geskiedenis van die sosiolinguistiek relatief tot Oranjerivierafrikaans, een van die drie hoofdialekkontinuums ...
Mix En Meng It Op: Emile YX?'s Alternative Race and Language Politics in South African Hip-Hop
Mix En Meng It Op: Emile YX?'s Alternative Race and Language Politics in South African Hip-Hop
This paper explores South African hip-hop activist Emile YX?'s work to suggest that he presents an alternative take on mainstream US and South African hip-hop. While it is arguable...
Regspraak: Dart misses the mark: no clarity on distinctiveness
Regspraak: Dart misses the mark: no clarity on distinctiveness
Onderskeibaarheid is ’n noodsaaklike vereiste vir die registrasie van ’n handelsmerk, maar daar is nie duidelikheid oor die standaard (of toets) vir onderskeibaarheid nie. In stede...
Numéro 85 (nl) - février 2011
Numéro 85 (nl) - février 2011
Op initiatief van de federale overheid heeft het Belgische stelsel van werkloosheidsverze-kering sinds 2004 belangrijke veranderingen ondergaan. Het principe van de toekenning van ...
Lessons to be learned from Only Fools: the protection of fictional characters, parody and pastiche
Lessons to be learned from Only Fools: the protection of fictional characters, parody and pastiche
Die uitspraak in die Engelse saak Shazam Productions v Only Fools The Dining Experience (“Shazam-saak”) was in twee opsigte ’n grensverskuiwende kopiereg-uitspraak. Dit was die eer...

Back to Top