Javascript must be enabled to continue!
Lessons to be learned from Only Fools: the protection of fictional characters, parody and pastiche
View through CrossRef
Die uitspraak in die Engelse saak Shazam Productions v Only Fools The Dining Experience (“Shazam-saak”) was in twee opsigte ’n grensverskuiwende kopiereg-uitspraak. Dit was die eerste keer dat kopieregbeskerming aan ’n fiksiekarakter onder Engelse reg erken is, en dat sodanige beskerming buite die werk waarin daardie karakter oorspronklik verskyn het, kon bestaan. Tweedens was dit moontlik die eerste keer dat die billike handeling-verwere van parodie en nabootsing teen ’n eis van kopieregskending deur ’n Engelse verhoorhof oorweeg is. Die uitspraak is noemenswaardig aangesien ’n Suid-Afrikaanse hof tot op hede nog geen erkenning gegee het dat ’n fiksiekarakter ook kopieregbeskerming kan geniet nie. Daardie moontlikheid is nie oorweeg in Rapid Phase Entertainment CC v SABC nie. Die Shazam-saak bied verdere ondersteuning vir die geskiktheid van ’n fiksiekarakter vir kopieregbeskerming, onafhanklik van die werk waarin die karakter voorheen verskyn het. Daar word vertrou dat dit in die Suid-Afrikaanse reg erken sal word. Die saak is ook om ’n ander rede leersaam, naamlik die voorgestelde invoering van die billike handeling-verwere van parodie en nabootsing, en ’n Amerikaanse-styl stelsel vir billike gebruik, in Suid-Afrikaanse kopieregwetgewing in die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg. Die Shazam-saak verskaf ’n paar nuttige kriteria vir die oorweging van daardie spesifieke verwere, en die toepaslikheid van die stelsel van billike gebruik. Die Shazam-saak is egter nie bo kritiek verhewe nie. Dit lyk of die hof ’n arbitrêre onderskeid getref het deur bepaalde kopieregwerke as literêre werke of dramatiese werke te klassifiseer. Dit is te wyte aan die vreemdheid van Britse kopiereg, waarvolgens literêre werke en dramatiese werke onderling in verskillende kategorieë in die Britse outeursreg val. Hierdie uitgangspunt van die Britse kopieregwetgewing is beslis effe vreemd. Die Suid-Afrikaanse kopiereg is anders in hierdie verband. Die hof het ook beslis dat, vir die toepassing van die billike handeling-verwere van parodie en nabootsing, dit nie ’n tweeledige toets behels nie. Eerstens, of die inbreukmakende gebruik vir die uitgesonderde doel is, en tweedens, of hierdie tot billike handeling van die werk aanleiding gee. Die hof het bevind dat die ondersoek een saamgestelde beoordeling is, naamlik of die dade waaroor gekla word (dit wil sê parodie of nabootsing) neerkom op billike handeling vir die spesifieke doel. Daar word aangevoer dat dit nie korrek is nie. Verder word aangevoer dat dit nie nodig is vir ’n hof om direk, as ’n afsonderlike ondersoek, die drie stap-toets te oorweeg benewens ’n spesifieke billike handeling-uitsondering nie.
Title: Lessons to be learned from Only Fools: the protection of fictional characters, parody and pastiche
Description:
Die uitspraak in die Engelse saak Shazam Productions v Only Fools The Dining Experience (“Shazam-saak”) was in twee opsigte ’n grensverskuiwende kopiereg-uitspraak.
Dit was die eerste keer dat kopieregbeskerming aan ’n fiksiekarakter onder Engelse reg erken is, en dat sodanige beskerming buite die werk waarin daardie karakter oorspronklik verskyn het, kon bestaan.
Tweedens was dit moontlik die eerste keer dat die billike handeling-verwere van parodie en nabootsing teen ’n eis van kopieregskending deur ’n Engelse verhoorhof oorweeg is.
Die uitspraak is noemenswaardig aangesien ’n Suid-Afrikaanse hof tot op hede nog geen erkenning gegee het dat ’n fiksiekarakter ook kopieregbeskerming kan geniet nie.
Daardie moontlikheid is nie oorweeg in Rapid Phase Entertainment CC v SABC nie.
Die Shazam-saak bied verdere ondersteuning vir die geskiktheid van ’n fiksiekarakter vir kopieregbeskerming, onafhanklik van die werk waarin die karakter voorheen verskyn het.
Daar word vertrou dat dit in die Suid-Afrikaanse reg erken sal word.
Die saak is ook om ’n ander rede leersaam, naamlik die voorgestelde invoering van die billike handeling-verwere van parodie en nabootsing, en ’n Amerikaanse-styl stelsel vir billike gebruik, in Suid-Afrikaanse kopieregwetgewing in die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg.
Die Shazam-saak verskaf ’n paar nuttige kriteria vir die oorweging van daardie spesifieke verwere, en die toepaslikheid van die stelsel van billike gebruik.
Die Shazam-saak is egter nie bo kritiek verhewe nie.
Dit lyk of die hof ’n arbitrêre onderskeid getref het deur bepaalde kopieregwerke as literêre werke of dramatiese werke te klassifiseer.
Dit is te wyte aan die vreemdheid van Britse kopiereg, waarvolgens literêre werke en dramatiese werke onderling in verskillende kategorieë in die Britse outeursreg val.
Hierdie uitgangspunt van die Britse kopieregwetgewing is beslis effe vreemd.
Die Suid-Afrikaanse kopiereg is anders in hierdie verband.
Die hof het ook beslis dat, vir die toepassing van die billike handeling-verwere van parodie en nabootsing, dit nie ’n tweeledige toets behels nie.
Eerstens, of die inbreukmakende gebruik vir die uitgesonderde doel is, en tweedens, of hierdie tot billike handeling van die werk aanleiding gee.
Die hof het bevind dat die ondersoek een saamgestelde beoordeling is, naamlik of die dade waaroor gekla word (dit wil sê parodie of nabootsing) neerkom op billike handeling vir die spesifieke doel.
Daar word aangevoer dat dit nie korrek is nie.
Verder word aangevoer dat dit nie nodig is vir ’n hof om direk, as ’n afsonderlike ondersoek, die drie stap-toets te oorweeg benewens ’n spesifieke billike handeling-uitsondering nie.
Related Results
Actors/characters (Fiction)
Actors/characters (Fiction)
A crucial variable in the analysis of fictional entertainment formats is the actor/character. The actors/characters that are analyzed vary according to the research interest (e.g.,...
Pengelolaan Pesan Parodi Melalui Media Sosial Instagram
Pengelolaan Pesan Parodi Melalui Media Sosial Instagram
Abstract. Traffic conditions in the city of Bandung are still very closely related to violations committed by road users due to a lack of awareness when driving. This problem promp...
Parody—Nature and Definition
Parody—Nature and Definition
Abstract
This chapter provides an overview of the nature and definition of parody in the context of copyright law. The Court of Justice of the European Union (CJEU) ...
The Automedial Zaniness of Ryan Trecartin
The Automedial Zaniness of Ryan Trecartin
IntroductionThe American artist Ryan Trecartin makes digital videos that centre on the self-presentations common to video-sharing sites such as YouTube. Named by New Yorker critic ...
Entre tigres orientales, centauros mediterráneos y diosas nórdicas: del pastiche mitológico a la parodia posmoderna en Drako de Gades
Entre tigres orientales, centauros mediterráneos y diosas nórdicas: del pastiche mitológico a la parodia posmoderna en Drako de Gades
RESUMEN:
Este ensayo explora cómo en el cómic episdódico Drako de Gades (Antonio Hernández Palacios, 1984-1991) se nos presenta un mundo extraído de los libros de caballería mediev...
Literary Parody of Russian Communism Harmonizing to George Orwell's Two Novels "Animal Farm" and "Nineteen Eighty Four"
Literary Parody of Russian Communism Harmonizing to George Orwell's Two Novels "Animal Farm" and "Nineteen Eighty Four"
This Paper concerns within one of the foremost critical viewpoints in literature, where the metaphorical and mocking centrality of ‘Animal Farm’ and ‘Nineteen Eighty-Four' by Georg...
Los nuevos decorados del arte
Los nuevos decorados del arte
RESUMENEl presente artículo pasa revista y analiza algunas de las tesis que Jean François Lyotard, Fredric Jameson y Jean Baudrillard construyeron para dar cuenta de las consecuenc...

