Search engine for discovering works of Art, research articles, and books related to Art and Culture
ShareThis
Javascript must be enabled to continue!

Groen urbanisme in agtergeblewe Suid-Afrikaanse nedersettings: ’n ondersoek na groen boublokke en groen netwerke

View through CrossRef
Afrika het die afgelope 20 jaar die vinnigste stedelike groeikoers ervaar en is tans die vasteland met die hoogste verstedelikingskoers in die wêreld – beramings dui op die verstedeliking van sowat 1,3 miljard inwoners teen 2050. Suid-Afrika ondervind soortgelyke uitdagings met nedersettings wat toenemend op ekologies sensitiewe terreine vestig, direk toegeskryf aan die beperkte ruimte vir stedelike uitbreiding. ’n Kader van spesialiste is egter van mening dat groen urbanisme effektief toegepas behoort te word ten einde ’n ewewig tussen hierdie stedelike en natuurlike funksies te bereik, veral deur middel van natuurgebaseerde oplossings. Die artikel ondersoek die potensiële aanwending van groen boublokke en groen netwerke, as determinante van groen urbanisme, deur die klem te plaas op agtergeblewe Suid-Afrikaanse nedersettings. Ondersoek word geloods om te bepaal of groen boublokke en groen netwerke hier geïmplementeer kan word, as moontlike oplossing om die voortdurende agteruitgang van die natuurlike omgewing te ondervang, tot uiteindelike verbetering van die inwoners se lewensgehalte. ’n Gevallestudie-navorsingsbenadering is gevolg met ’n kwalitatiewe navorsingsontwerp, waar ’n uitgebreide literatuuroorsig aanvanklik geloods is en die proses van kodering toegepas is om die aanwysers van groen boublokke en groen netwerke te identifiseer. Die aanwysers is vervolgens in temas hergroepeer en in ’n assesseringsmatriks saamgevat. Die matriks is aangewend om moontlike koppelvlakke tussen die aanwysers van groen boublokke en groen netwerke en die geselekteerde gevallestudies te bepaal. Die genomineerde koppelvlakke wat hieruit voortspruit, toon dat groen boublokke en groen netwerke moontlik in agtergeblewe nedersettings geïmplementeer kan word. Hoewel die assesseringsmatriks verder uitgebrei behoort te word en tans nie as volledig inbegrepe beskou word nie, kan dit reeds bydra as ’n ontluikende instrument, wat in die ontwikkelingstadium daarvan deur stadsbeplanners aangewend kan word om die toenemende agteruitgang van die natuurlike omgewing in agtergeblewe Suid-Afrikaanse nedersettings te onderskep en groen urbanisme te bevorder.
Title: Groen urbanisme in agtergeblewe Suid-Afrikaanse nedersettings: ’n ondersoek na groen boublokke en groen netwerke
Description:
Afrika het die afgelope 20 jaar die vinnigste stedelike groeikoers ervaar en is tans die vasteland met die hoogste verstedelikingskoers in die wêreld – beramings dui op die verstedeliking van sowat 1,3 miljard inwoners teen 2050.
Suid-Afrika ondervind soortgelyke uitdagings met nedersettings wat toenemend op ekologies sensitiewe terreine vestig, direk toegeskryf aan die beperkte ruimte vir stedelike uitbreiding.
’n Kader van spesialiste is egter van mening dat groen urbanisme effektief toegepas behoort te word ten einde ’n ewewig tussen hierdie stedelike en natuurlike funksies te bereik, veral deur middel van natuurgebaseerde oplossings.
Die artikel ondersoek die potensiële aanwending van groen boublokke en groen netwerke, as determinante van groen urbanisme, deur die klem te plaas op agtergeblewe Suid-Afrikaanse nedersettings.
Ondersoek word geloods om te bepaal of groen boublokke en groen netwerke hier geïmplementeer kan word, as moontlike oplossing om die voortdurende agteruitgang van die natuurlike omgewing te ondervang, tot uiteindelike verbetering van die inwoners se lewensgehalte.
’n Gevallestudie-navorsingsbenadering is gevolg met ’n kwalitatiewe navorsingsontwerp, waar ’n uitgebreide literatuuroorsig aanvanklik geloods is en die proses van kodering toegepas is om die aanwysers van groen boublokke en groen netwerke te identifiseer.
Die aanwysers is vervolgens in temas hergroepeer en in ’n assesseringsmatriks saamgevat.
Die matriks is aangewend om moontlike koppelvlakke tussen die aanwysers van groen boublokke en groen netwerke en die geselekteerde gevallestudies te bepaal.
Die genomineerde koppelvlakke wat hieruit voortspruit, toon dat groen boublokke en groen netwerke moontlik in agtergeblewe nedersettings geïmplementeer kan word.
Hoewel die assesseringsmatriks verder uitgebrei behoort te word en tans nie as volledig inbegrepe beskou word nie, kan dit reeds bydra as ’n ontluikende instrument, wat in die ontwikkelingstadium daarvan deur stadsbeplanners aangewend kan word om die toenemende agteruitgang van die natuurlike omgewing in agtergeblewe Suid-Afrikaanse nedersettings te onderskep en groen urbanisme te bevorder.

Related Results

Wat eet Afrikaners? ’n Verkenning van die bestanddeel-resep-netwerk in Afrikaanse resepte
Wat eet Afrikaners? ’n Verkenning van die bestanddeel-resep-netwerk in Afrikaanse resepte
Met die algemene gebruik van die internet en die opkoms van die netwerkwetenskap oor die laaste twee dekades het dit moontlik geword om groot stelle resepte en hul bestanddele te o...
Analysing computer-generated works in South African copyright law in the age of artificial intelligence
Analysing computer-generated works in South African copyright law in the age of artificial intelligence
Die afgelope paar jaar het ’n beduidende toename in toegang tot, en ontwikkeling in, generatiewe kunsmatige intelligensie-tegnologieë gesien. Om teks te genereer met behulp van sog...
Struikelblokke wat toesig deur opposisiepartye in die Suid-Afrikaanse parlement belemmer
Struikelblokke wat toesig deur opposisiepartye in die Suid-Afrikaanse parlement belemmer
Dit is duidelik uit die Suid-Afrikaanse geskiedenis van die afgelope 27 jaar dat die toesigrol in ons parlement tekortskiet. Oor die algemeen is die parlement veronderstel om toesi...
The league of nations: South Africa and the Rehoboth Basters' constitutional struggle, 1919-1939
The league of nations: South Africa and the Rehoboth Basters' constitutional struggle, 1919-1939
Die groep mense van gemengde afkoms wat gedurende die agtiende eeu in die Noordwes-Kaap hulle ontstaan gehad het, en later as die Rehoboth-Basters bekend geword het, het in 1868 di...
Lessons to be learned from Only Fools: the protection of fictional characters, parody and pastiche
Lessons to be learned from Only Fools: the protection of fictional characters, parody and pastiche
Die uitspraak in die Engelse saak Shazam Productions v Only Fools The Dining Experience (“Shazam-saak”) was in twee opsigte ’n grensverskuiwende kopiereg-uitspraak. Dit was die eer...
Blackface op die Afrikaanse verhoog: 'n Teater-historiese oorsig
Blackface op die Afrikaanse verhoog: 'n Teater-historiese oorsig
Die fokus in hierdie teaterhistoriese bespreking is op die gebruik en voorkoms van black- en brownface op die Afrikaanse verhoog. Twee tydperke word bespreek, naamlik (1) die vroeë...
Leo Tolstoi en Afrikaners: Hulle sieninge van mekaar
Leo Tolstoi en Afrikaners: Hulle sieninge van mekaar
Tolstoi was die enigste skrywer in Imperiale Rusland wat oor dekades briewe en gaste uit Suid-Afrika ontvang het. Sy stellings oor die Anglo-Boereoorlog van 1899-1902 het internasi...
The Sudden Unexpected Infant Death Case Registry: A Method to Improve Surveillance
The Sudden Unexpected Infant Death Case Registry: A Method to Improve Surveillance
This article describes a multistate population-based surveillance system for monitoring sudden unexpected infant deaths (SUIDs) known as the SUID Case Registry pilot program. The p...

Back to Top