Javascript must be enabled to continue!
Leo Tolstoi en Afrikaners: Hulle sieninge van mekaar
View through CrossRef
Tolstoi was die enigste skrywer in Imperiale Rusland wat oor dekades briewe en gaste uit Suid-Afrika ontvang het. Sy stellings oor die Anglo-Boereoorlog van 1899-1902 het internasionaal aandag getrek op 'n wyse wat geeneen van sy Russiese kollegas kon ewenaar nie. Tolstoi het oor Suid-Afrika geskryf, waar sy werk wyd gelees is. Tolstoi se invloed op Suid-Afrikaanse realistiese1 letterkunde is deur die hele twintigste eeu merkbaar. Hierdie studie van Tolstoi en Suid-Afrikaanse skrywers se sieninge van mekaar fokus op Afrikaners, want Tolstoi het in die laaste tien jaar van sy lewe dikwels oor hulle geskryf en gepraat.
Afgesien van regstreekse kontak, soos besoeke en briewe aan die Russiese skrywer, het Afrikaner-kultuurfigure sy werk bevorder, sy fiksie in Afrikaans vertaal en hul vertalings in feitlik elke dekade tot die 1990's gepubliseer. Tolstoi, soos ook ander vooraanstaande romansiers in laat Imperiale Rusland, is deur Afrikaanse skrywers beskou as 'n toonbeeld van 'n realistiese skrywer wat standaarde gestel het waarna hulle gestreef het maar wat hulle dikwels ook as onhaalbaar beskou het. Tolstoi se werk het in Suid-Afrikaanse literêre debatte oor weerstand teen onregmatige staatsgesag en sensuur gefigureer. Sy fiksie het Suid-Afrikaners herinner aan die humanistiese ideale wat as rigsnoere moes dien vir diegene wat positiewe verandering in 'n onregverdige en diep verdeelde samelewing teweeg wou bring. Tolstoi se werk het introspeksie en nadenke oor literêre uitnemendheid, die etiese standaarde van 'n skrywer en 'n mens se lewensdoel gestimuleer.
Title: Leo Tolstoi en Afrikaners: Hulle sieninge van mekaar
Description:
Tolstoi was die enigste skrywer in Imperiale Rusland wat oor dekades briewe en gaste uit Suid-Afrika ontvang het.
Sy stellings oor die Anglo-Boereoorlog van 1899-1902 het internasionaal aandag getrek op 'n wyse wat geeneen van sy Russiese kollegas kon ewenaar nie.
Tolstoi het oor Suid-Afrika geskryf, waar sy werk wyd gelees is.
Tolstoi se invloed op Suid-Afrikaanse realistiese1 letterkunde is deur die hele twintigste eeu merkbaar.
Hierdie studie van Tolstoi en Suid-Afrikaanse skrywers se sieninge van mekaar fokus op Afrikaners, want Tolstoi het in die laaste tien jaar van sy lewe dikwels oor hulle geskryf en gepraat.
Afgesien van regstreekse kontak, soos besoeke en briewe aan die Russiese skrywer, het Afrikaner-kultuurfigure sy werk bevorder, sy fiksie in Afrikaans vertaal en hul vertalings in feitlik elke dekade tot die 1990's gepubliseer.
Tolstoi, soos ook ander vooraanstaande romansiers in laat Imperiale Rusland, is deur Afrikaanse skrywers beskou as 'n toonbeeld van 'n realistiese skrywer wat standaarde gestel het waarna hulle gestreef het maar wat hulle dikwels ook as onhaalbaar beskou het.
Tolstoi se werk het in Suid-Afrikaanse literêre debatte oor weerstand teen onregmatige staatsgesag en sensuur gefigureer.
Sy fiksie het Suid-Afrikaners herinner aan die humanistiese ideale wat as rigsnoere moes dien vir diegene wat positiewe verandering in 'n onregverdige en diep verdeelde samelewing teweeg wou bring.
Tolstoi se werk het introspeksie en nadenke oor literêre uitnemendheid, die etiese standaarde van 'n skrywer en 'n mens se lewensdoel gestimuleer.
Related Results
Analiza prikaza afrikanerskog identiteta u povijesnim romanima Karela Schoemana iz postkolonijalne perspektive
Analiza prikaza afrikanerskog identiteta u povijesnim romanima Karela Schoemana iz postkolonijalne perspektive
This dissertation analyzes the narrative strategies in five novels by the South African author Karel Schoeman, specifically the way in which they undermine key historiographical st...
Numéro 85 (nl) - février 2011
Numéro 85 (nl) - février 2011
Op initiatief van de federale overheid heeft het Belgische stelsel van werkloosheidsverze-kering sinds 2004 belangrijke veranderingen ondergaan. Het principe van de toekenning van ...
Human Resource Development Strategy at Mekaar Regional Bengkulu PT Permodalan Nasional Madani
Human Resource Development Strategy at Mekaar Regional Bengkulu PT Permodalan Nasional Madani
The Mekaar Program is an ultra-micro financing program that aims to improve the economic independence of productive underprivileged communities, especially women. The success of th...
Precise point positioning with LEO augmentation: results from two experimental satellites
Precise point positioning with LEO augmentation: results from two experimental satellites
Using LEO satellites for positioning and navigation has been a research hotspot in the GNSS community in recent years. As the LEO satellites are much closer to earth and move much ...
The Prince and Afrikaners: The Royal Visit of 1925
The Prince and Afrikaners: The Royal Visit of 1925
For three months in 1925, Prince Edward (Prince of Wales) conducted an extensive tour through the Union of South Africa. While royal visits to dominions and colonial dependencies i...
Efektivitas Penggunaan Dana Pembiayaan Murabahah Pada Perempuan Prasejahtera Di Desa Pallantikang (Studi Kasus PT. PNM Mekaar Syariah)
Efektivitas Penggunaan Dana Pembiayaan Murabahah Pada Perempuan Prasejahtera Di Desa Pallantikang (Studi Kasus PT. PNM Mekaar Syariah)
ABSTRAK- PT. PNM Mekaar Syariah dalam produk pembiayaan murabahah menggunakan dua akad yaitu murabahah dan wakalah. Penggunaan akad ini mempunyai hubungan timbal balik yang dikenal...
The league of nations: South Africa and the Rehoboth Basters' constitutional struggle, 1919-1939
The league of nations: South Africa and the Rehoboth Basters' constitutional struggle, 1919-1939
Die groep mense van gemengde afkoms wat gedurende die agtiende eeu in die Noordwes-Kaap hulle ontstaan gehad het, en later as die Rehoboth-Basters bekend geword het, het in 1868 di...
De Russische inspiratie van Joris Van Severen. Deel 2
De Russische inspiratie van Joris Van Severen. Deel 2
In de oorlogsdagboeken van Joris Van Severen valt zijn belangstelling op voor bepaalde aspecten van de Russische cultuur, die weinig met elkaar gemeen hebben, met name Dostojevski ...

