Search engine for discovering works of Art, research articles, and books related to Art and Culture
ShareThis
Javascript must be enabled to continue!

Blackface op die Afrikaanse verhoog: 'n Teater-historiese oorsig

View through CrossRef
Die fokus in hierdie teaterhistoriese bespreking is op die gebruik en voorkoms van black- en brownface op die Afrikaanse verhoog. Twee tydperke word bespreek, naamlik (1) die vroeë Afrikaanse toneel (laat-19de eeu tot vroeë-20ste eeu), asook (2) die 1960's tot laat-1970's. Die vroeë Afrikaanse toneel sluit tot 'n mate aan by die vroeë Engelse toneel in Suid-Afrika wat ook 'n bepaalde rasideologie weerspieël het deur middel van die algemene gebruik van black- en brownface op die Suid-Afrikaanse verhoog van die 19de eeu. Hierdie gebruik het sy oorsprong in die minstreel-tradisie wat via Amerika na Engeland en uiteindelik ook na Suid-Afrika gebring is. Die gebruik word gesien as tekenend van 'n bepaalde rasideologie wat die breër koloniale toneel van die 19de eeu (Amerika, Engeland, Kanada, Australië, Indonesië, en ander lande) onderlê het, naamlik een wat 'n hiërargiese onderskeid tussen die onderskeie rasse gepropageer het waarin swart (en bruin mense) as ondergeskik tot blankes beskou is. Terwyl die gebruik van black- en brownface meestal verdwyn het van die Engelse Suid-Afrikaanse verhoë teen die laat 1940's, vind ons in die 1960's tot laat-1970's die ironiese situasie by die staatsgesteunde streeksrade (veral TRUK, SUKOVS en KRUIK) dat 'n verskeidenheid van rassewette veroorsaak dat blanke akteurs steeds swart/bruin karakters uitbeeld in black- en brownface. Eers met die skrapping van hierdie wette kon swart en bruin akteurs hierdie rolle vertolk en verdwyn die gebruik van black- en brownface ook op Afrikaanse verhoë.
Academy of Science of South Africa
Title: Blackface op die Afrikaanse verhoog: 'n Teater-historiese oorsig
Description:
Die fokus in hierdie teaterhistoriese bespreking is op die gebruik en voorkoms van black- en brownface op die Afrikaanse verhoog.
Twee tydperke word bespreek, naamlik (1) die vroeë Afrikaanse toneel (laat-19de eeu tot vroeë-20ste eeu), asook (2) die 1960's tot laat-1970's.
Die vroeë Afrikaanse toneel sluit tot 'n mate aan by die vroeë Engelse toneel in Suid-Afrika wat ook 'n bepaalde rasideologie weerspieël het deur middel van die algemene gebruik van black- en brownface op die Suid-Afrikaanse verhoog van die 19de eeu.
Hierdie gebruik het sy oorsprong in die minstreel-tradisie wat via Amerika na Engeland en uiteindelik ook na Suid-Afrika gebring is.
Die gebruik word gesien as tekenend van 'n bepaalde rasideologie wat die breër koloniale toneel van die 19de eeu (Amerika, Engeland, Kanada, Australië, Indonesië, en ander lande) onderlê het, naamlik een wat 'n hiërargiese onderskeid tussen die onderskeie rasse gepropageer het waarin swart (en bruin mense) as ondergeskik tot blankes beskou is.
Terwyl die gebruik van black- en brownface meestal verdwyn het van die Engelse Suid-Afrikaanse verhoë teen die laat 1940's, vind ons in die 1960's tot laat-1970's die ironiese situasie by die staatsgesteunde streeksrade (veral TRUK, SUKOVS en KRUIK) dat 'n verskeidenheid van rassewette veroorsaak dat blanke akteurs steeds swart/bruin karakters uitbeeld in black- en brownface.
Eers met die skrapping van hierdie wette kon swart en bruin akteurs hierdie rolle vertolk en verdwyn die gebruik van black- en brownface ook op Afrikaanse verhoë.

Related Results

Pedersstræde i Viborg. Købstadarkæologiske undersøgelser 1966/67
Pedersstræde i Viborg. Købstadarkæologiske undersøgelser 1966/67
Pedersstræde in Viborg Archäologische Untersuchungen der Stadt ViborgSchon seit dem 17. Jahrhundert hat man die historisch-topographische Entwicklung der Stadt Viborg zum Gegenstan...
E-Learning
E-Learning
E-Learning ist heute aus keinem pädagogischen Lehrraum mehr wegzudenken. In allen Bereichen von Schule über die berufliche bis zur universitären Ausbildung und besonders im Bereich...
STRUKTUR DRAMATIK PERTUNJUKAN DRAMA KLASIK SANGGAR TEATER MINI LAKON DEWA RUCI KAJIAN BENTUK DAN FUNGSI
STRUKTUR DRAMATIK PERTUNJUKAN DRAMA KLASIK SANGGAR TEATER MINI LAKON DEWA RUCI KAJIAN BENTUK DAN FUNGSI
ABSTRAK   Pada dasarnya nilai pendidikan karakter mempunyai tiga bagian yang saling bekaitan, yaitu pengetahuan moral, penghayatan moral dan perilaku moral. Oleh karena...
“Wayang Kreatif” Performance of Teater Koma and Its Audience
“Wayang Kreatif” Performance of Teater Koma and Its Audience
ABSTRAK Teater Koma merupakan teater modern yang berhasil bertahan selama 40 tahun, dari tahun 1977 sampai sekarang. Perjalanan yang cukup panjang, mendudukkan Teater Koma sebagai ...
Analysing computer-generated works in South African copyright law in the age of artificial intelligence
Analysing computer-generated works in South African copyright law in the age of artificial intelligence
Die afgelope paar jaar het ’n beduidende toename in toegang tot, en ontwikkeling in, generatiewe kunsmatige intelligensie-tegnologieë gesien. Om teks te genereer met behulp van sog...
KONVENSI TATA ARTISTIK TEATER PANGGUNG DALAM PEMENTASAN TEATER VIRTUAL SITI SEROJA OLEH TEATER KOMA
KONVENSI TATA ARTISTIK TEATER PANGGUNG DALAM PEMENTASAN TEATER VIRTUAL SITI SEROJA OLEH TEATER KOMA
Tujuan dari penelitian ini adalah untuk membuktikan bahwa tata artistik dari pertunjukan virtual Siti Seroja oleh Teater Koma mengacu pada hukum pementasan teater di atas panggung....
The league of nations: South Africa and the Rehoboth Basters' constitutional struggle, 1919-1939
The league of nations: South Africa and the Rehoboth Basters' constitutional struggle, 1919-1939
Die groep mense van gemengde afkoms wat gedurende die agtiende eeu in die Noordwes-Kaap hulle ontstaan gehad het, en later as die Rehoboth-Basters bekend geword het, het in 1868 di...

Back to Top