Search engine for discovering works of Art, research articles, and books related to Art and Culture
ShareThis
Javascript must be enabled to continue!

Wat eet Afrikaners? ’n Verkenning van die bestanddeel-resep-netwerk in Afrikaanse resepte

View through CrossRef
Met die algemene gebruik van die internet en die opkoms van die netwerkwetenskap oor die laaste twee dekades het dit moontlik geword om groot stelle resepte en hul bestanddele te ondersoek, en om lande se resepte en bestanddeelkombinasies met mekaar te vergelyk. ’n Groot aantal studies in die buiteland het reeds bestanddeel-resep-netwerke vanuit die perspektief van die netwerkteorie ondersoek, en onder andere bevestig dat verskillende lande en kulture unieke bestanddeelkombinasies in hul resepte gebruik. Die huidige studie sluit by sulke studies aan en ondersoek die bestanddeel-resep-netwerk in Afrikaanse resepte. Hiervoor is 196 bestanddele se voorkomste in 6 863 Afrikaanse resepte ondersoek. Daar word aangetoon watter bestanddele die meeste in Afrikaanse resepte voorkom en watter bestanddele die meeste saam met ander bestanddele voorkom, en daar word ondersoek ingestel na hoe kossoorte gekombineer word. Die bestanddele wat in die meeste resepte voorgekom het, hoort byvoorbeeld tot die kategorie speserye, gevolg deur suiwel, plantprodukte, groente, en vleis. Neute, drank, en seekos het die minste voorgekom. Daar word ook gevind dat wat die meeste saam met ander kossoorte voorkom, speserye is, gevolg deur groentes en suiwel, terwyl vleis minder gereeld in resepte voorkom, maar meer as seekos. Laastens word die Louvain-metode gebruik om gemeenskappe van bestanddele in die Afrikaanse bestanddeel-resep-netwerk te identifiseer, en daar word aangedui watter bestanddele in watter soort resepte gebruik word. Die studie sluit af met voorstelle vir verdere navorsing. Trefwoorde: Afrikaanse kos; Afrikaanse resepte; bestanddeel-resep-netwerke; komplekse netwerke; modulariteit; resepte
Title: Wat eet Afrikaners? ’n Verkenning van die bestanddeel-resep-netwerk in Afrikaanse resepte
Description:
Met die algemene gebruik van die internet en die opkoms van die netwerkwetenskap oor die laaste twee dekades het dit moontlik geword om groot stelle resepte en hul bestanddele te ondersoek, en om lande se resepte en bestanddeelkombinasies met mekaar te vergelyk.
’n Groot aantal studies in die buiteland het reeds bestanddeel-resep-netwerke vanuit die perspektief van die netwerkteorie ondersoek, en onder andere bevestig dat verskillende lande en kulture unieke bestanddeelkombinasies in hul resepte gebruik.
Die huidige studie sluit by sulke studies aan en ondersoek die bestanddeel-resep-netwerk in Afrikaanse resepte.
Hiervoor is 196 bestanddele se voorkomste in 6 863 Afrikaanse resepte ondersoek.
Daar word aangetoon watter bestanddele die meeste in Afrikaanse resepte voorkom en watter bestanddele die meeste saam met ander bestanddele voorkom, en daar word ondersoek ingestel na hoe kossoorte gekombineer word.
Die bestanddele wat in die meeste resepte voorgekom het, hoort byvoorbeeld tot die kategorie speserye, gevolg deur suiwel, plantprodukte, groente, en vleis.
Neute, drank, en seekos het die minste voorgekom.
Daar word ook gevind dat wat die meeste saam met ander kossoorte voorkom, speserye is, gevolg deur groentes en suiwel, terwyl vleis minder gereeld in resepte voorkom, maar meer as seekos.
Laastens word die Louvain-metode gebruik om gemeenskappe van bestanddele in die Afrikaanse bestanddeel-resep-netwerk te identifiseer, en daar word aangedui watter bestanddele in watter soort resepte gebruik word.
Die studie sluit af met voorstelle vir verdere navorsing.
Trefwoorde: Afrikaanse kos; Afrikaanse resepte; bestanddeel-resep-netwerke; komplekse netwerke; modulariteit; resepte.

Related Results

Pedersstræde i Viborg. Købstadarkæologiske undersøgelser 1966/67
Pedersstræde i Viborg. Købstadarkæologiske undersøgelser 1966/67
Pedersstræde in Viborg Archäologische Untersuchungen der Stadt ViborgSchon seit dem 17. Jahrhundert hat man die historisch-topographische Entwicklung der Stadt Viborg zum Gegenstan...
Analysing computer-generated works in South African copyright law in the age of artificial intelligence
Analysing computer-generated works in South African copyright law in the age of artificial intelligence
Die afgelope paar jaar het ’n beduidende toename in toegang tot, en ontwikkeling in, generatiewe kunsmatige intelligensie-tegnologieë gesien. Om teks te genereer met behulp van sog...
Struikelblokke wat toesig deur opposisiepartye in die Suid-Afrikaanse parlement belemmer
Struikelblokke wat toesig deur opposisiepartye in die Suid-Afrikaanse parlement belemmer
Dit is duidelik uit die Suid-Afrikaanse geskiedenis van die afgelope 27 jaar dat die toesigrol in ons parlement tekortskiet. Oor die algemeen is die parlement veronderstel om toesi...
The league of nations: South Africa and the Rehoboth Basters' constitutional struggle, 1919-1939
The league of nations: South Africa and the Rehoboth Basters' constitutional struggle, 1919-1939
Die groep mense van gemengde afkoms wat gedurende die agtiende eeu in die Noordwes-Kaap hulle ontstaan gehad het, en later as die Rehoboth-Basters bekend geword het, het in 1868 di...
Digitisation and consumer law in South Africa and Africa
Digitisation and consumer law in South Africa and Africa
Die digitale revolusie tydens die laaste drie dekades het ’n enorme impak gemaak op die wyse waarop verbruikers en verskaffers tans optree. Hierdie ontwikkeling skep nou nuwe uitda...
E-Learning
E-Learning
E-Learning ist heute aus keinem pädagogischen Lehrraum mehr wegzudenken. In allen Bereichen von Schule über die berufliche bis zur universitären Ausbildung und besonders im Bereich...
Two horses do not need to be from the same stable: a critical evaluation of the Polo case
Two horses do not need to be from the same stable: a critical evaluation of the Polo case
Die eerste saak wat riglyne verskaf oor die interpretasie van artikel 10(13) van die Wet op Handelsmerke van 1993 is onlangs in die hoogste hof van appél in LA Group (Pty) Ltd v St...

Back to Top