Search engine for discovering works of Art, research articles, and books related to Art and Culture
ShareThis
Javascript must be enabled to continue!

Moedertaal in die kerk: Die Apostoliese Geloofsending van Suid-Afrika (AGS van SA) en Afrikaans as 'n illustrasie van die rol van moedertaal in die kerk

View through CrossRef
Die artikel word geskryf vanuit die perspektief van 'n Afrikaanssprekende Christen en gebruik die Apostoliese Geloof Sending van Suid-Afrika (AGS) as 'n gevallestudie van moedertaal wat apartheidstrukture (waarskynlik onbewustelik) perpetueer. Die AGS ontstaan in 1908 as 'n veelrassige, Engelstalige kerk onder leiding van twee Amerikaanse sendelinge, John G. Lake en Thomas Hezmalhalch, wat vanuit hulle betrokkenheid by die Azusastraatherlewing in Los Angeles (vanaf 1906) die boodskap na Afrika bring van die uitstorting van die Gees. Veral Lake is vasbeslote dat eredienste veelrassig bly en sy bediening word deur verskeie botsings hieroor met wit gelowiges gekenmerk, veral oor sy noue verhouding met Elias Letwaba, 'n prominente swart leier. Nog voor hulle vertrek na Amerika, wanneer Pieter L. le Roux as eerste Suid-Afrikaanse president verkies word, verval die kerk reeds in patrone van gemeentevestiging wat ooreenstem met die bestaande patrone wat die Suid-Afrikaanse samelewing gekenmerk het, en segregasie tussen rasse institusionaliseer. Leiding hierin het veral van Afrikaanssprekende wit leiers gekom. In 1996 verenig die voormalige vier afdelings van die AGS in al sy strukture maar steeds bestaan die meeste gemeentes volgens taal en geografiese area in segregasie, alhoewel meerdere vergaderings en konferensies in die kerk veelrassig is en in Engels plaasvind. Slegs enkele Engelstalige gemeentes asook wit Kaapse Afrikaanstalige gemeentes wat enkele van die gemengde-rasbevolking insluit, het veelrassig geword. Ná 'n historiese bespreking vra die artikel na die uitdagings wat taaldiversiteit inhou en die houdbaarheid daarvan om die diversiteit wat die kerk verteenwoordig in die plaaslike gemeente gestalte te laat kry. Verskeie voorstelle word gemaak wat wit Afrikaanssprekende AGS-lidmate se taalsentimente akkommodeer terwyl dit ook 'n bydrae lewer om die mense van Suid-Afrika as 'n reënboognasie te vestig.
Academy of Science of South Africa
Title: Moedertaal in die kerk: Die Apostoliese Geloofsending van Suid-Afrika (AGS van SA) en Afrikaans as 'n illustrasie van die rol van moedertaal in die kerk
Description:
Die artikel word geskryf vanuit die perspektief van 'n Afrikaanssprekende Christen en gebruik die Apostoliese Geloof Sending van Suid-Afrika (AGS) as 'n gevallestudie van moedertaal wat apartheidstrukture (waarskynlik onbewustelik) perpetueer.
Die AGS ontstaan in 1908 as 'n veelrassige, Engelstalige kerk onder leiding van twee Amerikaanse sendelinge, John G.
Lake en Thomas Hezmalhalch, wat vanuit hulle betrokkenheid by die Azusastraatherlewing in Los Angeles (vanaf 1906) die boodskap na Afrika bring van die uitstorting van die Gees.
Veral Lake is vasbeslote dat eredienste veelrassig bly en sy bediening word deur verskeie botsings hieroor met wit gelowiges gekenmerk, veral oor sy noue verhouding met Elias Letwaba, 'n prominente swart leier.
Nog voor hulle vertrek na Amerika, wanneer Pieter L.
le Roux as eerste Suid-Afrikaanse president verkies word, verval die kerk reeds in patrone van gemeentevestiging wat ooreenstem met die bestaande patrone wat die Suid-Afrikaanse samelewing gekenmerk het, en segregasie tussen rasse institusionaliseer.
Leiding hierin het veral van Afrikaanssprekende wit leiers gekom.
In 1996 verenig die voormalige vier afdelings van die AGS in al sy strukture maar steeds bestaan die meeste gemeentes volgens taal en geografiese area in segregasie, alhoewel meerdere vergaderings en konferensies in die kerk veelrassig is en in Engels plaasvind.
Slegs enkele Engelstalige gemeentes asook wit Kaapse Afrikaanstalige gemeentes wat enkele van die gemengde-rasbevolking insluit, het veelrassig geword.
Ná 'n historiese bespreking vra die artikel na die uitdagings wat taaldiversiteit inhou en die houdbaarheid daarvan om die diversiteit wat die kerk verteenwoordig in die plaaslike gemeente gestalte te laat kry.
Verskeie voorstelle word gemaak wat wit Afrikaanssprekende AGS-lidmate se taalsentimente akkommodeer terwyl dit ook 'n bydrae lewer om die mense van Suid-Afrika as 'n reënboognasie te vestig.

Related Results

Persepsies oor die sinodebesluite en aard van die psalms binne die GKSA
Persepsies oor die sinodebesluite en aard van die psalms binne die GKSA
Perceptions regarding synod decisions and the nature of psalms in the RCSA. Since its inception in 1859, the Reformed Church in South Africa has been singing only psalms, scriptura...
King Kong-verwerkings (1959-2017): Deurkruisings van kultuur en samelewing
King Kong-verwerkings (1959-2017): Deurkruisings van kultuur en samelewing
Die verwerking van die musiekblyspel King Kong in 2017 sou nie gedoen kon word sonder om die oorspronklike musiekblyspel van 1959 op te roep in die geheue van sowel die vervaardige...
Generaal CF Beyers: Sy lewensbeskouing soos weerspieël in sy openbare standpunte
Generaal CF Beyers: Sy lewensbeskouing soos weerspieël in sy openbare standpunte
Generaal CF Beyers het uit die Anglo-Boereoorlog van 1899-1902 getree as 'n erkende militêre aanvoerder, strateeg én Afrikanerleier. Beyers is namens die Zuid-Afrikaansche Republie...
An Integrated Model of U.S. State Attorney General Behavior in Multi-State Litigation
An Integrated Model of U.S. State Attorney General Behavior in Multi-State Litigation
AbstractMulti-state lawsuits, filed by U.S. state attorneys general (AGs), have become an important method by which state consumer protection laws are enforced. Patterns of partici...
Die triomf van die silwerdoek: Christiaan Olwagen se filmverwerking van Die seemeeu
Die triomf van die silwerdoek: Christiaan Olwagen se filmverwerking van Die seemeeu
Hierdie artikel ontleed enkele aspekte van Christiaan Olwagen se 2018-filmverwerking van Anton Tsjekow se drama Die seemeeu. In hierdie verwerking is die gegewe van die oorspronkli...
Spatial and temporal thresholds in installation art: Jan van der Merwe’s Eclipse
Spatial and temporal thresholds in installation art: Jan van der Merwe’s Eclipse
The notion of thresholds and their potential to suggest liminality is usually associated with spatialities. However, I contend this notion can be extended to layered temporal thres...
Boundaries: an Interdisciplinary (Hi)Story
Boundaries: an Interdisciplinary (Hi)Story
The experience and awareness of boundaries forms an integral part of being human. This article investigates the systematic philosophical underpinnings of our understanding of the n...

Back to Top