Search engine for discovering works of Art, research articles, and books related to Art and Culture
ShareThis
Javascript must be enabled to continue!

Generaal CF Beyers: Sy lewensbeskouing soos weerspieël in sy openbare standpunte

View through CrossRef
Generaal CF Beyers het uit die Anglo-Boereoorlog van 1899-1902 getree as 'n erkende militêre aanvoerder, strateeg én Afrikanerleier. Beyers is namens die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) na die vredesamesprekings van die 60 Boere-afgevaardigdes by Vereeniging op 15-31 Mei 1902 gestuur. Hier is hy tot voorsitter van die vergadering verkies. Aanvanklik was Beyers van mening dat die Boere die stryd kon voortsit. Algaande het die argument hom egter oortuig: die Here sê dat sy kinders nie deur mag en krag sal slaag nie, maar deur sy Gees... Beyers word in 1912 die kommandant-generaal van die verdedigingsmag van die Unie van Suid-Afrika. Die uitbreek van die Eerste Wereldoorlog op 4 Augustus 1914 en die Unie se positiewe reaksie op 'n Britse versoek dat hy Duitswes-Afrika (tans Namibië) om strategiese redes inval, lok protes van Beyers en talle Afrikaners uit. Hy bedank as hoof van die Verdegingsmag op 15 September. Beyers is gekant teen 'n rebellie, maar word sonder enige ondersoek of navraag deur Regeringsmagte wat skiet, agtervolg. As 'n voortvlugtige verdrink hy op 8 Desember 1914 in die Vaalrivier naby die huidige Makwassie. Beyers het geglo in 'n bykans deterministiese voorsienigheid van God: 'n oortuiging wat hom in die laaste dae van sy lewe laat vlug en padgee. Na sy dood word sy bandolier met al sy patrone aan hom gevind. Hy het dwarsdeur sy agtervolging deur Regeringsmagte getrou aan Sagaria 4:6 gebly en nie een skoot teruggeskiet nie.
Academy of Science of South Africa
Title: Generaal CF Beyers: Sy lewensbeskouing soos weerspieël in sy openbare standpunte
Description:
Generaal CF Beyers het uit die Anglo-Boereoorlog van 1899-1902 getree as 'n erkende militêre aanvoerder, strateeg én Afrikanerleier.
Beyers is namens die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) na die vredesamesprekings van die 60 Boere-afgevaardigdes by Vereeniging op 15-31 Mei 1902 gestuur.
Hier is hy tot voorsitter van die vergadering verkies.
Aanvanklik was Beyers van mening dat die Boere die stryd kon voortsit.
Algaande het die argument hom egter oortuig: die Here sê dat sy kinders nie deur mag en krag sal slaag nie, maar deur sy Gees.
Beyers word in 1912 die kommandant-generaal van die verdedigingsmag van die Unie van Suid-Afrika.
Die uitbreek van die Eerste Wereldoorlog op 4 Augustus 1914 en die Unie se positiewe reaksie op 'n Britse versoek dat hy Duitswes-Afrika (tans Namibië) om strategiese redes inval, lok protes van Beyers en talle Afrikaners uit.
Hy bedank as hoof van die Verdegingsmag op 15 September.
Beyers is gekant teen 'n rebellie, maar word sonder enige ondersoek of navraag deur Regeringsmagte wat skiet, agtervolg.
As 'n voortvlugtige verdrink hy op 8 Desember 1914 in die Vaalrivier naby die huidige Makwassie.
Beyers het geglo in 'n bykans deterministiese voorsienigheid van God: 'n oortuiging wat hom in die laaste dae van sy lewe laat vlug en padgee.
Na sy dood word sy bandolier met al sy patrone aan hom gevind.
Hy het dwarsdeur sy agtervolging deur Regeringsmagte getrou aan Sagaria 4:6 gebly en nie een skoot teruggeskiet nie.

Related Results

Dystopian Futures: Ugandan Science Fiction and Post-Apocalypse Contagions
Dystopian Futures: Ugandan Science Fiction and Post-Apocalypse Contagions
Uganda, like most countries on the African continent, has in the recent past grappled with existential pandemics such as AIDS, Marburg disease, cholera, Ebola, and currently the Co...
Vader van holisme: Was Jan Smuts 'n intellektueel?
Vader van holisme: Was Jan Smuts 'n intellektueel?
Jan Smuts was uiters intelligent, 'n wetenskaplike in eie reg, 'n beskermheer van die wetenskappe en 'n bydraer tot wetenskaplike literatuur en diskoerse. Kwalifiseer hy deur sy in...
FILOSOFIE OP POTCHEFSTROOM DIE AFGELOPE EEU (1917-2017) Deel 4: Op die tweesprong?
FILOSOFIE OP POTCHEFSTROOM DIE AFGELOPE EEU (1917-2017) Deel 4: Op die tweesprong?
ABSTRACT PHILOSOPHY AT POTCHEFSTROOM THE PAST CENTURY (1917-2017). Part 4: At the cross-roads? Three previous articles in this journal reviewed the history of philosophy at Potchef...
Boundaries: an Interdisciplinary (Hi)Story
Boundaries: an Interdisciplinary (Hi)Story
The experience and awareness of boundaries forms an integral part of being human. This article investigates the systematic philosophical underpinnings of our understanding of the n...
Teks op teks op teks: intertekstualiteit in Ingrid Winterbach se <i>Niggie</i>
Teks op teks op teks: intertekstualiteit in Ingrid Winterbach se <i>Niggie</i>
Text on text on text: intertextuality in Ingrid Winterbach’s Niggie This article focuses on the creative adaptation of Anglo-Boer War material in Ingrid Winterbach’s (formerly Lett...
Op soek na nuwe perspektiewe op die Mis en die Nagmaal
Op soek na nuwe perspektiewe op die Mis en die Nagmaal
In opvolging van ’n historiese bydrae in hierdie tydskrif (Van der Walt 2015) van verskillende beskouinge oor die nagmaal gedurende die sestiende eeu, waarin op Bybels onverantwoor...

Back to Top