Search engine for discovering works of Art, research articles, and books related to Art and Culture
ShareThis
Javascript must be enabled to continue!

Generaal CF Beyers: Sy lewensbeskouing soos weerspieël in sy openbare standpunte

View through CrossRef
Generaal CF Beyers het uit die Anglo-Boereoorlog van 1899-1902 getree as 'n erkende militêre aanvoerder, strateeg én Afrikanerleier. Beyers is namens die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) na die vredesamesprekings van die 60 Boere-afgevaardigdes by Vereeniging op 15-31 Mei 1902 gestuur. Hier is hy tot voorsitter van die vergadering verkies. Aanvanklik was Beyers van mening dat die Boere die stryd kon voortsit. Algaande het die argument hom egter oortuig: die Here sê dat sy kinders nie deur mag en krag sal slaag nie, maar deur sy Gees... Beyers word in 1912 die kommandant-generaal van die verdedigingsmag van die Unie van Suid-Afrika. Die uitbreek van die Eerste Wereldoorlog op 4 Augustus 1914 en die Unie se positiewe reaksie op 'n Britse versoek dat hy Duitswes-Afrika (tans Namibië) om strategiese redes inval, lok protes van Beyers en talle Afrikaners uit. Hy bedank as hoof van die Verdegingsmag op 15 September. Beyers is gekant teen 'n rebellie, maar word sonder enige ondersoek of navraag deur Regeringsmagte wat skiet, agtervolg. As 'n voortvlugtige verdrink hy op 8 Desember 1914 in die Vaalrivier naby die huidige Makwassie. Beyers het geglo in 'n bykans deterministiese voorsienigheid van God: 'n oortuiging wat hom in die laaste dae van sy lewe laat vlug en padgee. Na sy dood word sy bandolier met al sy patrone aan hom gevind. Hy het dwarsdeur sy agtervolging deur Regeringsmagte getrou aan Sagaria 4:6 gebly en nie een skoot teruggeskiet nie.
Academy of Science of South Africa
Title: Generaal CF Beyers: Sy lewensbeskouing soos weerspieël in sy openbare standpunte
Description:
Generaal CF Beyers het uit die Anglo-Boereoorlog van 1899-1902 getree as 'n erkende militêre aanvoerder, strateeg én Afrikanerleier.
Beyers is namens die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) na die vredesamesprekings van die 60 Boere-afgevaardigdes by Vereeniging op 15-31 Mei 1902 gestuur.
Hier is hy tot voorsitter van die vergadering verkies.
Aanvanklik was Beyers van mening dat die Boere die stryd kon voortsit.
Algaande het die argument hom egter oortuig: die Here sê dat sy kinders nie deur mag en krag sal slaag nie, maar deur sy Gees.
Beyers word in 1912 die kommandant-generaal van die verdedigingsmag van die Unie van Suid-Afrika.
Die uitbreek van die Eerste Wereldoorlog op 4 Augustus 1914 en die Unie se positiewe reaksie op 'n Britse versoek dat hy Duitswes-Afrika (tans Namibië) om strategiese redes inval, lok protes van Beyers en talle Afrikaners uit.
Hy bedank as hoof van die Verdegingsmag op 15 September.
Beyers is gekant teen 'n rebellie, maar word sonder enige ondersoek of navraag deur Regeringsmagte wat skiet, agtervolg.
As 'n voortvlugtige verdrink hy op 8 Desember 1914 in die Vaalrivier naby die huidige Makwassie.
Beyers het geglo in 'n bykans deterministiese voorsienigheid van God: 'n oortuiging wat hom in die laaste dae van sy lewe laat vlug en padgee.
Na sy dood word sy bandolier met al sy patrone aan hom gevind.
Hy het dwarsdeur sy agtervolging deur Regeringsmagte getrou aan Sagaria 4:6 gebly en nie een skoot teruggeskiet nie.

Related Results

Vraagtekengebruik in gebruikerskommentaar op Afrikaanse webtuistes: ’n korpuslinguistiese studie
Vraagtekengebruik in gebruikerskommentaar op Afrikaanse webtuistes: ’n korpuslinguistiese studie
Opsomming Tydens rekenaarondersteunde kommunikasie (ROK) kan daar ’n behoefte wees om sekere paralinguistiese betekenisse uit te druk, aangesien deelnemers mekaar nie kan sien of ...
Wraakporno en het rechtsgoed openbare orde
Wraakporno en het rechtsgoed openbare orde
Wraakporno en het rechtsgoed openbare orde. Een onderzoek naar de plaatsing van wraakporno in Titel V Misdrijven tegen de openbare orde in het licht van de betekenis van het rechts...
Teachers' perceptions of education support structures in the implementation of inclusive education in South Africa
Teachers' perceptions of education support structures in the implementation of inclusive education in South Africa
Inclusive education forms the ethos of the education system in South Africa and resonates with the Constitution of the country, which recognises diversity and resists exclusivity. ...
Dystopian Futures: Ugandan Science Fiction and Post-Apocalypse Contagions
Dystopian Futures: Ugandan Science Fiction and Post-Apocalypse Contagions
Uganda, like most countries on the African continent, has in the recent past grappled with existential pandemics such as AIDS, Marburg disease, cholera, Ebola, and currently the Co...
Inheemse kennis as beskermbare kulturele identiteitsbate: Kanttekeninge by die beoogde beskerming van inheemse kennis in Suid-Afrika
Inheemse kennis as beskermbare kulturele identiteitsbate: Kanttekeninge by die beoogde beskerming van inheemse kennis in Suid-Afrika
Die Franse skrywer en strukturalistiese antropoloog Claude Lévi-Strauss (1908-2009) se standpunte oor kulturele identiteit en multikulturalisme word sedert die tweede helfte van di...
Het arrest Luxembourg Business Registers – Beperking van de mogelijkheid tot openbare registers?
Het arrest Luxembourg Business Registers – Beperking van de mogelijkheid tot openbare registers?
Het arrest Luxembourg Business Registers – Beperking van de mogelijkheid tot openbare registers? Het Hof van Justitie oordeelt dat de publieke toegankelijkheid van het UB...
Maten van openbare orde
Maten van openbare orde
Maten van openbare orde Het privaatrechtelijke begrip ‘openbare orde’ wordt in de heersende leer geduid als ‘contextgebonden’ en dus meerduidig begrip. Bovendien ...
Should South Africa adopt fair use? Cutting through the rhetoric
Should South Africa adopt fair use? Cutting through the rhetoric
Die wetgewer poog om met die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg ingrypende veranderinge in die Wet op Outeursreg aan te bring, waarby die instelling van billike gebruik (“fair use”...

Back to Top