Javascript must be enabled to continue!
Vraagtekengebruik in gebruikerskommentaar op Afrikaanse webtuistes: ’n korpuslinguistiese studie
View through CrossRef
Opsomming Tydens rekenaarondersteunde kommunikasie (ROK) kan daar ’n behoefte wees om sekere paralinguistiese betekenisse uit te druk, aangesien deelnemers mekaar nie kan sien of hoor nie. Leestekens soos die vraagteken word byvoorbeeld gebruik om buitetalige elemente soos intonasie uit te druk. In gevalle waar die bestaande of standaardleestekengebruik egter nie vir internetgebruikers voldoende is om hulself mee uit te druk nie, kan leestekens op ongewone wyses gebruik word. Heelwat van die bestaande Afrikaanse literatuur oor leestekengebruik in ROK handel oor ROK wat werklike gespreksituasies, soos SMS-gesprekke, naboots. Daar is egter vorme van ROK, soos gebruikerskommentaar, wat vanweë die doel van en platform waarop die kommunikasie plaasvind, heelwat van die bestudeerde ROK-kontekste verskil. Die doel van hierdie artikel is om die gebruik van die vraagteken in gebruikerskommentaar op Afrikaanse webtuistes te beskryf. Hierdie gebruik word vergelyk met die standaardvraagtekengebruik in Afrikaans, asook met bestaande literatuur oor leestekengebruik in ROK. Aanvullend tot die literatuurstudie word ’n korpusondersoek oor die gebruik van vraagtekens in die NWU-Kommentaarkorpus gedoen. Daar word getoon dat vraagtekens in gebruikerskommentaar meestal op die standaardwyse gebruik word. Dit word egter ook op ander wyses gebruik, wat ooreenstem met bestaande literatuur oor leestekengebruik in ROK. Die soorte vraagtekengebruik wat in die literatuur oor gespreksgebaseerde ROK, soos SMS-taal, voorgekom het, het ook in die gebruikerskommentaar in die steekproef voorgekom. Die gebruik van vraagtekens en ander leestekens om elemente soos intonasie, luidheid, tempo en pouses aan te dui, dui daarop dat daar by informele geskrewe internettaal ’n behoefte is om paralinguistiese tekens te gebruik. Verder dui dit daarop dat hierdie behoefte in Afrikaanse gebruikerskommentaar, net soos in ander vorme van ROK, op allerlei skeppende wyses deur leestekens bevredig word. Trefwoorde: gebruikerskommentaar; internettaal; kommentaarkorpus; korpuslinguistiek; leestekens; rekenaarondersteunde kommunikasie; ROK; toevloeiing; vraagteken
Title: Vraagtekengebruik in gebruikerskommentaar op Afrikaanse webtuistes: ’n korpuslinguistiese studie
Description:
Opsomming Tydens rekenaarondersteunde kommunikasie (ROK) kan daar ’n behoefte wees om sekere paralinguistiese betekenisse uit te druk, aangesien deelnemers mekaar nie kan sien of hoor nie.
Leestekens soos die vraagteken word byvoorbeeld gebruik om buitetalige elemente soos intonasie uit te druk.
In gevalle waar die bestaande of standaardleestekengebruik egter nie vir internetgebruikers voldoende is om hulself mee uit te druk nie, kan leestekens op ongewone wyses gebruik word.
Heelwat van die bestaande Afrikaanse literatuur oor leestekengebruik in ROK handel oor ROK wat werklike gespreksituasies, soos SMS-gesprekke, naboots.
Daar is egter vorme van ROK, soos gebruikerskommentaar, wat vanweë die doel van en platform waarop die kommunikasie plaasvind, heelwat van die bestudeerde ROK-kontekste verskil.
Die doel van hierdie artikel is om die gebruik van die vraagteken in gebruikerskommentaar op Afrikaanse webtuistes te beskryf.
Hierdie gebruik word vergelyk met die standaardvraagtekengebruik in Afrikaans, asook met bestaande literatuur oor leestekengebruik in ROK.
Aanvullend tot die literatuurstudie word ’n korpusondersoek oor die gebruik van vraagtekens in die NWU-Kommentaarkorpus gedoen.
Daar word getoon dat vraagtekens in gebruikerskommentaar meestal op die standaardwyse gebruik word.
Dit word egter ook op ander wyses gebruik, wat ooreenstem met bestaande literatuur oor leestekengebruik in ROK.
Die soorte vraagtekengebruik wat in die literatuur oor gespreksgebaseerde ROK, soos SMS-taal, voorgekom het, het ook in die gebruikerskommentaar in die steekproef voorgekom.
Die gebruik van vraagtekens en ander leestekens om elemente soos intonasie, luidheid, tempo en pouses aan te dui, dui daarop dat daar by informele geskrewe internettaal ’n behoefte is om paralinguistiese tekens te gebruik.
Verder dui dit daarop dat hierdie behoefte in Afrikaanse gebruikerskommentaar, net soos in ander vorme van ROK, op allerlei skeppende wyses deur leestekens bevredig word.
Trefwoorde: gebruikerskommentaar; internettaal; kommentaarkorpus; korpuslinguistiek; leestekens; rekenaarondersteunde kommunikasie; ROK; toevloeiing; vraagteken.
Related Results
Wat eet Afrikaners? ’n Verkenning van die bestanddeel-resep-netwerk in Afrikaanse resepte
Wat eet Afrikaners? ’n Verkenning van die bestanddeel-resep-netwerk in Afrikaanse resepte
Met die algemene gebruik van die internet en die opkoms van die netwerkwetenskap oor die laaste twee dekades het dit moontlik geword om groot stelle resepte en hul bestanddele te o...
Die rol van die US se Departement Afrikaans en Nederlands in die ontwikkeling van die Afrikaanse leksikografie: Die Nederlands-Afrikaans-stryd gedurende die aanvangsjare
Die rol van die US se Departement Afrikaans en Nederlands in die ontwikkeling van die Afrikaanse leksikografie: Die Nederlands-Afrikaans-stryd gedurende die aanvangsjare
Die studie stel ondersoek in na die rol van die Universiteit Stellenbosch se Departement Afrikaans en Nederlands in die ontwikkeling van die Afrikaanse leksikografie te midde van '...
Blackface op die Afrikaanse verhoog: 'n Teater-historiese oorsig
Blackface op die Afrikaanse verhoog: 'n Teater-historiese oorsig
Die fokus in hierdie teaterhistoriese bespreking is op die gebruik en voorkoms van black- en brownface op die Afrikaanse verhoog. Twee tydperke word bespreek, naamlik (1) die vroeë...
The league of nations: South Africa and the Rehoboth Basters' constitutional struggle, 1919-1939
The league of nations: South Africa and the Rehoboth Basters' constitutional struggle, 1919-1939
Die groep mense van gemengde afkoms wat gedurende die agtiende eeu in die Noordwes-Kaap hulle ontstaan gehad het, en later as die Rehoboth-Basters bekend geword het, het in 1868 di...
Analysing computer-generated works in South African copyright law in the age of artificial intelligence
Analysing computer-generated works in South African copyright law in the age of artificial intelligence
Die afgelope paar jaar het ’n beduidende toename in toegang tot, en ontwikkeling in, generatiewe kunsmatige intelligensie-tegnologieë gesien. Om teks te genereer met behulp van sog...
Case study as a learning opportunity among nursing students in a university
Case study as a learning opportunity among nursing students in a university
The South African Qualification Authority Act (58/1995) requires that the facilitators of the education and training programme for nursing students implement teaching strategies th...
Lessons to be learned from Only Fools: the protection of fictional characters, parody and pastiche
Lessons to be learned from Only Fools: the protection of fictional characters, parody and pastiche
Die uitspraak in die Engelse saak Shazam Productions v Only Fools The Dining Experience (“Shazam-saak”) was in twee opsigte ’n grensverskuiwende kopiereg-uitspraak. Dit was die eer...
Leo Tolstoi en Afrikaners: Hulle sieninge van mekaar
Leo Tolstoi en Afrikaners: Hulle sieninge van mekaar
Tolstoi was die enigste skrywer in Imperiale Rusland wat oor dekades briewe en gaste uit Suid-Afrika ontvang het. Sy stellings oor die Anglo-Boereoorlog van 1899-1902 het internasi...

