Search engine for discovering works of Art, research articles, and books related to Art and Culture
ShareThis
Javascript must be enabled to continue!

http://ref.scielo.org/wvy2r2

View through CrossRef
Skoolhoofde speel 'n belangrike rol om toe te sien dat skole goed bestuur word en, in die besonder, dat doeltreffende onderrig en leer plaasvind. Hoofde se onderrigleierskaprol behels die strategiese toepassing van kennis en vaardighede om konteks-spesifieke problème op te los en die doelwitte van onderwys te verwesenlik. 'n Kwantitatiewe benadering is in hierdie studie gevolg met die doel om ondersoek in te stel na hoe hoofde van openbare sekondêre skole in die Amhara-streek van Ethiopië bemagtig kan word om hulle onderrigleierskaprol te vervul. Onderwysers en skoolhoofde was die eenhede van ontleding in die studie, terwyl vraelyste as kwantitatiewe navorsingsinstrument gedien het. Die data wat bekom is, is met behulp van die Statistiese Pakket vir Sosiale Wetenskappe ontleed. Die studie het onder meer bevind dat aspekte soos strukturele en sielkundige bemagtiging en leierskapgedrag 'n beduidende verwantskap met doeltreffende onderrigleierskap en die bemagtiging van skoolhoofde toon. In teenstelling hiermee het die studie ook bevind dat aspekte soos gebrekkige ondersteuning vanaf topbestuur, 'n gebrek aan professionele ontwikkeling, 'n tekort aan die nodige hulpbronne, onbehoorlike inmenging deur die topleierskap en die intimidasie van skoolhoofde as vername hindernisse tot die bemagtiging van skoolhoofde in die streek ervaar word. Die studie is afgesluit met aanbevelings oor hoe skoolhoofde hulle onderrigleierskaprol doeltreffend kan vervul en enkele aanbevelings rakende die formulering en implementering van 'n bemagtigingsprosesmodel vir skoolhoofde in die die streek.
Academy of Science of South Africa
Title: http://ref.scielo.org/wvy2r2
Description:
Skoolhoofde speel 'n belangrike rol om toe te sien dat skole goed bestuur word en, in die besonder, dat doeltreffende onderrig en leer plaasvind.
Hoofde se onderrigleierskaprol behels die strategiese toepassing van kennis en vaardighede om konteks-spesifieke problème op te los en die doelwitte van onderwys te verwesenlik.
'n Kwantitatiewe benadering is in hierdie studie gevolg met die doel om ondersoek in te stel na hoe hoofde van openbare sekondêre skole in die Amhara-streek van Ethiopië bemagtig kan word om hulle onderrigleierskaprol te vervul.
Onderwysers en skoolhoofde was die eenhede van ontleding in die studie, terwyl vraelyste as kwantitatiewe navorsingsinstrument gedien het.
Die data wat bekom is, is met behulp van die Statistiese Pakket vir Sosiale Wetenskappe ontleed.
Die studie het onder meer bevind dat aspekte soos strukturele en sielkundige bemagtiging en leierskapgedrag 'n beduidende verwantskap met doeltreffende onderrigleierskap en die bemagtiging van skoolhoofde toon.
In teenstelling hiermee het die studie ook bevind dat aspekte soos gebrekkige ondersteuning vanaf topbestuur, 'n gebrek aan professionele ontwikkeling, 'n tekort aan die nodige hulpbronne, onbehoorlike inmenging deur die topleierskap en die intimidasie van skoolhoofde as vername hindernisse tot die bemagtiging van skoolhoofde in die streek ervaar word.
Die studie is afgesluit met aanbevelings oor hoe skoolhoofde hulle onderrigleierskaprol doeltreffend kan vervul en enkele aanbevelings rakende die formulering en implementering van 'n bemagtigingsprosesmodel vir skoolhoofde in die die streek.

Related Results

The Potential of Medicinal Plants and Bioactive Compounds in the Fight Against COVID-19
The Potential of Medicinal Plants and Bioactive Compounds in the Fight Against COVID-19
Severe acute respiratory syndrome coronavirus 2 (SARS-CoV-2), a novel coronavirus , is causing a serious worldwide COVID-19 pandemic. The emergence of strains with rapid spread and...
Phytolith extraction and counting procedure for modern plant material rich in silica skeletons v1
Phytolith extraction and counting procedure for modern plant material rich in silica skeletons v1
Modern plant tissues are often processed for phytolith analysis. They represent a fundamental source of comparison for archeological and palaeoenvironmental phytolith assemblages; ...
Phytolith extraction and counting procedure for modern plant material rich in silica skeletons v2

The Impact of IL28B Gene Polymorphisms on Drug Responses
The Impact of IL28B Gene Polymorphisms on Drug Responses
To achieve high therapeutic efficacy in the patient, information on pharmacokinetics, pharmacodynamics, and pharmacogenetics is required. With the development of science and techno...
Effects of Contextual Cues on False Memory: A Comparative Experimental Approach
Effects of Contextual Cues on False Memory: A Comparative Experimental Approach
Research on false memory formation using the Deese-Roediger-McDermott (DRM) paradigm has been extensively conducted in Western contexts. Yet, a significant gap remains in experimen...

Back to Top