Search engine for discovering works of Art, research articles, and books related to Art and Culture
ShareThis
Javascript must be enabled to continue!

Op soek na nuwe perspektiewe op die Mis en die Nagmaal

View through CrossRef
In opvolging van ’n historiese bydrae in hierdie tydskrif (Van der Walt 2015) van verskillende beskouinge oor die nagmaal gedurende die sestiende eeu, waarin op Bybels onverantwoordbare filosofiese invloede gewys is, wil hierdie artikel op ’n meer sistematiese wyse vanuit ’n Christelik-filosofiese benadering in die lig van die Skrif na nuwe perspektiewe op hierdie sakrament soek. Eers word sekere van die vroeëre beskouinge - wat vandag in baie opsigte na 500 jaar nog voortduur - verder filosofies geanaliseer, om daarteenoor die nodige korreksies vanuit ’n nuwe visie te kan stel. In ’n vergelyking tussen die Roomse verstaan van die mis en die Gereformeerde kyk op die nagmaal word die aandag op ooreenkomste sowel as verskille gevestig. Dit blyk dat die Katolieke visie vanuit ’n synsfilosofie uitgaan, terwyl Gereformeerdes ’n antropologiese bewussynsfilosofie as vertrekpunt hanteer en dat beide vanuit ’n Bybels-georiënteerde, Reformatoriese filosofie bevraagteken kan word. Hierdie ondersoek loop dus uit op ’n herbesinning in die lig van wat Christus self by die instelling van hierdie sakrament gedoen en gesê het. Die nagmaal is, van menslike kant beskou, nie ’n ontiese of antropologies-verspiritualiseerde gebeure nie, maar van diep en omvattende religieuse aard. Soos wat ’n moeder nie net vir haar kind sê dat sy hom/haar liefhet nie, maar dit ook met ’n soen bevestig, getuig God van sy kant nie net in sy Woord van sy grenselose liefde nie, maar bevestig Hy dit ook met sy liefdeskus by die nagmaal.
Academy of Science of South Africa
Title: Op soek na nuwe perspektiewe op die Mis en die Nagmaal
Description:
In opvolging van ’n historiese bydrae in hierdie tydskrif (Van der Walt 2015) van verskillende beskouinge oor die nagmaal gedurende die sestiende eeu, waarin op Bybels onverantwoordbare filosofiese invloede gewys is, wil hierdie artikel op ’n meer sistematiese wyse vanuit ’n Christelik-filosofiese benadering in die lig van die Skrif na nuwe perspektiewe op hierdie sakrament soek.
Eers word sekere van die vroeëre beskouinge - wat vandag in baie opsigte na 500 jaar nog voortduur - verder filosofies geanaliseer, om daarteenoor die nodige korreksies vanuit ’n nuwe visie te kan stel.
In ’n vergelyking tussen die Roomse verstaan van die mis en die Gereformeerde kyk op die nagmaal word die aandag op ooreenkomste sowel as verskille gevestig.
Dit blyk dat die Katolieke visie vanuit ’n synsfilosofie uitgaan, terwyl Gereformeerdes ’n antropologiese bewussynsfilosofie as vertrekpunt hanteer en dat beide vanuit ’n Bybels-georiënteerde, Reformatoriese filosofie bevraagteken kan word.
Hierdie ondersoek loop dus uit op ’n herbesinning in die lig van wat Christus self by die instelling van hierdie sakrament gedoen en gesê het.
Die nagmaal is, van menslike kant beskou, nie ’n ontiese of antropologies-verspiritualiseerde gebeure nie, maar van diep en omvattende religieuse aard.
Soos wat ’n moeder nie net vir haar kind sê dat sy hom/haar liefhet nie, maar dit ook met ’n soen bevestig, getuig God van sy kant nie net in sy Woord van sy grenselose liefde nie, maar bevestig Hy dit ook met sy liefdeskus by die nagmaal.

Related Results

King Kong-verwerkings (1959-2017): Deurkruisings van kultuur en samelewing
King Kong-verwerkings (1959-2017): Deurkruisings van kultuur en samelewing
Die verwerking van die musiekblyspel King Kong in 2017 sou nie gedoen kon word sonder om die oorspronklike musiekblyspel van 1959 op te roep in die geheue van sowel die vervaardige...
FILOSOFIE OP POTCHEFSTROOM DIE AFGELOPE EEU (1917-2017) Deel 4: Op die tweesprong?
FILOSOFIE OP POTCHEFSTROOM DIE AFGELOPE EEU (1917-2017) Deel 4: Op die tweesprong?
ABSTRACT PHILOSOPHY AT POTCHEFSTROOM THE PAST CENTURY (1917-2017). Part 4: At the cross-roads? Three previous articles in this journal reviewed the history of philosophy at Potchef...
Boundaries: an Interdisciplinary (Hi)Story
Boundaries: an Interdisciplinary (Hi)Story
The experience and awareness of boundaries forms an integral part of being human. This article investigates the systematic philosophical underpinnings of our understanding of the n...
Chronology of Laurentide glaciation in New Jersey and the New York City area, United States
Chronology of Laurentide glaciation in New Jersey and the New York City area, United States
AbstractDeposits of at least three glaciations are present in New Jersey and the New York City area. The oldest deposits are magnetically reversed. Pollen and stratigraphic relatio...
Spatial and temporal thresholds in installation art: Jan van der Merwe’s Eclipse
Spatial and temporal thresholds in installation art: Jan van der Merwe’s Eclipse
The notion of thresholds and their potential to suggest liminality is usually associated with spatialities. However, I contend this notion can be extended to layered temporal thres...
Generaal CF Beyers: Sy lewensbeskouing soos weerspieël in sy openbare standpunte
Generaal CF Beyers: Sy lewensbeskouing soos weerspieël in sy openbare standpunte
Generaal CF Beyers het uit die Anglo-Boereoorlog van 1899-1902 getree as 'n erkende militêre aanvoerder, strateeg én Afrikanerleier. Beyers is namens die Zuid-Afrikaansche Republie...

Back to Top