Javascript must be enabled to continue!
BEWYS VAN ’N GEBRUIKLIKE HUWELIK KRAGTENS ARTIKEL 3(1)(B) VAN DIE WET OP ERKENNING VAN GEBRUIKLIKE HUWELIKE 120 VAN 1998 Southon v Moropane [2012] ZAGPJHC 146
View through CrossRef
Alle gebruiklike huwelike gesluit na die inwerkingtreding van die Wet op Erkenning van Gebruiklike Huwelike 120 van 1998 op 15 November 2000 moet voldoen aan die geldigheidsvereistes in artikel 3 van hierdie wet. Gebruiklike huwelike gesluit voor 15 November 2000 word erken as aan die tradisionele gewoonteregtelike vereistes vir ’n gebruiklike huwelik voldoen word (a 2). Om ’n geldige gebruiklike huwelike na 15 November 2000 te sluit moet die partye ouer as 18 jaar wees, beide moet toestem tot die sluiting van ’n gebruiklike huwelik en die huwelik moet “ooreenkomstig die gewoontereg beding en gesluit of voltrek word” (a 3(1)). As ’n minderjarige party ’n gebruiklike huwelik wil sluit, moet die party addisionele toestemming van sy of haar voog(de) of die Minister van Binnelandse Sake, afhangende van die geval, verkry (a 3(3)–(5)). Die wet laat poliginie toe en ’n man mag in ’n tweede of verdere gebruiklike huwelik tree as hy reeds ’n party tot ’n gebruiklikehuwelik is. Artikel 7(6) vereis dat hy ’n geskrewe kontrak wat sy huweliksgoedere-bedeling vir sy bestaande en toekomstige gebruiklike huwelike reguleer aan die hof vir goedkeuring voorlê. Nie-nakoming van artikel 7(6) affekteer egter nie die geldigheid van die tweede of verdere huwelik nie. Van al die vereistes vir ’n geldige gebruiklike huwelik na 15 November 2000 gesluit, verskaf artikel 3(1)(b) die meeste probleme. Dit is dan ook hierdie vereiste waarop die huweliks-ontkenner staatmaak wanneer hy die gevolge van sy huwelik of egskeiding wil ontduik. In die lig hiervan word die beslissing van die Suid-Gauteng-hoë hof, Southon v Moropane ([2012] ZAGPJHC 146) bespreek.
Title: BEWYS VAN ’N GEBRUIKLIKE HUWELIK KRAGTENS ARTIKEL 3(1)(B) VAN DIE WET OP ERKENNING VAN GEBRUIKLIKE HUWELIKE 120 VAN 1998 Southon v Moropane [2012] ZAGPJHC 146
Description:
Alle gebruiklike huwelike gesluit na die inwerkingtreding van die Wet op Erkenning van Gebruiklike Huwelike 120 van 1998 op 15 November 2000 moet voldoen aan die geldigheidsvereistes in artikel 3 van hierdie wet.
Gebruiklike huwelike gesluit voor 15 November 2000 word erken as aan die tradisionele gewoonteregtelike vereistes vir ’n gebruiklike huwelik voldoen word (a 2).
Om ’n geldige gebruiklike huwelike na 15 November 2000 te sluit moet die partye ouer as 18 jaar wees, beide moet toestem tot die sluiting van ’n gebruiklike huwelik en die huwelik moet “ooreenkomstig die gewoontereg beding en gesluit of voltrek word” (a 3(1)).
As ’n minderjarige party ’n gebruiklike huwelik wil sluit, moet die party addisionele toestemming van sy of haar voog(de) of die Minister van Binnelandse Sake, afhangende van die geval, verkry (a 3(3)–(5)).
Die wet laat poliginie toe en ’n man mag in ’n tweede of verdere gebruiklike huwelik tree as hy reeds ’n party tot ’n gebruiklikehuwelik is.
Artikel 7(6) vereis dat hy ’n geskrewe kontrak wat sy huweliksgoedere-bedeling vir sy bestaande en toekomstige gebruiklike huwelike reguleer aan die hof vir goedkeuring voorlê.
Nie-nakoming van artikel 7(6) affekteer egter nie die geldigheid van die tweede of verdere huwelik nie.
Van al die vereistes vir ’n geldige gebruiklike huwelik na 15 November 2000 gesluit, verskaf artikel 3(1)(b) die meeste probleme.
Dit is dan ook hierdie vereiste waarop die huweliks-ontkenner staatmaak wanneer hy die gevolge van sy huwelik of egskeiding wil ontduik.
In die lig hiervan word die beslissing van die Suid-Gauteng-hoë hof, Southon v Moropane ([2012] ZAGPJHC 146) bespreek.
Related Results
Pedersstræde i Viborg. Købstadarkæologiske undersøgelser 1966/67
Pedersstræde i Viborg. Købstadarkæologiske undersøgelser 1966/67
Pedersstræde in Viborg Archäologische Untersuchungen der Stadt ViborgSchon seit dem 17. Jahrhundert hat man die historisch-topographische Entwicklung der Stadt Viborg zum Gegenstan...
GEEN SEKS, GEEN SKADEVERGOEDING
GEEN SEKS, GEEN SKADEVERGOEDING
Daar kan nie langer ernstiger gevolge aan verlowingsverbreking geheg word as aan huweliksbeëindiging nie. Dit is die gevolgtrekking wat adjunkpresident Harms gemaak het in die saak...
TOEPASSING VAN ISLAMITIESE REG IN SUID-AFRIKA Hassam v Jacobs [2008] 4 All SA 350 (C)
TOEPASSING VAN ISLAMITIESE REG IN SUID-AFRIKA Hassam v Jacobs [2008] 4 All SA 350 (C)
Suid-Afrika bestaan uit 'n heterogene samelewing wat verskeie kultuur- en geloofsgemeenskappe insluit wat van dag tot dag volgens hulle eie persoonlike reg leef, ongeag of dit ampt...
E-Learning
E-Learning
E-Learning ist heute aus keinem pädagogischen Lehrraum mehr wegzudenken. In allen Bereichen von Schule über die berufliche bis zur universitären Ausbildung und besonders im Bereich...
Two horses do not need to be from the same stable: a critical evaluation of the Polo case
Two horses do not need to be from the same stable: a critical evaluation of the Polo case
Die eerste saak wat riglyne verskaf oor die interpretasie van artikel 10(13) van die Wet op Handelsmerke van 1993 is onlangs in die hoogste hof van appél in LA Group (Pty) Ltd v St...
Der Diskurs um Medien und Werte ist weiter zu fassen
Der Diskurs um Medien und Werte ist weiter zu fassen
Die Debatte um Werte und Medien begleitet die Gesellschaft und speziell die Pädagogik seit dem Aufkommen der sogenannten Massenmedien. Im Mittelpunkt stand und steht noch immer die...
Metabolismusstudien an Mykotoxinen
Metabolismusstudien an Mykotoxinen
ZusammenfassungMykotoxine sind toxische Sekundärmetaboliten verschiedener Schimmelpilze. Aufgrund der weiten Verbreitung der Pilze kommen Mykotoxine ubiquitär in Lebens‐ und Futter...
Struikelblokke wat toesig deur opposisiepartye in die Suid-Afrikaanse parlement belemmer
Struikelblokke wat toesig deur opposisiepartye in die Suid-Afrikaanse parlement belemmer
Dit is duidelik uit die Suid-Afrikaanse geskiedenis van die afgelope 27 jaar dat die toesigrol in ons parlement tekortskiet. Oor die algemeen is die parlement veronderstel om toesi...

