Javascript must be enabled to continue!
Two horses do not need to be from the same stable: a critical evaluation of the Polo case
View through CrossRef
Die eerste saak wat riglyne verskaf oor die interpretasie van artikel 10(13) van die Wet op Handelsmerke van 1993 is onlangs in die hoogste hof van appél in LA Group (Pty) Ltd v Stable Brands (Pty) Ltd beslis. Die beslissing het ook ’n mate van duidelikheid verskaf oor die tipe gebruik van ’n handelsmerk wat as aanvaarbare bewys van gebruik beskou sal word wanneer die geldigheid van ’n handelsmerk betwis word op grond van nie-gebruik. Wat die Polo-saak hoogs ongewoon maak, indien nie uniek nie, is dat dit nie die eienaar van die handelsmerk, naamlik Ralph Lauren, was wat sy reputasie in die POLO-merke wou bevestig nie, maar ’n derde party, naamlik die respondent in die saak. Dit is na alle waarskynlikheid die eerste keer dat ’n derde party poog om die reputasie van ’n beweerde buitelandse, bekende, ongeregistreerde handelsmerk te beskerm. Daar was twee uitsprake wat artikel 10(13) verskillend geïnterpreteer het, en dus tot verskillende gevolgtrekkings oor die feite gekom het. Hierdie artikel sal beide die minderheids- en meerderheidsuitsprake krities bespreek. ’n Aspek van die uitspraak wat kommer wek by beide die minderheids- en meerderheidsuitspraak is die oënskynlik doelbewuste vermyding van enige bespreking van die territorialiteit van handelsmerke, meer spesifiek enige vermelding van artikels 35 en 36(2) van die Wet op Handelsmerke van 1993. Op ’n letterlike interpretasie blyk die minderheid korrek te wees dat artikel 10(13) van wye belang kan wees, maar dit het nie daarin geslaag om duidelikheid te verskaf oor die moontlike wisselwerking tussen artikels 10(13) en 35, aan een kant, en artikel 36(2), aan die ander kant nie. Die versuim om die interpretasie van artikel 10(13) van die Wet op Handelsmerke van 1993 te versoen met artikel 35 (en a 36(2)) kan ernstige kommer oor die omvang van artikel 35 in die toekoms laat ontstaan. Aangesien dit nie die eienaar van die beweerd geskonde handelsmerk was wat die klaer was nie, laat die saak ook kwessies ontstaan oor die bewyslas in die vestiging van die vereiste reputasie in hierdie tipe gevalle. Gegewe die leerstuk van die territorialiteit van handelsmerke, is ’n sekere vlak van verbruikersverwarring onvermydelik.
Title: Two horses do not need to be from the same stable: a critical evaluation of the Polo case
Description:
Die eerste saak wat riglyne verskaf oor die interpretasie van artikel 10(13) van die Wet op Handelsmerke van 1993 is onlangs in die hoogste hof van appél in LA Group (Pty) Ltd v Stable Brands (Pty) Ltd beslis.
Die beslissing het ook ’n mate van duidelikheid verskaf oor die tipe gebruik van ’n handelsmerk wat as aanvaarbare bewys van gebruik beskou sal word wanneer die geldigheid van ’n handelsmerk betwis word op grond van nie-gebruik.
Wat die Polo-saak hoogs ongewoon maak, indien nie uniek nie, is dat dit nie die eienaar van die handelsmerk, naamlik Ralph Lauren, was wat sy reputasie in die POLO-merke wou bevestig nie, maar ’n derde party, naamlik die respondent in die saak.
Dit is na alle waarskynlikheid die eerste keer dat ’n derde party poog om die reputasie van ’n beweerde buitelandse, bekende, ongeregistreerde handelsmerk te beskerm.
Daar was twee uitsprake wat artikel 10(13) verskillend geïnterpreteer het, en dus tot verskillende gevolgtrekkings oor die feite gekom het.
Hierdie artikel sal beide die minderheids- en meerderheidsuitsprake krities bespreek.
’n Aspek van die uitspraak wat kommer wek by beide die minderheids- en meerderheidsuitspraak is die oënskynlik doelbewuste vermyding van enige bespreking van die territorialiteit van handelsmerke, meer spesifiek enige vermelding van artikels 35 en 36(2) van die Wet op Handelsmerke van 1993.
Op ’n letterlike interpretasie blyk die minderheid korrek te wees dat artikel 10(13) van wye belang kan wees, maar dit het nie daarin geslaag om duidelikheid te verskaf oor die moontlike wisselwerking tussen artikels 10(13) en 35, aan een kant, en artikel 36(2), aan die ander kant nie.
Die versuim om die interpretasie van artikel 10(13) van die Wet op Handelsmerke van 1993 te versoen met artikel 35 (en a 36(2)) kan ernstige kommer oor die omvang van artikel 35 in die toekoms laat ontstaan.
Aangesien dit nie die eienaar van die beweerd geskonde handelsmerk was wat die klaer was nie, laat die saak ook kwessies ontstaan oor die bewyslas in die vestiging van die vereiste reputasie in hierdie tipe gevalle.
Gegewe die leerstuk van die territorialiteit van handelsmerke, is ’n sekere vlak van verbruikersverwarring onvermydelik.
Related Results
Hydatid Disease of The Brain Parenchyma: A Systematic Review
Hydatid Disease of The Brain Parenchyma: A Systematic Review
Abstarct
Introduction
Isolated brain hydatid disease (BHD) is an extremely rare form of echinococcosis. A prompt and timely diagnosis is a crucial step in disease management. This ...
The decade of Serbian water polo
The decade of Serbian water polo
Water polo was originally developed in the British Isles. The colloquial term "aquatic football" was quickly adopted in many countries and their sport systems. With the adoption of...
Thyroid Hormone and Thyrotropin Concentrations and Responses to Thyrotropin Releasing Hormone in Ageing Horses
Thyroid Hormone and Thyrotropin Concentrations and Responses to Thyrotropin Releasing Hormone in Ageing Horses
Reasons for performing study
Thyroid hormones (
TH
s) decrease with age in healthy dogs and c...
Pulmonary Dysfunction and Skeletal Muscle Changes in Horses with RAO
Pulmonary Dysfunction and Skeletal Muscle Changes in Horses with RAO
Abstract
Background
Chronic pulmonary diseases (recurrent airway obstruction [RAO]) have been reported to alter skeletal ...
Thyroid Function in Anhidrotic Horses
Thyroid Function in Anhidrotic Horses
Abstract
Background
This study was performed to determine whether anhidrotic horses have altered thyroid function compare...
Breast Carcinoma within Fibroadenoma: A Systematic Review
Breast Carcinoma within Fibroadenoma: A Systematic Review
Abstract
Introduction
Fibroadenoma is the most common benign breast lesion; however, it carries a potential risk of malignant transformation. This systematic review provides an ove...
Non-Recommended Publishing Lists: Strategies for Detecting Deceitful Journals
Non-Recommended Publishing Lists: Strategies for Detecting Deceitful Journals
Abstract
The rapid growth of open access publishing (OAP) has significantly improved the accessibility and dissemination of scientific knowledge. However, this expansion has also c...
Frequency of molecular detection of equine coronavirus in faeces and nasal secretions in 277 horses with acute onset of fever
Frequency of molecular detection of equine coronavirus in faeces and nasal secretions in 277 horses with acute onset of fever
Context
Due to the inconsistent development of enteric signs associated with ECoV infection in adult horses, many practitioners collect nasal secretions rather ...

