Search engine for discovering works of Art, research articles, and books related to Art and Culture
ShareThis
Javascript must be enabled to continue!

Vertaling en verwerking as interpretasie en strategie: My seuns deur Christo Davids in die lig van All My Sons deur Arthur Miller

View through CrossRef
In hierdie artikel word die proses van vertaling, verwerking of omwerking na 'n geheel ander teks, binne moontlike vorme van interkonnektiwiteit bestudeer aan die hand van die twee dramas All my Sons deur Arthur Miller en My seuns deur Christo Davids. Al hierdie prosesse behels die transformasie van 'n bronteks (BT) na 'n doelteks (DT) en is in 'n sekere sin 'n bemiddeling tussen twee kulture. In die inleidende gedeelte word relevante teorieë rakende vertaling in die breë sin van die woord kortliks bespreek. Daar word verwys na die prosesse van domestikasie en vervreemding (Venuti) wat die oorspronklike kultuur nader aan die huis bring of andersyds die afstand tussen die bron- en doelkultuur beklemtoon. Verder word ook verwys na teatervertaling (Aaltonen): waarbinne een teks, tyd kan ophef in die verwerking/ omwerking na 'n nuwe teks en semiotiese vertaling of verwerking (Marais) as 'n komplekse kruiskulturele konsep, 'n dinamiese verskynsel wat na vore kom uit verhoudings tussen individue. In die laaste deel van hierdie artikel word fundamentele interpretatiewe moontlikhede van die teorieë ondersoek met spesifieke verwysing na die gebruik van domestikasie in My seuns, omdat Davids die universele tematiese benadering van Miller in All my Sons domestikeer vir 'n Suid-Afrikaanse werklikheid. Hetsy bronteksgeoriënteerd binne 'n meer relasionele vertaal-, verwerkingstrategie of sterker semioties georiënteerd binne 'n duidelik doelteks (ander teks) vertaal-, verwerking-, omwerkingstrategie, is dit belangrik dat die vertaler/ verwerker deurgaans bewus moet wees van 'n bepaalde keuse of voorkeur in 'n poging om sy/haar vertaal-, verwerk-, omwerkopdrag, hetsy selfopgelegd of nie, toe te pas tot voordeel van die teks self. Hierdie artikel poog dus om die poëtikale voorkeure van die vertaler/verwerker te identifiseer en die finale produk vervolgens te beskryf (en te evalueer) binne 'n bespreking van die sukses van die nuwe teks teen die agtergrond van die oorspronklike en of dit uiteindelik slaag as verwerking/omwerking, of nie.
Title: Vertaling en verwerking as interpretasie en strategie: My seuns deur Christo Davids in die lig van All My Sons deur Arthur Miller
Description:
In hierdie artikel word die proses van vertaling, verwerking of omwerking na 'n geheel ander teks, binne moontlike vorme van interkonnektiwiteit bestudeer aan die hand van die twee dramas All my Sons deur Arthur Miller en My seuns deur Christo Davids.
Al hierdie prosesse behels die transformasie van 'n bronteks (BT) na 'n doelteks (DT) en is in 'n sekere sin 'n bemiddeling tussen twee kulture.
In die inleidende gedeelte word relevante teorieë rakende vertaling in die breë sin van die woord kortliks bespreek.
Daar word verwys na die prosesse van domestikasie en vervreemding (Venuti) wat die oorspronklike kultuur nader aan die huis bring of andersyds die afstand tussen die bron- en doelkultuur beklemtoon.
Verder word ook verwys na teatervertaling (Aaltonen): waarbinne een teks, tyd kan ophef in die verwerking/ omwerking na 'n nuwe teks en semiotiese vertaling of verwerking (Marais) as 'n komplekse kruiskulturele konsep, 'n dinamiese verskynsel wat na vore kom uit verhoudings tussen individue.
In die laaste deel van hierdie artikel word fundamentele interpretatiewe moontlikhede van die teorieë ondersoek met spesifieke verwysing na die gebruik van domestikasie in My seuns, omdat Davids die universele tematiese benadering van Miller in All my Sons domestikeer vir 'n Suid-Afrikaanse werklikheid.
Hetsy bronteksgeoriënteerd binne 'n meer relasionele vertaal-, verwerkingstrategie of sterker semioties georiënteerd binne 'n duidelik doelteks (ander teks) vertaal-, verwerking-, omwerkingstrategie, is dit belangrik dat die vertaler/ verwerker deurgaans bewus moet wees van 'n bepaalde keuse of voorkeur in 'n poging om sy/haar vertaal-, verwerk-, omwerkopdrag, hetsy selfopgelegd of nie, toe te pas tot voordeel van die teks self.
Hierdie artikel poog dus om die poëtikale voorkeure van die vertaler/verwerker te identifiseer en die finale produk vervolgens te beskryf (en te evalueer) binne 'n bespreking van die sukses van die nuwe teks teen die agtergrond van die oorspronklike en of dit uiteindelik slaag as verwerking/omwerking, of nie.

Related Results

Pedersstræde i Viborg. Købstadarkæologiske undersøgelser 1966/67
Pedersstræde i Viborg. Købstadarkæologiske undersøgelser 1966/67
Pedersstræde in Viborg Archäologische Untersuchungen der Stadt ViborgSchon seit dem 17. Jahrhundert hat man die historisch-topographische Entwicklung der Stadt Viborg zum Gegenstan...
E-Learning
E-Learning
E-Learning ist heute aus keinem pädagogischen Lehrraum mehr wegzudenken. In allen Bereichen von Schule über die berufliche bis zur universitären Ausbildung und besonders im Bereich...
Analysing computer-generated works in South African copyright law in the age of artificial intelligence
Analysing computer-generated works in South African copyright law in the age of artificial intelligence
Die afgelope paar jaar het ’n beduidende toename in toegang tot, en ontwikkeling in, generatiewe kunsmatige intelligensie-tegnologieë gesien. Om teks te genereer met behulp van sog...
Two horses do not need to be from the same stable: a critical evaluation of the Polo case
Two horses do not need to be from the same stable: a critical evaluation of the Polo case
Die eerste saak wat riglyne verskaf oor die interpretasie van artikel 10(13) van die Wet op Handelsmerke van 1993 is onlangs in die hoogste hof van appél in LA Group (Pty) Ltd v St...
Struikelblokke wat toesig deur opposisiepartye in die Suid-Afrikaanse parlement belemmer
Struikelblokke wat toesig deur opposisiepartye in die Suid-Afrikaanse parlement belemmer
Dit is duidelik uit die Suid-Afrikaanse geskiedenis van die afgelope 27 jaar dat die toesigrol in ons parlement tekortskiet. Oor die algemeen is die parlement veronderstel om toesi...
The league of nations: South Africa and the Rehoboth Basters' constitutional struggle, 1919-1939
The league of nations: South Africa and the Rehoboth Basters' constitutional struggle, 1919-1939
Die groep mense van gemengde afkoms wat gedurende die agtiende eeu in die Noordwes-Kaap hulle ontstaan gehad het, en later as die Rehoboth-Basters bekend geword het, het in 1868 di...
Should South Africa adopt fair use? Cutting through the rhetoric
Should South Africa adopt fair use? Cutting through the rhetoric
Die wetgewer poog om met die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg ingrypende veranderinge in die Wet op Outeursreg aan te bring, waarby die instelling van billike gebruik (“fair use”...

Back to Top