Search engine for discovering works of Art, research articles, and books related to Art and Culture
ShareThis
Javascript must be enabled to continue!

Ruite in ’n raam: Die aanvang en slot van Marlise Joubert se bundel grondwater as tekstuele raam met ’n kodifiserende en mitologiese funksie

View through CrossRef
In die bundel grondwater kom daar in die begin van die teks bepaalde kodes en simbole voor wat ’n mitologiese interpretasie van die teks sou regverdig. Daar is in die bundel verskeie gedigte wat die persoonlike ervaring van die spreker oorskry en, deur die aanwesigheid van argetipiese simbole, universele menslike ervarings suggereer. Die bundel sluit siklies, deurdat die ruimte wat in die aanvang van die teks geaktiveer word, asook sekere van die simbole wat daar teenwoordig is, herbesoek word wanneer die spreker bewus word van haar sterflikheid en die verganklikheid van alle dinge. Soos in baie tekste met ’n outobiografiese aard en soos in die antieke mites (Johl 1992:415; Staude 2005:249–60), lyk dit asof sluiting in grondwater belangrik is: Die begingebeure word teksmatig opgeroep, daar vind terugskou plaas, maar daar het ook metamorfose plaasgevind. Dat hierdie herbesoek, wat metafories die sluiting van die raam behels, moontlik ’n mitologiese betekenislaag insinueer, word deur volgehoue gebruik van argetipiese simbole gesuggereer, asook deur die besinnende aard van die gedigte in die laaste deel van die bundel, en veral die drie slotgedigte waarin suggesties van eindigheid, veroudering en dood voorkom. Die doel van hierdie artikel is om vas te stel in hoeverre teorieë oor sikliese verhaalstrukture en die belangrikheid van die begin en einde van ’n teks toepaslik gemaak kan word op die bundel grondwater van Marlise Joubert. Daar moet deur middel van teksontleding vasgestel word in welke mate bepaalde simbole wat in die teks voorkom, merkers is wat op interpretasie van die bundel as geheel inspeel. Tweedens moet bepaal word welke, indien enige, koherensiekragte die bundel as eenheid saamsnoer. Trefwoorde: argetipiese simbole; boorgat as simbool; grondwater; Marlise Joubert; Jurij Lotman teksstruktuur; kodifiserende teksbegin; laatwerk (van skrywer); mite; mitologiese tekseinde; outobiografie; sikliese tekste; simbool; water as simbool; windpomp as simbool; wolf as simbool
Title: Ruite in ’n raam: Die aanvang en slot van Marlise Joubert se bundel grondwater as tekstuele raam met ’n kodifiserende en mitologiese funksie
Description:
In die bundel grondwater kom daar in die begin van die teks bepaalde kodes en simbole voor wat ’n mitologiese interpretasie van die teks sou regverdig.
Daar is in die bundel verskeie gedigte wat die persoonlike ervaring van die spreker oorskry en, deur die aanwesigheid van argetipiese simbole, universele menslike ervarings suggereer.
Die bundel sluit siklies, deurdat die ruimte wat in die aanvang van die teks geaktiveer word, asook sekere van die simbole wat daar teenwoordig is, herbesoek word wanneer die spreker bewus word van haar sterflikheid en die verganklikheid van alle dinge.
Soos in baie tekste met ’n outobiografiese aard en soos in die antieke mites (Johl 1992:415; Staude 2005:249–60), lyk dit asof sluiting in grondwater belangrik is: Die begingebeure word teksmatig opgeroep, daar vind terugskou plaas, maar daar het ook metamorfose plaasgevind.
Dat hierdie herbesoek, wat metafories die sluiting van die raam behels, moontlik ’n mitologiese betekenislaag insinueer, word deur volgehoue gebruik van argetipiese simbole gesuggereer, asook deur die besinnende aard van die gedigte in die laaste deel van die bundel, en veral die drie slotgedigte waarin suggesties van eindigheid, veroudering en dood voorkom.
Die doel van hierdie artikel is om vas te stel in hoeverre teorieë oor sikliese verhaalstrukture en die belangrikheid van die begin en einde van ’n teks toepaslik gemaak kan word op die bundel grondwater van Marlise Joubert.
Daar moet deur middel van teksontleding vasgestel word in welke mate bepaalde simbole wat in die teks voorkom, merkers is wat op interpretasie van die bundel as geheel inspeel.
Tweedens moet bepaal word welke, indien enige, koherensiekragte die bundel as eenheid saamsnoer.
Trefwoorde: argetipiese simbole; boorgat as simbool; grondwater; Marlise Joubert; Jurij Lotman teksstruktuur; kodifiserende teksbegin; laatwerk (van skrywer); mite; mitologiese tekseinde; outobiografie; sikliese tekste; simbool; water as simbool; windpomp as simbool; wolf as simbool.

Related Results

Pedersstræde i Viborg. Købstadarkæologiske undersøgelser 1966/67
Pedersstræde i Viborg. Købstadarkæologiske undersøgelser 1966/67
Pedersstræde in Viborg Archäologische Untersuchungen der Stadt ViborgSchon seit dem 17. Jahrhundert hat man die historisch-topographische Entwicklung der Stadt Viborg zum Gegenstan...
E-Learning
E-Learning
E-Learning ist heute aus keinem pädagogischen Lehrraum mehr wegzudenken. In allen Bereichen von Schule über die berufliche bis zur universitären Ausbildung und besonders im Bereich...
Struikelblokke wat toesig deur opposisiepartye in die Suid-Afrikaanse parlement belemmer
Struikelblokke wat toesig deur opposisiepartye in die Suid-Afrikaanse parlement belemmer
Dit is duidelik uit die Suid-Afrikaanse geskiedenis van die afgelope 27 jaar dat die toesigrol in ons parlement tekortskiet. Oor die algemeen is die parlement veronderstel om toesi...
Der Diskurs um Medien und Werte ist weiter zu fassen
Der Diskurs um Medien und Werte ist weiter zu fassen
Die Debatte um Werte und Medien begleitet die Gesellschaft und speziell die Pädagogik seit dem Aufkommen der sogenannten Massenmedien. Im Mittelpunkt stand und steht noch immer die...
Metabolismusstudien an Mykotoxinen
Metabolismusstudien an Mykotoxinen
ZusammenfassungMykotoxine sind toxische Sekundärmetaboliten verschiedener Schimmelpilze. Aufgrund der weiten Verbreitung der Pilze kommen Mykotoxine ubiquitär in Lebens‐ und Futter...
Numéro 85 (nl) - février 2011
Numéro 85 (nl) - février 2011
Op initiatief van de federale overheid heeft het Belgische stelsel van werkloosheidsverze-kering sinds 2004 belangrijke veranderingen ondergaan. Het principe van de toekenning van ...
Analysing computer-generated works in South African copyright law in the age of artificial intelligence
Analysing computer-generated works in South African copyright law in the age of artificial intelligence
Die afgelope paar jaar het ’n beduidende toename in toegang tot, en ontwikkeling in, generatiewe kunsmatige intelligensie-tegnologieë gesien. Om teks te genereer met behulp van sog...
Digitisation and consumer law in South Africa and Africa
Digitisation and consumer law in South Africa and Africa
Die digitale revolusie tydens die laaste drie dekades het ’n enorme impak gemaak op die wyse waarop verbruikers en verskaffers tans optree. Hierdie ontwikkeling skep nou nuwe uitda...

Back to Top