Javascript must be enabled to continue!
Die potensiaal van Afrikaanse betrokke poësie om 'n sensitiwiteit vir taalvariasie en -ideologie by voorgraadse studente te kweek
View through CrossRef
In hierdie artikel word ondersoek ingestel na die potensiaal van betrokke poësie om 'n sensitiwiteit vir taalideologie en -variasie by voorgraadse studente te kweek. Vir hierdie doel word data ondersoek wat verkry is uit die antwoorde van eerstejaars op 'n opdrag wat handel oor drie spesifieke gedigte wat as betrokke poësie aangebied word. Die volgende teoretiese uitgangspunte is vir hierdie artikel van belang: betrokke poësie (o.a. littérature engagée), selfgerigte leer en lees, en taalideologie. Die data wat ingesamel is, is met behulp van kritiese diskoersanalise geanaliseer deur 'n aantal taalideologiese kodes te identifiseer: essensialisme, taalpurisme, standaardtaalideologie, taalnasionalisme, hiërargie van tale of variëteite, moeder-taalideologie, chauvinisme en ontlaering. Die kode "ontlaering" is gebruik om aan te dui waar en in welke mate studente tog, na aanleiding van die opdrag oor betrokke poësie, krities bewus geraak het van hul eie taalideologieë. Ons gevolgtrekking is dat 'n opdrag waarin die aard en funksionering van betrokke poësie as't ware prakties vir die studente gedemonstreer word, wel tot 'n mate daarin slaag om hulle bewus te maak van taalideologie en die invloed daarvan op individue se idees oor taal. Ons dui egter aan dat die opdrag wel bepaalde tekortkominge het, en meen daarom dat verdere toeligting, spesifiek vanuit 'n taalkundeperspektief, die proses wat hierdie letterkundige opdrag begin het om sensitiwiteit rondom taal by studente aan te wakker, moet voortsit en akademies verstewig.
Title: Die potensiaal van Afrikaanse betrokke poësie om 'n sensitiwiteit vir taalvariasie en -ideologie by voorgraadse studente te kweek
Description:
In hierdie artikel word ondersoek ingestel na die potensiaal van betrokke poësie om 'n sensitiwiteit vir taalideologie en -variasie by voorgraadse studente te kweek.
Vir hierdie doel word data ondersoek wat verkry is uit die antwoorde van eerstejaars op 'n opdrag wat handel oor drie spesifieke gedigte wat as betrokke poësie aangebied word.
Die volgende teoretiese uitgangspunte is vir hierdie artikel van belang: betrokke poësie (o.
a.
littérature engagée), selfgerigte leer en lees, en taalideologie.
Die data wat ingesamel is, is met behulp van kritiese diskoersanalise geanaliseer deur 'n aantal taalideologiese kodes te identifiseer: essensialisme, taalpurisme, standaardtaalideologie, taalnasionalisme, hiërargie van tale of variëteite, moeder-taalideologie, chauvinisme en ontlaering.
Die kode "ontlaering" is gebruik om aan te dui waar en in welke mate studente tog, na aanleiding van die opdrag oor betrokke poësie, krities bewus geraak het van hul eie taalideologieë.
Ons gevolgtrekking is dat 'n opdrag waarin die aard en funksionering van betrokke poësie as't ware prakties vir die studente gedemonstreer word, wel tot 'n mate daarin slaag om hulle bewus te maak van taalideologie en die invloed daarvan op individue se idees oor taal.
Ons dui egter aan dat die opdrag wel bepaalde tekortkominge het, en meen daarom dat verdere toeligting, spesifiek vanuit 'n taalkundeperspektief, die proses wat hierdie letterkundige opdrag begin het om sensitiwiteit rondom taal by studente aan te wakker, moet voortsit en akademies verstewig.
Related Results
Regspraak: Dart misses the mark: no clarity on distinctiveness
Regspraak: Dart misses the mark: no clarity on distinctiveness
Onderskeibaarheid is ’n noodsaaklike vereiste vir die registrasie van ’n handelsmerk, maar daar is nie duidelikheid oor die standaard (of toets) vir onderskeibaarheid nie. In stede...
Lessons to be learned from Only Fools: the protection of fictional characters, parody and pastiche
Lessons to be learned from Only Fools: the protection of fictional characters, parody and pastiche
Die uitspraak in die Engelse saak Shazam Productions v Only Fools The Dining Experience (“Shazam-saak”) was in twee opsigte ’n grensverskuiwende kopiereg-uitspraak. Dit was die eer...
Digitisation and consumer law in South Africa and Africa
Digitisation and consumer law in South Africa and Africa
Die digitale revolusie tydens die laaste drie dekades het ’n enorme impak gemaak op die wyse waarop verbruikers en verskaffers tans optree. Hierdie ontwikkeling skep nou nuwe uitda...
E-Learning
E-Learning
E-Learning ist heute aus keinem pädagogischen Lehrraum mehr wegzudenken. In allen Bereichen von Schule über die berufliche bis zur universitären Ausbildung und besonders im Bereich...
Die rol van die US se Departement Afrikaans en Nederlands in die ontwikkeling van die Afrikaanse leksikografie: Die Nederlands-Afrikaans-stryd gedurende die aanvangsjare
Die rol van die US se Departement Afrikaans en Nederlands in die ontwikkeling van die Afrikaanse leksikografie: Die Nederlands-Afrikaans-stryd gedurende die aanvangsjare
Die studie stel ondersoek in na die rol van die Universiteit Stellenbosch se Departement Afrikaans en Nederlands in die ontwikkeling van die Afrikaanse leksikografie te midde van '...
Should South Africa adopt fair use? Cutting through the rhetoric
Should South Africa adopt fair use? Cutting through the rhetoric
Die wetgewer poog om met die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg ingrypende veranderinge in die Wet op Outeursreg aan te bring, waarby die instelling van billike gebruik (“fair use”...
'n Raamwerk vir vreemdetaalverwerwing in 'n laetegnologie-omgewing
'n Raamwerk vir vreemdetaalverwerwing in 'n laetegnologie-omgewing
Die Covid-19-pandemie het opvoeders gedwing om hul onderrigmodus byna oornag aan te pas vir 'n (gemengde leer) virtuele klaskamer. Nie net is almal gedwing om aanlyn klas te gee ni...
DIE (GCALEKA-)KONING IS DOOD, LANK LEEF DIE (GCALEKA-)KONING!
DIE (GCALEKA-)KONING IS DOOD, LANK LEEF DIE (GCALEKA-)KONING!
Koning Xolilizwe Sigcawu is op 31 Desember 2005 in 1 Militêre Hospitaal, Pretoria, aan lewerversaking dood. Koning Sigcawu, wie se koningshuis by die Groot Plek Nqadu naby Willowva...

