Search engine for discovering works of Art, research articles, and books related to Art and Culture
ShareThis
Javascript must be enabled to continue!

Onverpersoonlikingstrategieë in Afrikaans

View through CrossRef
Hierdie artikel ondersoek die verskillende strategieë wat Afrikaanse sprekers gebruik om aan te dui dat 'n konstruksie onpersoonlik is. Onpersoonlike konstruksies is konstruksies waar die (soms implisiete) subjek geparafraseer kan word as "mense in die algemeen", " 'n onbekende persoon" of "sommige mense". Hierdie onderwerp het al baie aandag in die taalkundeliteratuur gekry, maar die fokus was meestal op 'n beperkte aantal onverpersoonlikingstrategieë, soos die gebruik van persoonlike voornaamwoorde (bv. Jy leef net een keer), onbepaalde voornaamwoorde (byvoorbeeld Iemand het my beursie gesteel!) en passiewe konstruksies (byvoorbeeld My kar is gesteel). Volgens ons kan dié nou fokus in die literatuur toegeskryf word aan die feit dat die navorsingsmetodes (byvoorbeeld korpusstudies en vraelyste) wat tot op hede gebruik is om onverpersoonlikingstrategieë te ondersoek, navorsers slegs in staat stel om op deduktiewe wyse na die strategieë te kyk. Tot op hede is daar nog nie 'n studie uitgevoer om te bepaal i) watter verskillende moontlike onverpersoonlikingstrategieë deur Afrikaanse sprekers aangewend kan word nie, en ii) of daar bepaalde voorkeure vir sprekers bestaan oor watter strategieë om te gebruik in die verskillende en onderskeibare onpersoonlike kontekste. Hierdie ondersoek beantwoord hierdie twee vrae deur die resultate van 'n visuele vraelys - wat aan ongeveer 450 Afrikaanssprekende respondente gegee is om te beantwoord - te bestudeer.
Title: Onverpersoonlikingstrategieë in Afrikaans
Description:
Hierdie artikel ondersoek die verskillende strategieë wat Afrikaanse sprekers gebruik om aan te dui dat 'n konstruksie onpersoonlik is.
Onpersoonlike konstruksies is konstruksies waar die (soms implisiete) subjek geparafraseer kan word as "mense in die algemeen", " 'n onbekende persoon" of "sommige mense".
Hierdie onderwerp het al baie aandag in die taalkundeliteratuur gekry, maar die fokus was meestal op 'n beperkte aantal onverpersoonlikingstrategieë, soos die gebruik van persoonlike voornaamwoorde (bv.
Jy leef net een keer), onbepaalde voornaamwoorde (byvoorbeeld Iemand het my beursie gesteel!) en passiewe konstruksies (byvoorbeeld My kar is gesteel).
Volgens ons kan dié nou fokus in die literatuur toegeskryf word aan die feit dat die navorsingsmetodes (byvoorbeeld korpusstudies en vraelyste) wat tot op hede gebruik is om onverpersoonlikingstrategieë te ondersoek, navorsers slegs in staat stel om op deduktiewe wyse na die strategieë te kyk.
Tot op hede is daar nog nie 'n studie uitgevoer om te bepaal i) watter verskillende moontlike onverpersoonlikingstrategieë deur Afrikaanse sprekers aangewend kan word nie, en ii) of daar bepaalde voorkeure vir sprekers bestaan oor watter strategieë om te gebruik in die verskillende en onderskeibare onpersoonlike kontekste.
Hierdie ondersoek beantwoord hierdie twee vrae deur die resultate van 'n visuele vraelys - wat aan ongeveer 450 Afrikaanssprekende respondente gegee is om te beantwoord - te bestudeer.

Related Results

Oranjerivierafrikaans, ʼn Argeologiese Genealogie. Deel I. 1595-1916
Oranjerivierafrikaans, ʼn Argeologiese Genealogie. Deel I. 1595-1916
Abstract Dié eerste deel van ʼn vierdelige artikelreeks ondersoek die geskiedenis van die sosiolinguistiek relatief tot Oranjerivierafrikaans, een van die drie hoofdialekkontinuums ...
Mix En Meng It Op: Emile YX?'s Alternative Race and Language Politics in South African Hip-Hop
Mix En Meng It Op: Emile YX?'s Alternative Race and Language Politics in South African Hip-Hop
This paper explores South African hip-hop activist Emile YX?'s work to suggest that he presents an alternative take on mainstream US and South African hip-hop. While it is arguable...
Kriteria om gedigte vir graad 12-Afrikaans Huistaal te keur en voor te skryf
Kriteria om gedigte vir graad 12-Afrikaans Huistaal te keur en voor te skryf
Poësie-onderrig is belangrik vir taalaanleer, asook vir die ontwikkeling van leerders se emosionele intelligensie, verbeelding en verdraagsaamheid jeens diversiteit. Wanneer gedigt...
’n Feministiese ondersoek na Bettina Wyngaard se misdaadfiksie
’n Feministiese ondersoek na Bettina Wyngaard se misdaadfiksie
The recent discourse on black feminism in Afrikaans literature is strongly influenced by powerful and activist-oriented writers like Ronelda Kamfer, Lynthia Julius, and Veronique J...
Afrikaans Huistaal-onderwysers se selfgerigte voorbereiding van jeugverhale
Afrikaans Huistaal-onderwysers se selfgerigte voorbereiding van jeugverhale
Leerders wat literêre tekste lees, is taalvaardiger as die leerders wat dit nie lees nie (Pretorius 2002:170). Die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) ver...
'n ope brief aan Dorian Gray en 'n peiling van die Afrikaanse resensiebedryf
'n ope brief aan Dorian Gray en 'n peiling van die Afrikaanse resensiebedryf
The young Afrikaans poet, Ruan Fourie, published his debut volume of poetry, 'n ope brief aan Dorian Gray, in 2017. Fourie's debut received predominantly negative reviews from Afri...

Back to Top