Javascript must be enabled to continue!
Moedertaal in die kerk: Die Apostoliese Geloofsending van Suid-Afrika (AGS van SA) en Afrikaans as 'n illustrasie van die rol van moedertaal in die kerk
View through CrossRef
Die artikel word geskryf vanuit die perspektief van 'n Afrikaanssprekende Christen en gebruik die Apostoliese Geloof Sending van Suid-Afrika (AGS) as 'n gevallestudie van moedertaal wat apartheidstrukture (waarskynlik onbewustelik) perpetueer. Die AGS ontstaan in 1908 as 'n veelrassige, Engelstalige kerk onder leiding van twee Amerikaanse sendelinge, John G. Lake en Thomas Hezmalhalch, wat vanuit hulle betrokkenheid by die Azusastraatherlewing in Los Angeles (vanaf 1906) die boodskap na Afrika bring van die uitstorting van die Gees. Veral Lake is vasbeslote dat eredienste veelrassig bly en sy bediening word deur verskeie botsings hieroor met wit gelowiges gekenmerk, veral oor sy noue verhouding met Elias Letwaba, 'n prominente swart leier. Nog voor hulle vertrek na Amerika, wanneer Pieter L. le Roux as eerste Suid-Afrikaanse president verkies word, verval die kerk reeds in patrone van gemeentevestiging wat ooreenstem met die bestaande patrone wat die Suid-Afrikaanse samelewing gekenmerk het, en segregasie tussen rasse institusionaliseer. Leiding hierin het veral van Afrikaanssprekende wit leiers gekom. In 1996 verenig die voormalige vier afdelings van die AGS in al sy strukture maar steeds bestaan die meeste gemeentes volgens taal en geografiese area in segregasie, alhoewel meerdere vergaderings en konferensies in die kerk veelrassig is en in Engels plaasvind. Slegs enkele Engelstalige gemeentes asook wit Kaapse Afrikaanstalige gemeentes wat enkele van die gemengde-rasbevolking insluit, het veelrassig geword. Ná 'n historiese bespreking vra die artikel na die uitdagings wat taaldiversiteit inhou en die houdbaarheid daarvan om die diversiteit wat die kerk verteenwoordig in die plaaslike gemeente gestalte te laat kry. Verskeie voorstelle word gemaak wat wit Afrikaanssprekende AGS-lidmate se taalsentimente akkommodeer terwyl dit ook 'n bydrae lewer om die mense van Suid-Afrika as 'n reënboognasie te vestig.
Title: Moedertaal in die kerk: Die Apostoliese Geloofsending van Suid-Afrika (AGS van SA) en Afrikaans as 'n illustrasie van die rol van moedertaal in die kerk
Description:
Die artikel word geskryf vanuit die perspektief van 'n Afrikaanssprekende Christen en gebruik die Apostoliese Geloof Sending van Suid-Afrika (AGS) as 'n gevallestudie van moedertaal wat apartheidstrukture (waarskynlik onbewustelik) perpetueer.
Die AGS ontstaan in 1908 as 'n veelrassige, Engelstalige kerk onder leiding van twee Amerikaanse sendelinge, John G.
Lake en Thomas Hezmalhalch, wat vanuit hulle betrokkenheid by die Azusastraatherlewing in Los Angeles (vanaf 1906) die boodskap na Afrika bring van die uitstorting van die Gees.
Veral Lake is vasbeslote dat eredienste veelrassig bly en sy bediening word deur verskeie botsings hieroor met wit gelowiges gekenmerk, veral oor sy noue verhouding met Elias Letwaba, 'n prominente swart leier.
Nog voor hulle vertrek na Amerika, wanneer Pieter L.
le Roux as eerste Suid-Afrikaanse president verkies word, verval die kerk reeds in patrone van gemeentevestiging wat ooreenstem met die bestaande patrone wat die Suid-Afrikaanse samelewing gekenmerk het, en segregasie tussen rasse institusionaliseer.
Leiding hierin het veral van Afrikaanssprekende wit leiers gekom.
In 1996 verenig die voormalige vier afdelings van die AGS in al sy strukture maar steeds bestaan die meeste gemeentes volgens taal en geografiese area in segregasie, alhoewel meerdere vergaderings en konferensies in die kerk veelrassig is en in Engels plaasvind.
Slegs enkele Engelstalige gemeentes asook wit Kaapse Afrikaanstalige gemeentes wat enkele van die gemengde-rasbevolking insluit, het veelrassig geword.
Ná 'n historiese bespreking vra die artikel na die uitdagings wat taaldiversiteit inhou en die houdbaarheid daarvan om die diversiteit wat die kerk verteenwoordig in die plaaslike gemeente gestalte te laat kry.
Verskeie voorstelle word gemaak wat wit Afrikaanssprekende AGS-lidmate se taalsentimente akkommodeer terwyl dit ook 'n bydrae lewer om die mense van Suid-Afrika as 'n reënboognasie te vestig.
Related Results
Mix En Meng It Op: Emile YX?'s Alternative Race and Language Politics in South African Hip-Hop
Mix En Meng It Op: Emile YX?'s Alternative Race and Language Politics in South African Hip-Hop
This paper explores South African hip-hop activist Emile YX?'s work to suggest that he presents an alternative take on mainstream US and South African hip-hop. While it is arguable...
Frederik Van Zyl Slabbert: Soekende Profeet
Frederik Van Zyl Slabbert: Soekende Profeet
Frederik van Zyl Slabbert is al beskryf as die beste landsleier wat Suid-Afrika nooit gehad het nie.
As ’n uitstaande akademikus het hy in 1974 van beroep verander toe hy in dié j...
Digitisation and consumer law in South Africa and Africa
Digitisation and consumer law in South Africa and Africa
Die digitale revolusie tydens die laaste drie dekades het ’n enorme impak gemaak op die wyse waarop verbruikers en verskaffers tans optree. Hierdie ontwikkeling skep nou nuwe uitda...
Gender-performance in Alba Bouwer se vertaling van die etiketboek Sybille: Sjarmante vriendin Gender performance in Alba Bouwer 's Afrikaans translation of the etiquette book Sybille: Sjarmante vriendin (Sybille: Charming friend)
Gender-performance in Alba Bouwer se vertaling van die etiketboek Sybille: Sjarmante vriendin Gender performance in Alba Bouwer 's Afrikaans translation of the etiquette book Sybille: Sjarmante vriendin (Sybille: Charming friend)
OPSOMMING In hierdie artikel ondersoek ons Alba Bouwer se Afrikaanse vertaling van die Duitse etiketboek Charmante Freundin: Sybille (1959), waarin die outeur nie vermeld word nie...
Should South Africa adopt fair use? Cutting through the rhetoric
Should South Africa adopt fair use? Cutting through the rhetoric
Die wetgewer poog om met die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg ingrypende veranderinge in die Wet op Outeursreg aan te bring, waarby die instelling van billike gebruik (“fair use”...
Die rol van die US se Departement Afrikaans en Nederlands in die ontwikkeling van die Afrikaanse leksikografie: Die Nederlands-Afrikaans-stryd gedurende die aanvangsjare
Die rol van die US se Departement Afrikaans en Nederlands in die ontwikkeling van die Afrikaanse leksikografie: Die Nederlands-Afrikaans-stryd gedurende die aanvangsjare
Die studie stel ondersoek in na die rol van die Universiteit Stellenbosch se Departement Afrikaans en Nederlands in die ontwikkeling van die Afrikaanse leksikografie te midde van '...
The Sudden Unexpected Infant Death Case Registry: A Method to Improve Surveillance
The Sudden Unexpected Infant Death Case Registry: A Method to Improve Surveillance
This article describes a multistate population-based surveillance system for monitoring sudden unexpected infant deaths (SUIDs) known as the SUID Case Registry pilot program. The p...
Lessons to be learned from Only Fools: the protection of fictional characters, parody and pastiche
Lessons to be learned from Only Fools: the protection of fictional characters, parody and pastiche
Die uitspraak in die Engelse saak Shazam Productions v Only Fools The Dining Experience (“Shazam-saak”) was in twee opsigte ’n grensverskuiwende kopiereg-uitspraak. Dit was die eer...


