Search engine for discovering works of Art, research articles, and books related to Art and Culture
ShareThis
Javascript must be enabled to continue!

’n Gebruiksgebaseerde beskrywing van Afrikaanse prefiksoïede

View through CrossRef
Opsomming Affiksoïede is komponente in komplekse morfologiese konstruksies wat vormlik met bestaande, onafhanklike woorde ooreenstem, maar ’n spesifieke betekenis in bepaalde konstruksies het. In die meeste gevalle hou die betekenis van affiksoïede in affiksoïedkonstruksies nie met die woordeboekbetekenis van die onafhanklike woord verband nie. Voorbeelde van affiksoïede is die prefiksoïede hond÷ en kak÷ in hond÷warm en kak÷mooi onderskeidelik en die suffiksoïed ÷bedonnerd in bybel÷bedonnerd. In die eerste voorbeeld dra hond÷ slegs die betekenis van “baie” tot die konstruksie se betekenis (“baie warm”) by – dit hou geensins met die woordeboekbetekenis van hond as “vierpotige dier” verband nie. In prefiksoïedkonstruksies is die affiksoïed dus die eerste komponent, byvoorbeeld hond÷ en kak÷ in voormelde voorbeelde, terwyl dit by suffiksoïedkonstruksies die tweede komponent is, byvoorbeeld ÷bedonnerd in bybel÷bedonnerd. Prefiksoïede met ’n evaluerende betekenislading word gebruik om intensiverende betekenisse aan te dui, terwyl suffiksoïede se betekenismoontlikhede meer variasie toon en byvoorbeeld na ’n beheptheid met iets of na ’n persoon kan verwys. Literatuur oor prefiksoïede wys op die intensiveringsfunksie daarvan (Hoeksema 2012; Stratton 2020), terwyl studies oor suffiksoïede grootliks op persoonsvormende suffiksoïede soos ÷kop en ÷kous fokus (Ruppenhofer, Wiegand, Wilm en Markert 2018; Wante 2009). Bestaande studies oor affiksoïede is soms taalvergelykend en hoofsaaklik tot die gebruik daarvan in Nederlands, Sweeds en/of Duits beperk (Battefeld, Leuschner en Rawoens 2018; Booij 2010; Booij en Hüning 2014; Ruppenhofer e.a. 2018). In Trollip (2021, 2022) word die betekenismoontlikhede van Afrikaanse affiksoïedkonstruksies beskryf en aan die hand van korpusdata uit die versamelings van die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) en konstrukte in die kognitiewe grammatika verklaar. In hierdie artikel is die fokus uitsluitlik op die beskrywing van Afrikaanse prefiksoïede. Hierdie artikel is ’n verwerkte weergawe van die afdeling in Trollip (2022) waarin prefiksoïedkonstruksies in Afrikaans in die breër konteks van Afrikaanse morfologiese evalueringskonstruksies beskryf word. Trefwoorde: affiksoïed; Afrikaans; intensivering; morfologie; prefiksoïed
Title: ’n Gebruiksgebaseerde beskrywing van Afrikaanse prefiksoïede
Description:
Opsomming Affiksoïede is komponente in komplekse morfologiese konstruksies wat vormlik met bestaande, onafhanklike woorde ooreenstem, maar ’n spesifieke betekenis in bepaalde konstruksies het.
In die meeste gevalle hou die betekenis van affiksoïede in affiksoïedkonstruksies nie met die woordeboekbetekenis van die onafhanklike woord verband nie.
Voorbeelde van affiksoïede is die prefiksoïede hond÷ en kak÷ in hond÷warm en kak÷mooi onderskeidelik en die suffiksoïed ÷bedonnerd in bybel÷bedonnerd.
In die eerste voorbeeld dra hond÷ slegs die betekenis van “baie” tot die konstruksie se betekenis (“baie warm”) by – dit hou geensins met die woordeboekbetekenis van hond as “vierpotige dier” verband nie.
In prefiksoïedkonstruksies is die affiksoïed dus die eerste komponent, byvoorbeeld hond÷ en kak÷ in voormelde voorbeelde, terwyl dit by suffiksoïedkonstruksies die tweede komponent is, byvoorbeeld ÷bedonnerd in bybel÷bedonnerd.
Prefiksoïede met ’n evaluerende betekenislading word gebruik om intensiverende betekenisse aan te dui, terwyl suffiksoïede se betekenismoontlikhede meer variasie toon en byvoorbeeld na ’n beheptheid met iets of na ’n persoon kan verwys.
Literatuur oor prefiksoïede wys op die intensiveringsfunksie daarvan (Hoeksema 2012; Stratton 2020), terwyl studies oor suffiksoïede grootliks op persoonsvormende suffiksoïede soos ÷kop en ÷kous fokus (Ruppenhofer, Wiegand, Wilm en Markert 2018; Wante 2009).
Bestaande studies oor affiksoïede is soms taalvergelykend en hoofsaaklik tot die gebruik daarvan in Nederlands, Sweeds en/of Duits beperk (Battefeld, Leuschner en Rawoens 2018; Booij 2010; Booij en Hüning 2014; Ruppenhofer e.
a.
2018).
In Trollip (2021, 2022) word die betekenismoontlikhede van Afrikaanse affiksoïedkonstruksies beskryf en aan die hand van korpusdata uit die versamelings van die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) en konstrukte in die kognitiewe grammatika verklaar.
In hierdie artikel is die fokus uitsluitlik op die beskrywing van Afrikaanse prefiksoïede.
Hierdie artikel is ’n verwerkte weergawe van die afdeling in Trollip (2022) waarin prefiksoïedkonstruksies in Afrikaans in die breër konteks van Afrikaanse morfologiese evalueringskonstruksies beskryf word.
Trefwoorde: affiksoïed; Afrikaans; intensivering; morfologie; prefiksoïed.

Related Results

Numéro 85 (nl) - février 2011
Numéro 85 (nl) - février 2011
Op initiatief van de federale overheid heeft het Belgische stelsel van werkloosheidsverze-kering sinds 2004 belangrijke veranderingen ondergaan. Het principe van de toekenning van ...
Lessons to be learned from Only Fools: the protection of fictional characters, parody and pastiche
Lessons to be learned from Only Fools: the protection of fictional characters, parody and pastiche
Die uitspraak in die Engelse saak Shazam Productions v Only Fools The Dining Experience (“Shazam-saak”) was in twee opsigte ’n grensverskuiwende kopiereg-uitspraak. Dit was die eer...
Struikelblokke wat toesig deur opposisiepartye in die Suid-Afrikaanse parlement belemmer
Struikelblokke wat toesig deur opposisiepartye in die Suid-Afrikaanse parlement belemmer
Dit is duidelik uit die Suid-Afrikaanse geskiedenis van die afgelope 27 jaar dat die toesigrol in ons parlement tekortskiet. Oor die algemeen is die parlement veronderstel om toesi...
De Russische inspiratie van Joris Van Severen. Deel 2
De Russische inspiratie van Joris Van Severen. Deel 2
In de oorlogsdagboeken van Joris Van Severen valt zijn belangstelling op voor bepaalde aspecten van de Russische cultuur, die weinig met elkaar gemeen hebben, met name Dostojevski ...
Impact of the COVID-19 pandemic on surgical care in the Netherlands
Impact of the COVID-19 pandemic on surgical care in the Netherlands
Abstract Background The COVID-19 pandemic caused disruption of regular healthcare leading to reduced hospital attendances, repur...
Erfdeel: Koos du Plessis: Versamelde Werke
Erfdeel: Koos du Plessis: Versamelde Werke
Met bedrieglik eenvoudige lirieke en gevoelvolle melodieë het Koos du Plessis musiek in Afrikaans geskep wat tot gewone mense spreek, maar wat oor universele temas handel: verlies,...

Back to Top