Search engine for discovering works of Art, research articles, and books related to Art and Culture
ShareThis
Javascript must be enabled to continue!

Oopbronintelligensie (OSINT) vir veiligheidsdoeleindes: Die ontwikkeling van ’n dataontledingspyplyn om relevante WhatsAppboodskappe te ontleed

View through CrossRef
Oopbronintelligensie het in die laaste paar dekades die dominante intelligensiedissipline geword. Die inligtingsontploffi ng het egter daartoe gelei dat geoutomatiseerde metodes aangewend moet word om inligting uit groot hoeveelhede data, wat gereeld in ’n ongestruktureerde formaat bestaan en deurlopend gegeneer word, te onttrek. Boonop het nuwe inligtingskanale soos sosiale media ontstaan wat beteken dat nie slegs die hoofstroommedia gemonitor kan word om gebeurtenisse te identifi seer nie. Hierdie artikel bespreek hoe ’n dataversamelings en -ontledingspyplyn saamgestel kan word om inligting uit WhatsApp boodskappe, wat op groepe met hul eie sienings van veiligheidsbegrippe of probleme voorkom, en onder meer verwys na gewelddadige betogings, plaasaanvalle, grondgrype en ander misdaad in Suid-Afrika, te onttrek. Daar word bespreek hoe teks skoongemaak word en gebeurtenisse en plekname onttrek word en dan outomaties na ’n visuele en interaktiewe gebruikerskoppelvlak uitgevoer word om die voorkoms van hierdie gebeurtenisse in kleiner areas of sektore en later landswyd te kan monitor. Uitdagings en probleme word bespreek, sowel as verdere navorsingsgeleenthede, wat insluit om so ’n stelsel met veiligheidheidsreaksiemagte soos die Polisiediens se databasisse te integreer ten einde waardevolle reaksie vir die gemeenskap ten opsigte van veiligheid te weeg te bring.
Title: Oopbronintelligensie (OSINT) vir veiligheidsdoeleindes: Die ontwikkeling van ’n dataontledingspyplyn om relevante WhatsAppboodskappe te ontleed
Description:
Oopbronintelligensie het in die laaste paar dekades die dominante intelligensiedissipline geword.
Die inligtingsontploffi ng het egter daartoe gelei dat geoutomatiseerde metodes aangewend moet word om inligting uit groot hoeveelhede data, wat gereeld in ’n ongestruktureerde formaat bestaan en deurlopend gegeneer word, te onttrek.
Boonop het nuwe inligtingskanale soos sosiale media ontstaan wat beteken dat nie slegs die hoofstroommedia gemonitor kan word om gebeurtenisse te identifi seer nie.
Hierdie artikel bespreek hoe ’n dataversamelings en -ontledingspyplyn saamgestel kan word om inligting uit WhatsApp boodskappe, wat op groepe met hul eie sienings van veiligheidsbegrippe of probleme voorkom, en onder meer verwys na gewelddadige betogings, plaasaanvalle, grondgrype en ander misdaad in Suid-Afrika, te onttrek.
Daar word bespreek hoe teks skoongemaak word en gebeurtenisse en plekname onttrek word en dan outomaties na ’n visuele en interaktiewe gebruikerskoppelvlak uitgevoer word om die voorkoms van hierdie gebeurtenisse in kleiner areas of sektore en later landswyd te kan monitor.
Uitdagings en probleme word bespreek, sowel as verdere navorsingsgeleenthede, wat insluit om so ’n stelsel met veiligheidheidsreaksiemagte soos die Polisiediens se databasisse te integreer ten einde waardevolle reaksie vir die gemeenskap ten opsigte van veiligheid te weeg te bring.

Related Results

Digitisation and consumer law in South Africa and Africa
Digitisation and consumer law in South Africa and Africa
Die digitale revolusie tydens die laaste drie dekades het ’n enorme impak gemaak op die wyse waarop verbruikers en verskaffers tans optree. Hierdie ontwikkeling skep nou nuwe uitda...
E-Learning
E-Learning
E-Learning ist heute aus keinem pädagogischen Lehrraum mehr wegzudenken. In allen Bereichen von Schule über die berufliche bis zur universitären Ausbildung und besonders im Bereich...
Regspraak: Dart misses the mark: no clarity on distinctiveness
Regspraak: Dart misses the mark: no clarity on distinctiveness
Onderskeibaarheid is ’n noodsaaklike vereiste vir die registrasie van ’n handelsmerk, maar daar is nie duidelikheid oor die standaard (of toets) vir onderskeibaarheid nie. In stede...
Bruikbaarheid van ChatGPT-4V(Vision) om lugfoto’s te ontleed, dryfvere wat aanneem kan bevorder en implikasies vir Geografie-klaskamers
Bruikbaarheid van ChatGPT-4V(Vision) om lugfoto’s te ontleed, dryfvere wat aanneem kan bevorder en implikasies vir Geografie-klaskamers
ChatGPT-4V kan lugfoto’s redelik suksesvol ontleed, tog is die implikasies daarvan vir Geografie-klaskamers nog nie ondersoek nie. Die doel van hierdie verkennende gevallestudie wa...
Lessons to be learned from Only Fools: the protection of fictional characters, parody and pastiche
Lessons to be learned from Only Fools: the protection of fictional characters, parody and pastiche
Die uitspraak in die Engelse saak Shazam Productions v Only Fools The Dining Experience (“Shazam-saak”) was in twee opsigte ’n grensverskuiwende kopiereg-uitspraak. Dit was die eer...
DIE (GCALEKA-)KONING IS DOOD, LANK LEEF DIE (GCALEKA-)KONING!
DIE (GCALEKA-)KONING IS DOOD, LANK LEEF DIE (GCALEKA-)KONING!
Koning Xolilizwe Sigcawu is op 31 Desember 2005 in 1 Militêre Hospitaal, Pretoria, aan lewerversaking dood. Koning Sigcawu, wie se koningshuis by die Groot Plek Nqadu naby Willowva...
Should South Africa adopt fair use? Cutting through the rhetoric
Should South Africa adopt fair use? Cutting through the rhetoric
Die wetgewer poog om met die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg ingrypende veranderinge in die Wet op Outeursreg aan te bring, waarby die instelling van billike gebruik (“fair use”...
Numéro 85 (nl) - février 2011
Numéro 85 (nl) - février 2011
Op initiatief van de federale overheid heeft het Belgische stelsel van werkloosheidsverze-kering sinds 2004 belangrijke veranderingen ondergaan. Het principe van de toekenning van ...

Back to Top