Search engine for discovering works of Art, research articles, and books related to Art and Culture
ShareThis
Javascript must be enabled to continue!

Afrikaans Huistaal-onderwysers se selfgerigte voorbereiding van jeugverhale

View through CrossRef
Leerders wat literêre tekste lees, is taalvaardiger as die leerders wat dit nie lees nie (Pretorius 2002:170). Die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) verwag in samehang met hierdie stelling dat die literêre, estetiese en verbeeldingryke dimensies van Afrikaans Huistaal-leerders bevorder moet word (DBO 2011a:8; DBO 2011b:8). Hierdie verwagting beklemtoon die belang van betekenisvolle en deeglike voorbereiding en fasilitering van literêre tekste, aangesien dit tot leerders se leesmotivering kan bydra, want ondanks die waarde wat lees vir leerders inhou (soos onder andere akademiese prestasie), lees leerders steeds minder (Salzwedel 2017). Die selfgerigte voorbereidingsproses van die onderwyser speel ’n belangrike rol daarin om leerders by jeugverhale te betrek. Hierdie proses behels die ontwikkeling en versterking van onderwysers se selfgerigte vaardighede om jeugverhale te ontleed, te vertolk, te evalueer en te onderrig en sodoende minder op kommersiële hulpbronne (soos skyfiereekse op Facebook en YouTube, vraag-en-antwoord-gidse asook handleidings wat deur onderwysers saamgestel en te koop aangebied word) staat te maak. Volgens Petersen (2018:1123) word daar in die opvoedkundige sfeer selfgerigtheid van onderwysers vereis, soos hoër kognitiewe vaardighede (probleemoplossing, kritiese en kreatiewe denke) asook die neem van eienaarskap van hulle eie leer na analogie van Knowles (1975). Daarom is dit van belang dat taalonderwysers hul kennis rakende die waarde van letterkunde, letterkundeonderrigbenaderings en literêre teorieë uitbrei. Hierdie uitgebreide kennis moet in die klas toegepas kan word wanneer ’n literêre voorgeskrewe teks aangebied word sodat daar op méér as net die vrae en antwoorde in meegaande onderwysersgidse gefokus word. In hierdie oorsigartikel word verskillende data-insamelingsmetodes betrek, naamlik ’n uitgebreide literatuurondersoek, en dokumentontledings van die KABV’s vir Afrikaans Huistaal, Senior (DBO 2011a) en Verdere Onderwys- en Opleidingsfase (VOO-fase) (DBO 2011b). Die doelstelling van hierdie artikel is om uitvoerbare en praktiese aanbevelings aan Afrikaans Huistaal-onderwysers te verskaf wat hulle kan bemagtig om jeugverhale selfgerig voor te berei. Die aanbevelings kan ook tydens die opleiding van voorgraadse onderwysstudente gebruik word en onderwysindiensopleiers en kurrikulumbeplanners kan daarvan kennis neem. Hierdie aanbevelings sluit onder andere die volgende in: hoe die selfgerigtheid van onderwysers ten opsigte van die lees, ontleding, vertolking en evaluering van en besinning oor voorgeskrewe jeugtekste ontwikkel kan word; hoe onderwysers die leesmotivering van leerders in die taalklaskamer kan verhoog; asook hoe onderwysers gepaste konstruktivistiese letterkundeonderrigbenaderings en literêre teorieë in die voorbereidingsfase kan identifiseer om uiteindelik in die onderrig-en-leer-proses toe te pas. Trefwoorde: Afrikaans Huistaal; geïntegreerde taal- en letterkundeonderrig; jeuglesers; jeugverhale; konstruktivisme; leesmotivering; literatuurteorieë; onderrigbenaderings; selfgerigtheid
Title: Afrikaans Huistaal-onderwysers se selfgerigte voorbereiding van jeugverhale
Description:
Leerders wat literêre tekste lees, is taalvaardiger as die leerders wat dit nie lees nie (Pretorius 2002:170).
Die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) verwag in samehang met hierdie stelling dat die literêre, estetiese en verbeeldingryke dimensies van Afrikaans Huistaal-leerders bevorder moet word (DBO 2011a:8; DBO 2011b:8).
Hierdie verwagting beklemtoon die belang van betekenisvolle en deeglike voorbereiding en fasilitering van literêre tekste, aangesien dit tot leerders se leesmotivering kan bydra, want ondanks die waarde wat lees vir leerders inhou (soos onder andere akademiese prestasie), lees leerders steeds minder (Salzwedel 2017).
Die selfgerigte voorbereidingsproses van die onderwyser speel ’n belangrike rol daarin om leerders by jeugverhale te betrek.
Hierdie proses behels die ontwikkeling en versterking van onderwysers se selfgerigte vaardighede om jeugverhale te ontleed, te vertolk, te evalueer en te onderrig en sodoende minder op kommersiële hulpbronne (soos skyfiereekse op Facebook en YouTube, vraag-en-antwoord-gidse asook handleidings wat deur onderwysers saamgestel en te koop aangebied word) staat te maak.
Volgens Petersen (2018:1123) word daar in die opvoedkundige sfeer selfgerigtheid van onderwysers vereis, soos hoër kognitiewe vaardighede (probleemoplossing, kritiese en kreatiewe denke) asook die neem van eienaarskap van hulle eie leer na analogie van Knowles (1975).
Daarom is dit van belang dat taalonderwysers hul kennis rakende die waarde van letterkunde, letterkundeonderrigbenaderings en literêre teorieë uitbrei.
Hierdie uitgebreide kennis moet in die klas toegepas kan word wanneer ’n literêre voorgeskrewe teks aangebied word sodat daar op méér as net die vrae en antwoorde in meegaande onderwysersgidse gefokus word.
In hierdie oorsigartikel word verskillende data-insamelingsmetodes betrek, naamlik ’n uitgebreide literatuurondersoek, en dokumentontledings van die KABV’s vir Afrikaans Huistaal, Senior (DBO 2011a) en Verdere Onderwys- en Opleidingsfase (VOO-fase) (DBO 2011b).
Die doelstelling van hierdie artikel is om uitvoerbare en praktiese aanbevelings aan Afrikaans Huistaal-onderwysers te verskaf wat hulle kan bemagtig om jeugverhale selfgerig voor te berei.
Die aanbevelings kan ook tydens die opleiding van voorgraadse onderwysstudente gebruik word en onderwysindiensopleiers en kurrikulumbeplanners kan daarvan kennis neem.
Hierdie aanbevelings sluit onder andere die volgende in: hoe die selfgerigtheid van onderwysers ten opsigte van die lees, ontleding, vertolking en evaluering van en besinning oor voorgeskrewe jeugtekste ontwikkel kan word; hoe onderwysers die leesmotivering van leerders in die taalklaskamer kan verhoog; asook hoe onderwysers gepaste konstruktivistiese letterkundeonderrigbenaderings en literêre teorieë in die voorbereidingsfase kan identifiseer om uiteindelik in die onderrig-en-leer-proses toe te pas.
Trefwoorde: Afrikaans Huistaal; geïntegreerde taal- en letterkundeonderrig; jeuglesers; jeugverhale; konstruktivisme; leesmotivering; literatuurteorieë; onderrigbenaderings; selfgerigtheid.

Related Results

Kriteria om gedigte vir graad 12-Afrikaans Huistaal te keur en voor te skryf
Kriteria om gedigte vir graad 12-Afrikaans Huistaal te keur en voor te skryf
Poësie-onderrig is belangrik vir taalaanleer, asook vir die ontwikkeling van leerders se emosionele intelligensie, verbeelding en verdraagsaamheid jeens diversiteit. Wanneer gedigt...
Mix En Meng It Op: Emile YX?'s Alternative Race and Language Politics in South African Hip-Hop
Mix En Meng It Op: Emile YX?'s Alternative Race and Language Politics in South African Hip-Hop
This paper explores South African hip-hop activist Emile YX?'s work to suggest that he presents an alternative take on mainstream US and South African hip-hop. While it is arguable...
Numéro 85 (nl) - février 2011
Numéro 85 (nl) - février 2011
Op initiatief van de federale overheid heeft het Belgische stelsel van werkloosheidsverze-kering sinds 2004 belangrijke veranderingen ondergaan. Het principe van de toekenning van ...
Teachers' perceptions of education support structures in the implementation of inclusive education in South Africa
Teachers' perceptions of education support structures in the implementation of inclusive education in South Africa
Inclusive education forms the ethos of the education system in South Africa and resonates with the Constitution of the country, which recognises diversity and resists exclusivity. ...
<title>Karakteristiek Duurzaam Erfgoed in Gelderland<subtitle>KaDEr-stellingen
<title>Karakteristiek Duurzaam Erfgoed in Gelderland<subtitle>KaDEr-stellingen
Deze publicatie is een weerslag van de uitkomsten van het KaDEr-project (Karakteristiek Duurzaam Erfgoed) dat de TU Delft in opdracht van en in samenwerking met de Provincie Gelder...
De Russische inspiratie van Joris Van Severen. Deel 2
De Russische inspiratie van Joris Van Severen. Deel 2
In de oorlogsdagboeken van Joris Van Severen valt zijn belangstelling op voor bepaalde aspecten van de Russische cultuur, die weinig met elkaar gemeen hebben, met name Dostojevski ...

Back to Top