Javascript must be enabled to continue!
Kan Althusius die politokrate red?
View through CrossRef
In 'n bydrae tot die debat oor die grondslae van politokratiese kommunitarisme, het Danie Goosen in die Desember 2016-uitgawe van hierdie tydskrif beweer dat die idee van die Griekse polis voortlewe deur Johannes Althusius se moderne federale politieke teorie van die sewentiende eeu. In hierdie artikel word die houdbaarheid van Goosen se standpunt in die lig van Althusius se onderskrywing en toepassing van die Ramistiese logika en dialektiese metodologie ondersoek. Ramus se logika was nie gewortel in die Aristoteliese sillogisme nie, maar in definisies en Stellings behorende tot die betrokke empiriese wetenskapsterreine. Althusius het 'n duidelik onderskeibare Reformatoriese inslag aan die Ramistiese metodologie verleen. Dié metodologie sou as 'n beperkte vorm van transendentaal-empiriese metodologie beskryf kon word. In hierdie artikel word geargumenteer dat die filosofiese wortels van politokratiese kommunitarisme in direkte teenstelling staan tot Althusius se politieke teorie. Die implikasie is dat die politokratiese onderskrywing en akkommodering van Althusius se politieke standpunte vereis dat die Aristotelies-universalistiese statisme en die onderliggende idee van diensbaarheid aan die belange (en behoeftes) van die organismiese staat vaarwel toegeroep sal word. Althusius se insig in die onderskeid tussen die strukture van die burgerlike samelewing en die staat as publiekregtelike instelling, noodsaak die verwerping van die kernidees van politokratiese kommunitarisme tot die mate dat laasgenoemde 'n vergestalting van abstrakte gemeenskapslewe is, dit 'n totalitêre (en absolutistiese) vorm van politieke gemeenskap omhels, dit fundamentele burgerregte verwerp en 'n innerlik teenstrydige en ongedifferensieerde vorm van politieke assosiasie weerspieël.
Title: Kan Althusius die politokrate red?
Description:
In 'n bydrae tot die debat oor die grondslae van politokratiese kommunitarisme, het Danie Goosen in die Desember 2016-uitgawe van hierdie tydskrif beweer dat die idee van die Griekse polis voortlewe deur Johannes Althusius se moderne federale politieke teorie van die sewentiende eeu.
In hierdie artikel word die houdbaarheid van Goosen se standpunt in die lig van Althusius se onderskrywing en toepassing van die Ramistiese logika en dialektiese metodologie ondersoek.
Ramus se logika was nie gewortel in die Aristoteliese sillogisme nie, maar in definisies en Stellings behorende tot die betrokke empiriese wetenskapsterreine.
Althusius het 'n duidelik onderskeibare Reformatoriese inslag aan die Ramistiese metodologie verleen.
Dié metodologie sou as 'n beperkte vorm van transendentaal-empiriese metodologie beskryf kon word.
In hierdie artikel word geargumenteer dat die filosofiese wortels van politokratiese kommunitarisme in direkte teenstelling staan tot Althusius se politieke teorie.
Die implikasie is dat die politokratiese onderskrywing en akkommodering van Althusius se politieke standpunte vereis dat die Aristotelies-universalistiese statisme en die onderliggende idee van diensbaarheid aan die belange (en behoeftes) van die organismiese staat vaarwel toegeroep sal word.
Althusius se insig in die onderskeid tussen die strukture van die burgerlike samelewing en die staat as publiekregtelike instelling, noodsaak die verwerping van die kernidees van politokratiese kommunitarisme tot die mate dat laasgenoemde 'n vergestalting van abstrakte gemeenskapslewe is, dit 'n totalitêre (en absolutistiese) vorm van politieke gemeenskap omhels, dit fundamentele burgerregte verwerp en 'n innerlik teenstrydige en ongedifferensieerde vorm van politieke assosiasie weerspieël.
Related Results
E-Learning
E-Learning
E-Learning ist heute aus keinem pädagogischen Lehrraum mehr wegzudenken. In allen Bereichen von Schule über die berufliche bis zur universitären Ausbildung und besonders im Bereich...
Photolabile Schutzgruppen und ihre Anwendung zur wellenlängenselektiven Aktivierung und Deaktivierung eines Antibiotikums
Photolabile Schutzgruppen und ihre Anwendung zur wellenlängenselektiven Aktivierung und Deaktivierung eines Antibiotikums
Die Verwendung von photolabilen Schutzgruppen zur nicht-invasiven Kontrolle von Systemen birgt ein großes Potential für verschiedenste Anwendungsgebiete, die von der Erforschung un...
DIE (GCALEKA-)KONING IS DOOD, LANK LEEF DIE (GCALEKA-)KONING!
DIE (GCALEKA-)KONING IS DOOD, LANK LEEF DIE (GCALEKA-)KONING!
Koning Xolilizwe Sigcawu is op 31 Desember 2005 in 1 Militêre Hospitaal, Pretoria, aan lewerversaking dood. Koning Sigcawu, wie se koningshuis by die Groot Plek Nqadu naby Willowva...
"KAN KARDEŞİ"NDEKİ "KAN" SÖZCÜĞÜNÜN KÜLTÜREL BOYUTU VE KÖKENİ ÜZERİNE BİR DEĞERLENDİRME
"KAN KARDEŞİ"NDEKİ "KAN" SÖZCÜĞÜNÜN KÜLTÜREL BOYUTU VE KÖKENİ ÜZERİNE BİR DEĞERLENDİRME
Takip edebildiğimiz eski dönemlerden başlamak üzere, Türk kültüründe, “mutlak sadakat” ve “değişmez güven” ifadesi olarak pek çok tören ve bu törenler temelinde geliştirilmiş pek ç...
Nachgefragt: Maryanne Redpath, Leiterin Sektion Generation der Berlinale
Nachgefragt: Maryanne Redpath, Leiterin Sektion Generation der Berlinale
Abschied von der Berlinale – mit einem 20-jährigen Jubiläum als Leiterin der Sektion Generation beendet Maryanne Redpath ihre Arbeit beim internationalen Filmfestival. Schon 1993 w...
GEEN SEKS, GEEN SKADEVERGOEDING
GEEN SEKS, GEEN SKADEVERGOEDING
Daar kan nie langer ernstiger gevolge aan verlowingsverbreking geheg word as aan huweliksbeëindiging nie. Dit is die gevolgtrekking wat adjunkpresident Harms gemaak het in die saak...
Niemiecka socjaldemokratka Anke Martiny o potrzebie feminizacji polityki
Niemiecka socjaldemokratka Anke Martiny o potrzebie feminizacji polityki
DIE DEUTSCHE SOZIALDEMOKRATIN ANKE MARTINY ÜBER DIE NOTWENDIGE FEMINISIERUNG DER POLITIKDie Politikerin der SPD Anke Martiny 1939–2016 war eine außergewöhnliche Gestalt der deutsch...
Lebensraum Internet: Jugendliche im Netz - Zehn Jahre Medienaneignung im Wandel
Lebensraum Internet: Jugendliche im Netz - Zehn Jahre Medienaneignung im Wandel
2003 Skype | 2004 Facebook | 2005 YouTube, StudiVZ | 2006 Twitter, MyVideo | 2007 iPhone, SchülerVZ, Dropbox | 2008 Android Betriebssystem | 2009 WhatsApp | 2010 iPad | 2011 Social...

