Search engine for discovering works of Art, research articles, and books related to Art and Culture
ShareThis
Javascript must be enabled to continue!

Hans Blumenberg se filosofiese antropologie

View through CrossRef
Opsomming Hans Blumenberg filosofeer dat dit nie net aanvaar kan word dat die mens ’n denkende wese geword het as gevolg van natuurlike evolusie nie. Dít sou daarop neerkom dat denke ’n “inherente” aanleg by die mens is, terwyl alles wat ontstaan, om ’n rede ontstaan, voer hy aan. Blumenberg postuleer ’n filosofiese antropologie, waarin die menslike selfbewussyn die produk van ’n katastrofiese gebeurtenis was toe die mens uit die beskutting van sy natuurlike habitat weggedwaal het. Sy natuurlike instinkte was toe nie meer doeltreffend vir oorlewing nie. Gevolglik het hy hom aan ’n vorm van wensdenkery oorgegee om psigies te oorleef. Daardie been van die filosofie wat die vroeë mens se ontstaansgeskiedenis as ’n verstandelike en geestelike wese uitbeeld, word die filosofiese antropologie genoem. Die doel van die wensdenkery was om geborgenheid in die onsekerheid te bekom en Blumenberg noem die eerste vorme van denke mitiese denke. Namate die geborgenheidsbehoeftes bevredig is, het redelike denke in die prentjie gekom. Die denke van die rede bly egter omsluit deur die verbeelding, net soos mitemakende denke. Albei vorme sê meer oor die menslike bewussyn as oor die objektiewe werklikheid. Hierdie gelykstelling toon Blumenberg as fenomenoloog. Die artikel bespreek voorts voorbeelde uit die kunste as fenomenologiese produkte. Deur Blumenberg in spanning met ander denkers, kritici en strominge te plaas, voer ek aan dat sy filosofiese antropologie ’n oortuigende model bied vir die verstaan van waarom die mens ’n denkende wese geword het. Ek toon aan hoe sy antropologie die ontstaan van moraliteit as ’n selfbeskermende evolusionêre funksie motiveer. In ’n enigmatiese siening voer Blumenberg aan dat die kwesbare mens die druk van natuurlike evolusie teengaan met die skep van ’n tweede natuur, ’n ekologie van die gees, wat sy eie evolusiereëls het. Kritici wat sy antropologiese model van behoudende stramheid beskuldig en meen dat dit morele beweegbaarheid en sosiale bevryding kniehalter, word krities bespreek. Hierdie artikel is die eerste van ’n tweeluik. Die opvolgartikel sal handel oor Blumenberg se model vir die evolusie van denke.
Title: Hans Blumenberg se filosofiese antropologie
Description:
Opsomming Hans Blumenberg filosofeer dat dit nie net aanvaar kan word dat die mens ’n denkende wese geword het as gevolg van natuurlike evolusie nie.
Dít sou daarop neerkom dat denke ’n “inherente” aanleg by die mens is, terwyl alles wat ontstaan, om ’n rede ontstaan, voer hy aan.
Blumenberg postuleer ’n filosofiese antropologie, waarin die menslike selfbewussyn die produk van ’n katastrofiese gebeurtenis was toe die mens uit die beskutting van sy natuurlike habitat weggedwaal het.
Sy natuurlike instinkte was toe nie meer doeltreffend vir oorlewing nie.
Gevolglik het hy hom aan ’n vorm van wensdenkery oorgegee om psigies te oorleef.
Daardie been van die filosofie wat die vroeë mens se ontstaansgeskiedenis as ’n verstandelike en geestelike wese uitbeeld, word die filosofiese antropologie genoem.
Die doel van die wensdenkery was om geborgenheid in die onsekerheid te bekom en Blumenberg noem die eerste vorme van denke mitiese denke.
Namate die geborgenheidsbehoeftes bevredig is, het redelike denke in die prentjie gekom.
Die denke van die rede bly egter omsluit deur die verbeelding, net soos mitemakende denke.
Albei vorme sê meer oor die menslike bewussyn as oor die objektiewe werklikheid.
Hierdie gelykstelling toon Blumenberg as fenomenoloog.
Die artikel bespreek voorts voorbeelde uit die kunste as fenomenologiese produkte.
Deur Blumenberg in spanning met ander denkers, kritici en strominge te plaas, voer ek aan dat sy filosofiese antropologie ’n oortuigende model bied vir die verstaan van waarom die mens ’n denkende wese geword het.
Ek toon aan hoe sy antropologie die ontstaan van moraliteit as ’n selfbeskermende evolusionêre funksie motiveer.
In ’n enigmatiese siening voer Blumenberg aan dat die kwesbare mens die druk van natuurlike evolusie teengaan met die skep van ’n tweede natuur, ’n ekologie van die gees, wat sy eie evolusiereëls het.
Kritici wat sy antropologiese model van behoudende stramheid beskuldig en meen dat dit morele beweegbaarheid en sosiale bevryding kniehalter, word krities bespreek.
Hierdie artikel is die eerste van ’n tweeluik.
Die opvolgartikel sal handel oor Blumenberg se model vir die evolusie van denke.

Related Results

Latenzzeit Mittelalter: Kurt Flasch und der junge Hans Blumenberg
Latenzzeit Mittelalter: Kurt Flasch und der junge Hans Blumenberg
Kaum ein Philosoph ist aufschlußreicher für die Nachkriegsphilosophie im Deutschland der fünfziger und sechziger Jahre als Hans Blumenberg. Zwanzig Jahre nach dem Tod dieses wenig ...
Medicínská antropologie jako součást antropologického diskurzu
Medicínská antropologie jako součást antropologického diskurzu
Předmětem studie je teoretická analýza medicínské antropologie jako svébytné subdisciplíny a tematické oblasti antropologických výzkumů. Cílem studie je zmapovat nosné trendy v med...
Intermittent Legitimacy: Hans Blumenberg and Artificial Intelligence
Intermittent Legitimacy: Hans Blumenberg and Artificial Intelligence
Hans Blumenberg’s only known treatment of the topic of artificial intelligence comes in the form of a fragmentary meditation on the first chatbot, Joseph Weizenbaum’s ELIZA. Blumen...
Hans Blumenberg: An Introduction
Hans Blumenberg: An Introduction
This introductory chapter provides a background of philosopher Hans Blumenberg. In the quarter-century since his death, Blumenberg has become a modern classic in his native Germany...
Hans Blumenberg and Leonardo
Hans Blumenberg and Leonardo
Hans Blumenberg’s, frequently oblique, reflections on art rank among the most erudite in twentieth-century theories of art. The following investigations focus especially on his vie...
Light as a Metaphor for Truth
Light as a Metaphor for Truth
This chapter assesses Hans Blumenberg's essay, “Light as a Metaphor for Truth” (1957). With this essay, Blumenberg formulated the seed of the project for which he is, at least in G...
Naufrágio Marítimo | Naufrágio Espacial
Naufrágio Marítimo | Naufrágio Espacial
Este ensaio é um resultado dos exercícios feitos ao longo da disciplina “Pensamento em Arte Atual”, parte do curso de doutoramento em Artes Plásticas da Faculdade de Belas Artes da...

Back to Top