Search engine for discovering works of Art, research articles, and books related to Art and Culture
ShareThis
Javascript must be enabled to continue!

Benadeel konvensionele grondbewerkingspraktyke die biodiversiteit in wingerdgronde?

View through CrossRef
Die invloed van konvensionele en organiese grondbewerkingspraktyke op die getalle, diversiteit en aktiwiteit van grondlewende mesofauna in wingerdgrond is in hierdie kwantatiewe veldstudie gedurende verskeie seisoene ondersoek. Grondmonsters is oor verskeie seisoene in organies en konvensioneel-bewerkte persele sowel as in ’n kontroleperseel geneem. Organismes is ge-ekstraheer om die mesofauna (meestal Collembola en Acari) te tel en te identifiseer. Die voedingsaktiwiteit van die mesofauna in die grond is ook met die aaslamina metode bepaal en strooiselsakkies is begrawe om organiese afbraak deur organismes oor tyd te meet. Geen statistiesbeduidende verskille in getalledigtheid, diversiteit en aktiwiteit van die mesofauna is tussen die organies- en die konvensioneel-bewerkte grond gevind nie. Ons gestelde hipotese kon nie aanvaar word dat die konvensionele praktyk, soos hier be-oefen, nadeliger was as die organiese bewerking nie. Die aktiwiteit van die mesofauna was beduidend hoër in die twee bewerkte persele as in die onbewerkte, natuurlike kontroleperseel. Die afleiding is dat die toestande wat in die twee bewerkte persele geskep is, gunstig was vir die mesofauna.
Title: Benadeel konvensionele grondbewerkingspraktyke die biodiversiteit in wingerdgronde?
Description:
Die invloed van konvensionele en organiese grondbewerkingspraktyke op die getalle, diversiteit en aktiwiteit van grondlewende mesofauna in wingerdgrond is in hierdie kwantatiewe veldstudie gedurende verskeie seisoene ondersoek.
Grondmonsters is oor verskeie seisoene in organies en konvensioneel-bewerkte persele sowel as in ’n kontroleperseel geneem.
Organismes is ge-ekstraheer om die mesofauna (meestal Collembola en Acari) te tel en te identifiseer.
Die voedingsaktiwiteit van die mesofauna in die grond is ook met die aaslamina metode bepaal en strooiselsakkies is begrawe om organiese afbraak deur organismes oor tyd te meet.
Geen statistiesbeduidende verskille in getalledigtheid, diversiteit en aktiwiteit van die mesofauna is tussen die organies- en die konvensioneel-bewerkte grond gevind nie.
Ons gestelde hipotese kon nie aanvaar word dat die konvensionele praktyk, soos hier be-oefen, nadeliger was as die organiese bewerking nie.
Die aktiwiteit van die mesofauna was beduidend hoër in die twee bewerkte persele as in die onbewerkte, natuurlike kontroleperseel.
Die afleiding is dat die toestande wat in die twee bewerkte persele geskep is, gunstig was vir die mesofauna.

Related Results

Pedersstræde i Viborg. Købstadarkæologiske undersøgelser 1966/67
Pedersstræde i Viborg. Købstadarkæologiske undersøgelser 1966/67
Pedersstræde in Viborg Archäologische Untersuchungen der Stadt ViborgSchon seit dem 17. Jahrhundert hat man die historisch-topographische Entwicklung der Stadt Viborg zum Gegenstan...
E-Learning
E-Learning
E-Learning ist heute aus keinem pädagogischen Lehrraum mehr wegzudenken. In allen Bereichen von Schule über die berufliche bis zur universitären Ausbildung und besonders im Bereich...
Der Diskurs um Medien und Werte ist weiter zu fassen
Der Diskurs um Medien und Werte ist weiter zu fassen
Die Debatte um Werte und Medien begleitet die Gesellschaft und speziell die Pädagogik seit dem Aufkommen der sogenannten Massenmedien. Im Mittelpunkt stand und steht noch immer die...
Metabolismusstudien an Mykotoxinen
Metabolismusstudien an Mykotoxinen
ZusammenfassungMykotoxine sind toxische Sekundärmetaboliten verschiedener Schimmelpilze. Aufgrund der weiten Verbreitung der Pilze kommen Mykotoxine ubiquitär in Lebens‐ und Futter...
Interaktion von Shiga Toxin mit primären humanen intestinalen und renalen Epithelzellen
Interaktion von Shiga Toxin mit primären humanen intestinalen und renalen Epithelzellen
ZusammenfassungInfektionen durch enterohämorrhagische Escherichia coli (EHEC)‐Bakterien können beim Menschen wässrige und blutige Durchfälle verursachen und im schlimmsten Fall das...
Internationales Baurecht
Internationales Baurecht
Das Völkerrecht ist die Gesamtheit rechtlich verbindlicher Normen, die die Beziehungen zwischen den Subjekten der internationalen Rechtsordnung regeln und insgesamt eine eigenständ...
Struikelblokke wat toesig deur opposisiepartye in die Suid-Afrikaanse parlement belemmer
Struikelblokke wat toesig deur opposisiepartye in die Suid-Afrikaanse parlement belemmer
Dit is duidelik uit die Suid-Afrikaanse geskiedenis van die afgelope 27 jaar dat die toesigrol in ons parlement tekortskiet. Oor die algemeen is die parlement veronderstel om toesi...
Neues Fernsehen?! – Neues Fernsehverhalten!? Aktuelle Wandlungsprozesse des Fernsehens
Neues Fernsehen?! – Neues Fernsehverhalten!? Aktuelle Wandlungsprozesse des Fernsehens
Der Diskurs um die aktuellen Entwicklungen des Fernsehens ist heterogen und bipolar. Einige läuten das ‚Ende des (linearen) Fernsehens‘ ein – wie jüngst etwa Netflix-Chef Reed Hast...

Back to Top