Search engine for discovering works of Art, research articles, and books related to Art and Culture
ShareThis
Javascript must be enabled to continue!

Pasiëntonderrigstandaarde vir verpleegpraktyk in algemene hospitale

View through CrossRef
Hospitalisasie beteken die oorgang van ’n bekende na ’n onbekende omgewing en ontketen ’n behoefte aan leer en of gedragsverandering ten opsigte van sy gesondheidstoestand by die pasiënt. Dit is ’n integrale deel van die verpleegkundige se onafhanklike funksie om ook in hierdie behoefte van die pasiënt te voorsien. Navorsers dui op ’n aantal positiewe gevolge van pasiëntonderrig (Devine 1986, p 99-100) (Wilson-Barnett 1983, p 37) en dit is duidelik dat pasiëntonderrig uiteindelik sal lei tot effektiewer pasiëntsorg. Ten spyte van baie duidelike voordele word hierdie funksie van die geregistreerde verpleegkundige tot ’n groot mate oorgeneem deur paramediese personeel (Brownlee, 1983 p 102). Ander navorsers bevind dat die aard en kwaliteit van pasiëntonderrig wat wel gedoen word nie na wense is nie (Pera, 1986) (Muller, 1986 p 148-150). Hierdie ontkenning van die pasiëntonderrigfunksie deur die verpleegkundige word onder andere versterk deur ’n gebrek aan pasiëntonderrigstandaarde. Geformuleerde standaarde wat as maatstaf van kwaliteit dien sal die verpleegkundige weereens bewus maak van haar funksie in hierdie verband.
Title: Pasiëntonderrigstandaarde vir verpleegpraktyk in algemene hospitale
Description:
Hospitalisasie beteken die oorgang van ’n bekende na ’n onbekende omgewing en ontketen ’n behoefte aan leer en of gedragsverandering ten opsigte van sy gesondheidstoestand by die pasiënt.
Dit is ’n integrale deel van die verpleegkundige se onafhanklike funksie om ook in hierdie behoefte van die pasiënt te voorsien.
Navorsers dui op ’n aantal positiewe gevolge van pasiëntonderrig (Devine 1986, p 99-100) (Wilson-Barnett 1983, p 37) en dit is duidelik dat pasiëntonderrig uiteindelik sal lei tot effektiewer pasiëntsorg.
Ten spyte van baie duidelike voordele word hierdie funksie van die geregistreerde verpleegkundige tot ’n groot mate oorgeneem deur paramediese personeel (Brownlee, 1983 p 102).
Ander navorsers bevind dat die aard en kwaliteit van pasiëntonderrig wat wel gedoen word nie na wense is nie (Pera, 1986) (Muller, 1986 p 148-150).
Hierdie ontkenning van die pasiëntonderrigfunksie deur die verpleegkundige word onder andere versterk deur ’n gebrek aan pasiëntonderrigstandaarde.
Geformuleerde standaarde wat as maatstaf van kwaliteit dien sal die verpleegkundige weereens bewus maak van haar funksie in hierdie verband.

Related Results

Regspraak: Dart misses the mark: no clarity on distinctiveness
Regspraak: Dart misses the mark: no clarity on distinctiveness
Onderskeibaarheid is ’n noodsaaklike vereiste vir die registrasie van ’n handelsmerk, maar daar is nie duidelikheid oor die standaard (of toets) vir onderskeibaarheid nie. In stede...
British doctors’ experiences of working in rural South Africa: The London GP Out of Programme Experience
British doctors’ experiences of working in rural South Africa: The London GP Out of Programme Experience
Background: A paucity of research exists that has examined temporary placements of foreign health professionals in South Africa (SA) as a possible strategy for addressing health wo...
Lessons to be learned from Only Fools: the protection of fictional characters, parody and pastiche
Lessons to be learned from Only Fools: the protection of fictional characters, parody and pastiche
Die uitspraak in die Engelse saak Shazam Productions v Only Fools The Dining Experience (“Shazam-saak”) was in twee opsigte ’n grensverskuiwende kopiereg-uitspraak. Dit was die eer...
'n Algemene model om handelsmerklojaliteit te meet
'n Algemene model om handelsmerklojaliteit te meet
Hierdie artikel evalueer empiries die geskiktheid van 'n teoretiese model, bestaande uit 12 finale antesedente van handelsmerklojaliteit, om handelsmerklojaliteit in agt bedrywe te...
Digitisation and consumer law in South Africa and Africa
Digitisation and consumer law in South Africa and Africa
Die digitale revolusie tydens die laaste drie dekades het ’n enorme impak gemaak op die wyse waarop verbruikers en verskaffers tans optree. Hierdie ontwikkeling skep nou nuwe uitda...
MINERALOGY OF THE SURFACE OF CERES FROM 1 µm ABSORPTION
MINERALOGY OF THE SURFACE OF CERES FROM 1 µm ABSORPTION
<p><strong>Introduction:</strong> Various minerals have been detected on Ceres and their abundance and spatial distribution has been mappe...
Beginselen als ‘rechtstoepassingsventiel’: een pleidooi voor toetsing aan algemene rechtsbeginselen
Beginselen als ‘rechtstoepassingsventiel’: een pleidooi voor toetsing aan algemene rechtsbeginselen
Beginselen als ‘rechtstoepassingsventiel’: een pleidooi voor toetsing aan algemene rechtsbeginselen Opheffing van het toetsingsverbod wat betreft de Grondwet komt steeds ...
'n Raamwerk vir vreemdetaalverwerwing in 'n laetegnologie-omgewing
'n Raamwerk vir vreemdetaalverwerwing in 'n laetegnologie-omgewing
Die Covid-19-pandemie het opvoeders gedwing om hul onderrigmodus byna oornag aan te pas vir 'n (gemengde leer) virtuele klaskamer. Nie net is almal gedwing om aanlyn klas te gee ni...

Back to Top