Search engine for discovering works of Art, research articles, and books related to Art and Culture
ShareThis
Javascript must be enabled to continue!

Die kultuurhistoriese aktiwiteitsteorie: ’n lens om die onderrig van plantkunde as teenvoeter vir plantblindheid te ondersoek

View through CrossRef
Opsomming Plantblindheid, of die onvermoë om plante raak te sien of om hulle belangrikheid te erken, is ’n verskynsel wat wyd onder akademici, onderwysers, leerders en die algemene publiek voorkom. Die belangrikheid wat plante vir die voortbestaan van die mens inhou, noodsaak dat alle belanghebbendes hierdie verskynsel sover moontlik hokslaan. In hierdie artikel word die onderrig van plantkunde as aktiwiteitstelsel om plantblindheid teë te werk, onder die loep geneem. ’n Bestekliteratuurstudie is onderneem om deur middel van die kultuurhistoriese aktiwiteitsteorie te bepaal tot watter mate onderrig om plantblindheid te verhoed en te oorkom suksesvol deur onderwysers en ander bewerkstellig word. Beskikbare literatuur is gebruik om elkeen van die elemente van die aktiwiteitstelsel op sy eie te ondersoek. Die studie behels nie empiriese navorsing nie, maar is ’n konseptuele blik op die aktiwiteitstelsel. Die kenmerke van onderwysers (subjekte), moontlike strategieë om plantblindheid in klaskamers te hanteer, instrumente wat by die onderrig van plantkunde (soos die kurrikulum en handboeke) betrokke is, reëls van die stelsel in die vorm van kurrikulumvoorskrifte en die rol wat die breër gemeenskap kan speel om ’n waardering vir plante te kweek, word omskryf. Daar is bevind dat plantblindheid in die akademie en in skole steeds hoogty vier, maar dat daar tekens is dat plantblindheid in sekere dele van die gemeenskap aan die afneem is. Die gebruik van die kultuurhistoriese aktiwiteitsteorie is doeltreffend gebruik om ’n oorsig oor plantblindheid in skoolverband te ontwikkel. Trefwoorde: aktiwiteitstelsel; bestek-literatuurstudie; kultuurhistoriese aktiwiteitsteorie; plantblindheid
Title: Die kultuurhistoriese aktiwiteitsteorie: ’n lens om die onderrig van plantkunde as teenvoeter vir plantblindheid te ondersoek
Description:
Opsomming Plantblindheid, of die onvermoë om plante raak te sien of om hulle belangrikheid te erken, is ’n verskynsel wat wyd onder akademici, onderwysers, leerders en die algemene publiek voorkom.
Die belangrikheid wat plante vir die voortbestaan van die mens inhou, noodsaak dat alle belanghebbendes hierdie verskynsel sover moontlik hokslaan.
In hierdie artikel word die onderrig van plantkunde as aktiwiteitstelsel om plantblindheid teë te werk, onder die loep geneem.
’n Bestekliteratuurstudie is onderneem om deur middel van die kultuurhistoriese aktiwiteitsteorie te bepaal tot watter mate onderrig om plantblindheid te verhoed en te oorkom suksesvol deur onderwysers en ander bewerkstellig word.
Beskikbare literatuur is gebruik om elkeen van die elemente van die aktiwiteitstelsel op sy eie te ondersoek.
Die studie behels nie empiriese navorsing nie, maar is ’n konseptuele blik op die aktiwiteitstelsel.
Die kenmerke van onderwysers (subjekte), moontlike strategieë om plantblindheid in klaskamers te hanteer, instrumente wat by die onderrig van plantkunde (soos die kurrikulum en handboeke) betrokke is, reëls van die stelsel in die vorm van kurrikulumvoorskrifte en die rol wat die breër gemeenskap kan speel om ’n waardering vir plante te kweek, word omskryf.
Daar is bevind dat plantblindheid in die akademie en in skole steeds hoogty vier, maar dat daar tekens is dat plantblindheid in sekere dele van die gemeenskap aan die afneem is.
Die gebruik van die kultuurhistoriese aktiwiteitsteorie is doeltreffend gebruik om ’n oorsig oor plantblindheid in skoolverband te ontwikkel.
Trefwoorde: aktiwiteitstelsel; bestek-literatuurstudie; kultuurhistoriese aktiwiteitsteorie; plantblindheid.

Related Results

Regspraak: Dart misses the mark: no clarity on distinctiveness
Regspraak: Dart misses the mark: no clarity on distinctiveness
Onderskeibaarheid is ’n noodsaaklike vereiste vir die registrasie van ’n handelsmerk, maar daar is nie duidelikheid oor die standaard (of toets) vir onderskeibaarheid nie. In stede...
Lessons to be learned from Only Fools: the protection of fictional characters, parody and pastiche
Lessons to be learned from Only Fools: the protection of fictional characters, parody and pastiche
Die uitspraak in die Engelse saak Shazam Productions v Only Fools The Dining Experience (“Shazam-saak”) was in twee opsigte ’n grensverskuiwende kopiereg-uitspraak. Dit was die eer...
Digitisation and consumer law in South Africa and Africa
Digitisation and consumer law in South Africa and Africa
Die digitale revolusie tydens die laaste drie dekades het ’n enorme impak gemaak op die wyse waarop verbruikers en verskaffers tans optree. Hierdie ontwikkeling skep nou nuwe uitda...
E-Learning
E-Learning
E-Learning ist heute aus keinem pädagogischen Lehrraum mehr wegzudenken. In allen Bereichen von Schule über die berufliche bis zur universitären Ausbildung und besonders im Bereich...
'n Raamwerk vir vreemdetaalverwerwing in 'n laetegnologie-omgewing
'n Raamwerk vir vreemdetaalverwerwing in 'n laetegnologie-omgewing
Die Covid-19-pandemie het opvoeders gedwing om hul onderrigmodus byna oornag aan te pas vir 'n (gemengde leer) virtuele klaskamer. Nie net is almal gedwing om aanlyn klas te gee ni...
Numéro 85 (nl) - février 2011
Numéro 85 (nl) - février 2011
Op initiatief van de federale overheid heeft het Belgische stelsel van werkloosheidsverze-kering sinds 2004 belangrijke veranderingen ondergaan. Het principe van de toekenning van ...
DIE (GCALEKA-)KONING IS DOOD, LANK LEEF DIE (GCALEKA-)KONING!
DIE (GCALEKA-)KONING IS DOOD, LANK LEEF DIE (GCALEKA-)KONING!
Koning Xolilizwe Sigcawu is op 31 Desember 2005 in 1 Militêre Hospitaal, Pretoria, aan lewerversaking dood. Koning Sigcawu, wie se koningshuis by die Groot Plek Nqadu naby Willowva...
Afrikaans Huistaal-onderwysers se selfgerigte voorbereiding van jeugverhale
Afrikaans Huistaal-onderwysers se selfgerigte voorbereiding van jeugverhale
Leerders wat literêre tekste lees, is taalvaardiger as die leerders wat dit nie lees nie (Pretorius 2002:170). Die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) ver...

Back to Top