Javascript must be enabled to continue!
Frederik Van Zyl Slabbert: Soekende Profeet
View through CrossRef
Frederik van Zyl Slabbert is al beskryf as die beste landsleier wat Suid-Afrika nooit gehad het nie.
As ’n uitstaande akademikus het hy in 1974 van beroep verander toe hy in dié jaar se parlementêre verkiesing die kiesafdeling Rondebosch vir die Progessiewe Party verower het. Na vyf jaar is hy as die jongste opposisieleier ooit aangewys.
Tot in 1986 het hy ’n belangrike rol in die formele Suid-Afrikaanse politiek gespeel. Hy het die trant van parlementêre diskoers tot ’n hoër vlak verhef en sorg gedra dat tersaaklike apartheidskwessies nie deur die die Nasionale Party omseil word nie. Op voetsoolvlak het hy tot gewone mense gespreek en ’n charismatiese invloed uitgestraal.
Te midde van stormagtige tye in Suid-Afrika was hy ’n liberale Afrikaner met ’n genuanseerde begrip van identiteit en ’n passie vir vernuwende politiek. Na sy uittrede uit die formele politiek in 1986, deels as gevolg van die verstardheid van die bestaande bestel, het hy in die soeke na demokratiese oplossings hom tot die buite parlementêre politiek gewend. Onder meer het dit tot die eerste grootskaalse ontmoeting tussen oorwegende Afrikaanse belanghebbendes en sekere African National Congress leiersfigure in Dakar in 1987 gelei. In post-apartheid Suid-Afrika het hy ’n fasiliterende rol gespeel en hom ook in die sakewêreld begewe.
Slabbert was ’n onafhanklike denker en in moeilke tye polities vooruitskouend met ’n afkeur in dogmatiese uitgangspunte. Hy het homself nooit die luukse van volkome sekerheid gegun nie. Hy was inderdaad ’n soekende profeet.
Met hierdie boek word gepoog om ’n gebalanseerde geheelbeeld van ‘n enigmatiese figuur te bied. Slabbert was nie iemand wat in die heldegalery van Suid-Afrika opgeneem is nie. Hyself sou dit ook nie so verkies het nie. Maar sy nalenskap, ook vir Afrikaanse mense, is nie daarom van mindere belang nie.
Prof Albert Grundlingh is ’n voormalige departementshoof van Geskiedenis by die Universiteit van Suid-Afrika en die Universiteit van Stellenbosch. Hy is die skrywer van verskeie boeke.
Title: Frederik Van Zyl Slabbert: Soekende Profeet
Description:
Frederik van Zyl Slabbert is al beskryf as die beste landsleier wat Suid-Afrika nooit gehad het nie.
As ’n uitstaande akademikus het hy in 1974 van beroep verander toe hy in dié jaar se parlementêre verkiesing die kiesafdeling Rondebosch vir die Progessiewe Party verower het.
Na vyf jaar is hy as die jongste opposisieleier ooit aangewys.
Tot in 1986 het hy ’n belangrike rol in die formele Suid-Afrikaanse politiek gespeel.
Hy het die trant van parlementêre diskoers tot ’n hoër vlak verhef en sorg gedra dat tersaaklike apartheidskwessies nie deur die die Nasionale Party omseil word nie.
Op voetsoolvlak het hy tot gewone mense gespreek en ’n charismatiese invloed uitgestraal.
Te midde van stormagtige tye in Suid-Afrika was hy ’n liberale Afrikaner met ’n genuanseerde begrip van identiteit en ’n passie vir vernuwende politiek.
Na sy uittrede uit die formele politiek in 1986, deels as gevolg van die verstardheid van die bestaande bestel, het hy in die soeke na demokratiese oplossings hom tot die buite parlementêre politiek gewend.
Onder meer het dit tot die eerste grootskaalse ontmoeting tussen oorwegende Afrikaanse belanghebbendes en sekere African National Congress leiersfigure in Dakar in 1987 gelei.
In post-apartheid Suid-Afrika het hy ’n fasiliterende rol gespeel en hom ook in die sakewêreld begewe.
Slabbert was ’n onafhanklike denker en in moeilke tye polities vooruitskouend met ’n afkeur in dogmatiese uitgangspunte.
Hy het homself nooit die luukse van volkome sekerheid gegun nie.
Hy was inderdaad ’n soekende profeet.
Met hierdie boek word gepoog om ’n gebalanseerde geheelbeeld van ‘n enigmatiese figuur te bied.
Slabbert was nie iemand wat in die heldegalery van Suid-Afrika opgeneem is nie.
Hyself sou dit ook nie so verkies het nie.
Maar sy nalenskap, ook vir Afrikaanse mense, is nie daarom van mindere belang nie.
Prof Albert Grundlingh is ’n voormalige departementshoof van Geskiedenis by die Universiteit van Suid-Afrika en die Universiteit van Stellenbosch.
Hy is die skrywer van verskeie boeke.
Related Results
Numéro 85 (nl) - février 2011
Numéro 85 (nl) - février 2011
Op initiatief van de federale overheid heeft het Belgische stelsel van werkloosheidsverze-kering sinds 2004 belangrijke veranderingen ondergaan. Het principe van de toekenning van ...
De Russische inspiratie van Joris Van Severen. Deel 2
De Russische inspiratie van Joris Van Severen. Deel 2
In de oorlogsdagboeken van Joris Van Severen valt zijn belangstelling op voor bepaalde aspecten van de Russische cultuur, die weinig met elkaar gemeen hebben, met name Dostojevski ...
Impact of the COVID-19 pandemic on surgical care in the Netherlands
Impact of the COVID-19 pandemic on surgical care in the Netherlands
Abstract
Background
The COVID-19 pandemic caused disruption of regular healthcare leading to reduced hospital attendances, repur...
Francois Jacobus van Zyl, hoogleraar 1960-1978
Francois Jacobus van Zyl, hoogleraar 1960-1978
Francois Jacobus van Zyl, professor 1960-1978 Professor Francois Jacobus van Zyl (6th May 1913-) served as head of the Department of Science of Religion and Missiology, Faculty of ...
Alegorie léta. Neznámé dílo z dílny Frederika van Valckenborcha ze sbírek Národního muzea v Praze
Alegorie léta. Neznámé dílo z dílny Frederika van Valckenborcha ze sbírek Národního muzea v Praze
This text deals with an unknown oil painting from the collections of the National Museum (Department of Older Czech History) representing the Allegory of Summer. It presents it as ...
Het vermogen van een alternatieve afnamevorm van de Visuele Associatietest om de ziekte van Alzheimer te onderscheiden van andere vormen van dementie
Het vermogen van een alternatieve afnamevorm van de Visuele Associatietest om de ziekte van Alzheimer te onderscheiden van andere vormen van dementie
Het vermogen van een alternatieve afnamevorm van de Visuele Associatietest om de ziekte van Alzheimer te onderscheiden van andere vormen van dementie
De Visuele Associati...
Hieronymus van der Mij als historie- en genreschilder
Hieronymus van der Mij als historie- en genreschilder
AbstractThe Leiden artist Hieronymus van der Mij is only known today as a portrait painter, e.g. from the twelve portraits in the Lakenhal in Leiden, one in the Rijksmuseum and the...
Het slechte geweten van Vlaanderen: Over het racisme van Hendrik Conscience (1812-1883). Deel 2
Het slechte geweten van Vlaanderen: Over het racisme van Hendrik Conscience (1812-1883). Deel 2
Deze tweedelige bijdrage vertrekt van de vaststelling dat Hendrik Conscience (1812-1883) de voorbije decennia met een erg kwalijke reputatie werd opgezadeld. De oorzaak wordt uitge...


