Javascript must be enabled to continue!
Johannes Chrusostomus en die transformasie van die diskoers van voortplanting en geboorte in die vroeë Christendom
View through CrossRef
Opsomming Die doel van hierdie artikel is om te ondersoek hoe die diskoers van voortplanting en geboorte in die vroeë Christelike denke getransformeer word, deur Johannes Chrusostomus (ca. 349–407 n.C.) as ’n gevallestudie te gebruik. Chrusostomus is vir hierdie studie gekies omdat hy geïdentifiseer is as een van die vroeë Christelike skrywers wat baie oor die onderwerp te sê gehad het. Michel Foucault het Chrusostomus geïdentifiseer as een wat in werklikheid ’n kuns of technê van die huwelik en seksuele verhoudings ontwikkel het. Die artikel ondersoek eerstens die klemverskuiwing van om kinders te baar (teknogonia) na die opvoeding van ’n kind (paidotrofia), wat ouerskap definieer. Dan gaan die studie voort om die transformasie van Christelike voortplanting vanuit die oogpunt van androgeneratiwiteit te beskou. Wanneer daar in hierdie artikel van androgeneratiwiteit gepraat word, verwys dit na ’n ideale wyse van reproduksie of voortplanting waar die manlike liggaam as die primêre trajek en bron dien. Drie kenmerke van androgeneratiewe voortplanting en geboorte word in Chrusostomus se denke uitgelig: a) androgeneratiewe voortplanting veronderstel totale psigiese en liggaamlike volmaaktheid; b) androgeneratiewe voortplanting skend en verander nie die liggaam nie; en c) androgeneratiwiteit ontwikkel klimakties en parallel met die Christelike heilsgeskiedenis. Die artikel toon aan dat die diskoers van voortplanting en geboorte, in Chrusostomus se denke, getransformeer is deur die vorm van androgeneratiwiteit aan te neem. Manlikheid is die kern daarvan, en beide mans en vroue kon voortplantingsagente of reproduktiewe kapitaal in hierdie nuwe raamwerk wees. Die belangrikste is om te erken dat antieke Christelike bronne soos Chrusostomus ideale voortplanting en geboorte met manlikheid geassosieer het. Trefwoorde: androgeneratiwiteit; geboorte; gender; Johannes Chrusostomus; manlikheid; Patristiek; reproduktiwiteit; voortplanting; Vroeë Christendom
Title: Johannes Chrusostomus en die transformasie van die diskoers van voortplanting en geboorte in die vroeë Christendom
Description:
Opsomming Die doel van hierdie artikel is om te ondersoek hoe die diskoers van voortplanting en geboorte in die vroeë Christelike denke getransformeer word, deur Johannes Chrusostomus (ca.
349–407 n.
C.
) as ’n gevallestudie te gebruik.
Chrusostomus is vir hierdie studie gekies omdat hy geïdentifiseer is as een van die vroeë Christelike skrywers wat baie oor die onderwerp te sê gehad het.
Michel Foucault het Chrusostomus geïdentifiseer as een wat in werklikheid ’n kuns of technê van die huwelik en seksuele verhoudings ontwikkel het.
Die artikel ondersoek eerstens die klemverskuiwing van om kinders te baar (teknogonia) na die opvoeding van ’n kind (paidotrofia), wat ouerskap definieer.
Dan gaan die studie voort om die transformasie van Christelike voortplanting vanuit die oogpunt van androgeneratiwiteit te beskou.
Wanneer daar in hierdie artikel van androgeneratiwiteit gepraat word, verwys dit na ’n ideale wyse van reproduksie of voortplanting waar die manlike liggaam as die primêre trajek en bron dien.
Drie kenmerke van androgeneratiewe voortplanting en geboorte word in Chrusostomus se denke uitgelig: a) androgeneratiewe voortplanting veronderstel totale psigiese en liggaamlike volmaaktheid; b) androgeneratiewe voortplanting skend en verander nie die liggaam nie; en c) androgeneratiwiteit ontwikkel klimakties en parallel met die Christelike heilsgeskiedenis.
Die artikel toon aan dat die diskoers van voortplanting en geboorte, in Chrusostomus se denke, getransformeer is deur die vorm van androgeneratiwiteit aan te neem.
Manlikheid is die kern daarvan, en beide mans en vroue kon voortplantingsagente of reproduktiewe kapitaal in hierdie nuwe raamwerk wees.
Die belangrikste is om te erken dat antieke Christelike bronne soos Chrusostomus ideale voortplanting en geboorte met manlikheid geassosieer het.
Trefwoorde: androgeneratiwiteit; geboorte; gender; Johannes Chrusostomus; manlikheid; Patristiek; reproduktiwiteit; voortplanting; Vroeë Christendom.
Related Results
E-Learning
E-Learning
E-Learning ist heute aus keinem pädagogischen Lehrraum mehr wegzudenken. In allen Bereichen von Schule über die berufliche bis zur universitären Ausbildung und besonders im Bereich...
Numéro 85 (nl) - février 2011
Numéro 85 (nl) - février 2011
Op initiatief van de federale overheid heeft het Belgische stelsel van werkloosheidsverze-kering sinds 2004 belangrijke veranderingen ondergaan. Het principe van de toekenning van ...
Struikelblokke wat toesig deur opposisiepartye in die Suid-Afrikaanse parlement belemmer
Struikelblokke wat toesig deur opposisiepartye in die Suid-Afrikaanse parlement belemmer
Dit is duidelik uit die Suid-Afrikaanse geskiedenis van die afgelope 27 jaar dat die toesigrol in ons parlement tekortskiet. Oor die algemeen is die parlement veronderstel om toesi...
Hans Blumenberg se filosofiese antropologie
Hans Blumenberg se filosofiese antropologie
Opsomming Hans Blumenberg filosofeer dat dit nie net aanvaar kan word dat die mens ’n denkende wese geword het as gevolg van natuurlike evolusie nie. Dít sou daarop neerkom dat de...
Digitisation and consumer law in South Africa and Africa
Digitisation and consumer law in South Africa and Africa
Die digitale revolusie tydens die laaste drie dekades het ’n enorme impak gemaak op die wyse waarop verbruikers en verskaffers tans optree. Hierdie ontwikkeling skep nou nuwe uitda...
Vertaling en verwerking as interpretasie en strategie: My seuns deur Christo Davids in die lig van All My Sons deur Arthur Miller
Vertaling en verwerking as interpretasie en strategie: My seuns deur Christo Davids in die lig van All My Sons deur Arthur Miller
In hierdie artikel word die proses van vertaling, verwerking of omwerking na 'n geheel ander teks, binne moontlike vorme van interkonnektiwiteit bestudeer aan die hand van die twee...
De Russische inspiratie van Joris Van Severen. Deel 2
De Russische inspiratie van Joris Van Severen. Deel 2
In de oorlogsdagboeken van Joris Van Severen valt zijn belangstelling op voor bepaalde aspecten van de Russische cultuur, die weinig met elkaar gemeen hebben, met name Dostojevski ...
The league of nations: South Africa and the Rehoboth Basters' constitutional struggle, 1919-1939
The league of nations: South Africa and the Rehoboth Basters' constitutional struggle, 1919-1939
Die groep mense van gemengde afkoms wat gedurende die agtiende eeu in die Noordwes-Kaap hulle ontstaan gehad het, en later as die Rehoboth-Basters bekend geword het, het in 1868 di...

