Javascript must be enabled to continue!
King Kong-verwerkings (1959-2017): Deurkruisings van kultuur en samelewing
View through CrossRef
Die verwerking van die musiekblyspel King Kong in 2017 sou nie gedoen kon word sonder om die oorspronklike musiekblyspel van 1959 op te roep in die geheue van sowel die vervaardigers as die gehore nie, aangesien die oorspronklike weergawe aansienlike kulturele aanklank gevind het tydens die 1959-opvoering daarvan. Hoewel die weergawe van die musiekblyspel wat destyds in Suid-Afrika opgevoer is suksesvol was, is ook 'n ander weergawe geskep vir die werk se Londense debuut in 1961. En toe King Kong weer na Suid-Afrika terugkeer in 2017, is dit nogmaals aangepas nadat dit dekades lank nie opgevoer is nie. In die jare tussenin het die musiekblyspel in die kollektiewe bewussyn voortgeleef en is in hierdie opsig aangehelp deur die internasionale gewildheid van sommige van die oorspronklike deelnemers, onder andere Miriam Makeba en Hugh Masekela. Die twee musikante het hul ervaringe wat hulle tydens hul deelname aan die musiekblyspel opgedoen het, in hul onderskeie outobiografieë beskryf. Hierdie boeke, tesame met die gewildheid van Todd Matshikiza se musiek en veral die spanningsvolle sosiopolitieke omstandighede gedurende die tyd toe die musiekblyspel geskep is, het 'n stewige nalatenskap op die musiekblyspel gelaat. Marvin Carlson (2011) skryf in The haunted stage dat kontemporêre opvoerings van ouer verhoogstukke sonder uitsondering die verhoogstuk se voorgaande weergawes in herinnering roep. Carlson noem dat hierdie eggo's van vervloë verhoogstukke op spesifieke maniere by die verwerkte weergawes van die verhoogstukke indring. Ek argumenteer dat die verwerking van King Kong in 2017 op soortgelyke wyse die herinnering aan die "oorspronklike" King Kong gestimuleer het en dus invloed uitgeoefen het op die nuwe 2017-verwerking van King Kong.
Title: King Kong-verwerkings (1959-2017): Deurkruisings van kultuur en samelewing
Description:
Die verwerking van die musiekblyspel King Kong in 2017 sou nie gedoen kon word sonder om die oorspronklike musiekblyspel van 1959 op te roep in die geheue van sowel die vervaardigers as die gehore nie, aangesien die oorspronklike weergawe aansienlike kulturele aanklank gevind het tydens die 1959-opvoering daarvan.
Hoewel die weergawe van die musiekblyspel wat destyds in Suid-Afrika opgevoer is suksesvol was, is ook 'n ander weergawe geskep vir die werk se Londense debuut in 1961.
En toe King Kong weer na Suid-Afrika terugkeer in 2017, is dit nogmaals aangepas nadat dit dekades lank nie opgevoer is nie.
In die jare tussenin het die musiekblyspel in die kollektiewe bewussyn voortgeleef en is in hierdie opsig aangehelp deur die internasionale gewildheid van sommige van die oorspronklike deelnemers, onder andere Miriam Makeba en Hugh Masekela.
Die twee musikante het hul ervaringe wat hulle tydens hul deelname aan die musiekblyspel opgedoen het, in hul onderskeie outobiografieë beskryf.
Hierdie boeke, tesame met die gewildheid van Todd Matshikiza se musiek en veral die spanningsvolle sosiopolitieke omstandighede gedurende die tyd toe die musiekblyspel geskep is, het 'n stewige nalatenskap op die musiekblyspel gelaat.
Marvin Carlson (2011) skryf in The haunted stage dat kontemporêre opvoerings van ouer verhoogstukke sonder uitsondering die verhoogstuk se voorgaande weergawes in herinnering roep.
Carlson noem dat hierdie eggo's van vervloë verhoogstukke op spesifieke maniere by die verwerkte weergawes van die verhoogstukke indring.
Ek argumenteer dat die verwerking van King Kong in 2017 op soortgelyke wyse die herinnering aan die "oorspronklike" King Kong gestimuleer het en dus invloed uitgeoefen het op die nuwe 2017-verwerking van King Kong.
Related Results
Numéro 85 (nl) - février 2011
Numéro 85 (nl) - février 2011
Op initiatief van de federale overheid heeft het Belgische stelsel van werkloosheidsverze-kering sinds 2004 belangrijke veranderingen ondergaan. Het principe van de toekenning van ...
De Russische inspiratie van Joris Van Severen. Deel 2
De Russische inspiratie van Joris Van Severen. Deel 2
In de oorlogsdagboeken van Joris Van Severen valt zijn belangstelling op voor bepaalde aspecten van de Russische cultuur, die weinig met elkaar gemeen hebben, met name Dostojevski ...
Impact of the COVID-19 pandemic on surgical care in the Netherlands
Impact of the COVID-19 pandemic on surgical care in the Netherlands
Abstract
Background
The COVID-19 pandemic caused disruption of regular healthcare leading to reduced hospital attendances, repur...
Hong Kong as Method of The Grandmaster: Wing Chun, Hong Kong Film to Hong Kong Culture
Hong Kong as Method of The Grandmaster: Wing Chun, Hong Kong Film to Hong Kong Culture
I undertake a close reading of Wong Kar-wai’s The Grandmaster (2013) to outline how a somatechnics of the body in wing chun, a form of martial art, provides a way to understand ‘Ho...
Vertaling en verwerking as interpretasie en strategie: My seuns deur Christo Davids in die lig van All My Sons deur Arthur Miller
Vertaling en verwerking as interpretasie en strategie: My seuns deur Christo Davids in die lig van All My Sons deur Arthur Miller
In hierdie artikel word die proses van vertaling, verwerking of omwerking na 'n geheel ander teks, binne moontlike vorme van interkonnektiwiteit bestudeer aan die hand van die twee...
APPENDIX II: THE MARRIAGE OF WILLIAM MARSHAL THE YOUNGER
APPENDIX II: THE MARRIAGE OF WILLIAM MARSHAL THE YOUNGER
Brief in which King Henry III recalls that as there are people who might perhaps convey to the lord pope and cardinals certain business which has recently been transacted by him as...
Hieronymus van der Mij als historie- en genreschilder
Hieronymus van der Mij als historie- en genreschilder
AbstractThe Leiden artist Hieronymus van der Mij is only known today as a portrait painter, e.g. from the twelve portraits in the Lakenhal in Leiden, one in the Rijksmuseum and the...


