Search engine for discovering works of Art, research articles, and books related to Art and Culture
ShareThis
Javascript must be enabled to continue!

Kaaps en Nathan Trantraal se vertaalhabitus in Lang pad onnetoe

View through CrossRef
In hierdie artikel word ondersoek ingestel na die vertaling van Long way down deur Jason Reynolds as Lang pad onnetoe deur Nathan Trantraal. Die vertaling is besonder goed ontvang en die UJ-prys vir Vertaling van Jeugtekste is in 2021 daarvoor aan Trantraal toegeken. Aangesien die sukses van die vertaling onder meer toegeskryf word aan die gebruik van Kaaps, word die geskrewe tradisie van Kaaps nie, maar ook die heterogene aard daarvan bekyk. Vertaalteoreties word polisisteemteorie betrek en aandag word ook gegee aan aspekte soos die (on)sigbaarheid van die vertaler en die vertaalstrategieë bekend as domestikering en vervreemding. Die konsep vertaalhabitus word ondersoek en op Nathan Trantraal van toepassing gemaak. Vervolgens word uittreksels uit die bron- en doelteks met mekaar vergelyk. Daar word aangetoon dat Lang pad onnetoe vanuit polisistemiese benadering uniek is aange-sien 'n gevestigde vertaaltradisie in Kaaps nie bestaan nie en daar min literêre tekste in Kaaps is. Na verwagting sou die vertaling 'n randposisie in Kaaps inneem. Die vertaler skep - in teenstelling met die voorspelling dat die vertaling grootliks die brontaal en -kultuur sal weerspieël - 'n vertaling wat aan die kulturele norme van die teikenstelsel voldoen. Die vertaler is sigbaar, maar terselfdertyd word deurlopend van 'n domestikerende vertaalstrategie gebruik gemaak. Domestikerende vertalings wil gewoonlik die indruk skep dat die vertaling 'n oorspronklike teks is. In Lang pad onnetoe is dit nie die geval nie en die rede is tweeledig: Nathan Trantraal se vertaalhabitus en die gebruik van Kaaps.
Academy of Science of South Africa
Title: Kaaps en Nathan Trantraal se vertaalhabitus in Lang pad onnetoe
Description:
In hierdie artikel word ondersoek ingestel na die vertaling van Long way down deur Jason Reynolds as Lang pad onnetoe deur Nathan Trantraal.
Die vertaling is besonder goed ontvang en die UJ-prys vir Vertaling van Jeugtekste is in 2021 daarvoor aan Trantraal toegeken.
Aangesien die sukses van die vertaling onder meer toegeskryf word aan die gebruik van Kaaps, word die geskrewe tradisie van Kaaps nie, maar ook die heterogene aard daarvan bekyk.
Vertaalteoreties word polisisteemteorie betrek en aandag word ook gegee aan aspekte soos die (on)sigbaarheid van die vertaler en die vertaalstrategieë bekend as domestikering en vervreemding.
Die konsep vertaalhabitus word ondersoek en op Nathan Trantraal van toepassing gemaak.
Vervolgens word uittreksels uit die bron- en doelteks met mekaar vergelyk.
Daar word aangetoon dat Lang pad onnetoe vanuit polisistemiese benadering uniek is aange-sien 'n gevestigde vertaaltradisie in Kaaps nie bestaan nie en daar min literêre tekste in Kaaps is.
Na verwagting sou die vertaling 'n randposisie in Kaaps inneem.
Die vertaler skep - in teenstelling met die voorspelling dat die vertaling grootliks die brontaal en -kultuur sal weerspieël - 'n vertaling wat aan die kulturele norme van die teikenstelsel voldoen.
Die vertaler is sigbaar, maar terselfdertyd word deurlopend van 'n domestikerende vertaalstrategie gebruik gemaak.
Domestikerende vertalings wil gewoonlik die indruk skep dat die vertaling 'n oorspronklike teks is.
In Lang pad onnetoe is dit nie die geval nie en die rede is tweeledig: Nathan Trantraal se vertaalhabitus en die gebruik van Kaaps.

Related Results

Crescimento de feijoeiro sob influência de carvão vegetal e esterco bovino
Crescimento de feijoeiro sob influência de carvão vegetal e esterco bovino
<p align="justify"><span style="color: #000000;"><span style="font-family: 'Times New Roman', serif;"><span><span lang="pt-BR">É indiscutível a import...
Evaluation of open check dams within modelling chains
Evaluation of open check dams within modelling chains
&lt;p align=&quot;justify&quot;&gt;&lt;span lang=&quot;en-GB&quot;&gt;Open check dams are widely recognized as &lt;/span&gt;&lt;span lan...
Soybean Breeding For Tolerant to Drought During Reproductive Stage
Soybean Breeding For Tolerant to Drought During Reproductive Stage
<span lang="EN">One of the strategies to increase soybean production </span><span lang="id">in Indonesia </span><span lang="EN">is maximizing the use ...
Hubungan Perilaku Pola Makan dengan Kejadian Anak Obesitas
Hubungan Perilaku Pola Makan dengan Kejadian Anak Obesitas
<p><em><span style="font-size: 11.0pt; font-family: 'Times New Roman',serif; mso-fareast-font-family: 'Times New Roman'; mso-ansi-language: EN-US; mso-fareast-langua...
First exploration of the entire runaway greenhouse transition with a 3D global climate model
First exploration of the entire runaway greenhouse transition with a 3D global climate model
&lt;p align=&quot;justify&quot;&gt;&lt;span lang=&quot;en-US&quot;&gt;The runaway greenhouse effect [1-4] is a very interesting process for terrestr...
Quantification of greenhouse gas emissions in Thessaloniki
Quantification of greenhouse gas emissions in Thessaloniki
&lt;p&gt;&lt;span lang=&quot;en-US&quot;&gt;Large cities and urban areas are &lt;/span&gt;&lt;span lang=&quot;en-US&quot;&gt;major&a...
Deep mass redistribution prior to the Mw 8.8 Maule earthquake (Chile, 2010) revealed by GRACE satellite gravity
Deep mass redistribution prior to the Mw 8.8 Maule earthquake (Chile, 2010) revealed by GRACE satellite gravity
&lt;p align=&quot;justify&quot;&gt;&lt;span lang=&quot;en-US&quot;&gt;Subduction zones are places of intense seismic activity where the largest rupt...

Back to Top