Javascript must be enabled to continue!
Die Soefi-denkwêreld van Rumi na aanleiding van sy gedig “Die rietfluitlied”
View through CrossRef
Hierdie artikel het ten doel om vir die leser iets van die denkwêreld van die gewilde 13de-eeuse Persiese digter en Soefi-mistikus, Jalāl al-Dīn Muhammad Rūmī, te bied. ’n Afrikaanse vertaling van sy beroemde gedig “Die rietfluitlied” – die 18 aanvangsreëls uit sy monumentale werk die Mathnawí, waarin sekere kardinale Soefi-leerstellings weerspieël word – word ontleed en geïnterpreteer ten einde Rumi se leerstellings uit te lig. Daar word gekyk na die resepsie van sy werk in die Weste en veral na die impak wat dit in die Suid-Afrikaanse konteks gehad het. Sommige vertalings van sy werk word vermeld en daar word op gewys dat sekere vertalers sy digkuns gesekulariseer en gekommersialiseer het. Daar word dan met hierdie artikel ook gepoog om Rumi binne die mistieke Soefi-raamwerk waaruit hy geskryf het, te plaas. Wie Rumi was en beknopte biografiese besonderhede oor hom word gegee. Sy sienings word dan onder die loep geneem, waarna die Mathnawí kortliks bespreek word. Dit is wel so dat vertaling al dikwels beskryf is as die kuns van noodwendige verlies (Morgan 2010). Matsumato (2009:37) wys egter daarop dat Rumi basies in beelde gedink het, en dat sy mistieke poësie hoofsaaklik deur middel van metafore oorgedra word. Daar word dus aangevoer dat sy gedigte vir die niebrontaalsprekende leser in vertaling toeganklik en verstaanbaar kan wees. Hier word ’n Afrikaanse vertaling van die gedig, wat sover vasgestel kan word die enigste weergawe in Afrikaans is, benut. Die gedig word vervolgens ontleed en geïnterpreteer met ’n fokus op metafore en beelde en daar word uitgewys waar daar ooreenstemming met die Christelike mistiek is.
Title: Die Soefi-denkwêreld van Rumi na aanleiding van sy gedig “Die rietfluitlied”
Description:
Hierdie artikel het ten doel om vir die leser iets van die denkwêreld van die gewilde 13de-eeuse Persiese digter en Soefi-mistikus, Jalāl al-Dīn Muhammad Rūmī, te bied.
’n Afrikaanse vertaling van sy beroemde gedig “Die rietfluitlied” – die 18 aanvangsreëls uit sy monumentale werk die Mathnawí, waarin sekere kardinale Soefi-leerstellings weerspieël word – word ontleed en geïnterpreteer ten einde Rumi se leerstellings uit te lig.
Daar word gekyk na die resepsie van sy werk in die Weste en veral na die impak wat dit in die Suid-Afrikaanse konteks gehad het.
Sommige vertalings van sy werk word vermeld en daar word op gewys dat sekere vertalers sy digkuns gesekulariseer en gekommersialiseer het.
Daar word dan met hierdie artikel ook gepoog om Rumi binne die mistieke Soefi-raamwerk waaruit hy geskryf het, te plaas.
Wie Rumi was en beknopte biografiese besonderhede oor hom word gegee.
Sy sienings word dan onder die loep geneem, waarna die Mathnawí kortliks bespreek word.
Dit is wel so dat vertaling al dikwels beskryf is as die kuns van noodwendige verlies (Morgan 2010).
Matsumato (2009:37) wys egter daarop dat Rumi basies in beelde gedink het, en dat sy mistieke poësie hoofsaaklik deur middel van metafore oorgedra word.
Daar word dus aangevoer dat sy gedigte vir die niebrontaalsprekende leser in vertaling toeganklik en verstaanbaar kan wees.
Hier word ’n Afrikaanse vertaling van die gedig, wat sover vasgestel kan word die enigste weergawe in Afrikaans is, benut.
Die gedig word vervolgens ontleed en geïnterpreteer met ’n fokus op metafore en beelde en daar word uitgewys waar daar ooreenstemming met die Christelike mistiek is.
Related Results
E-Learning
E-Learning
E-Learning ist heute aus keinem pädagogischen Lehrraum mehr wegzudenken. In allen Bereichen von Schule über die berufliche bis zur universitären Ausbildung und besonders im Bereich...
Eşrefoğlu Rûmî ve İrfan Mektebi Eşrefiyye
Eşrefoğlu Rûmî ve İrfan Mektebi Eşrefiyye
Bu kitap, Ahmet Özkan tarafından yazılan \"Eşrefoğlu Rûmî ve İrfan Mektebi Eşrefiyye\" adlı tezden üretilmiştir. Kitap, Eşrefoğlu Rûmî'nin hayatı, düşünceleri ve Eşrefiyye Tarikatı...
UNIVERSAL IDEAS IN THE PED UNIVERSAL IDEAS IN THE PEDAGOGICAL A GOGICAL ACCOUNTS OF MEVLANA JALALUDDIN RUMI UDDIN RUM
UNIVERSAL IDEAS IN THE PED UNIVERSAL IDEAS IN THE PEDAGOGICAL A GOGICAL ACCOUNTS OF MEVLANA JALALUDDIN RUMI UDDIN RUM
Introduction. In the article, the universal glorification of pedagogical ideas in the works of prominent enlightener, pedagogue-scientist Mevlana Jalaluddin Rumi has become the obj...
Digitisation and consumer law in South Africa and Africa
Digitisation and consumer law in South Africa and Africa
Die digitale revolusie tydens die laaste drie dekades het ’n enorme impak gemaak op die wyse waarop verbruikers en verskaffers tans optree. Hierdie ontwikkeling skep nou nuwe uitda...
Numéro 85 (nl) - février 2011
Numéro 85 (nl) - février 2011
Op initiatief van de federale overheid heeft het Belgische stelsel van werkloosheidsverze-kering sinds 2004 belangrijke veranderingen ondergaan. Het principe van de toekenning van ...
Concepts of Love and Romance According to Sufism and Rumi
Concepts of Love and Romance According to Sufism and Rumi
One of Jalal ud-Din Muhammad Rumi's important ways about God-Man is "Love." Man can reach God through love and achieve divine qualities. According to Islamic understanding and lite...
DIE (GCALEKA-)KONING IS DOOD, LANK LEEF DIE (GCALEKA-)KONING!
DIE (GCALEKA-)KONING IS DOOD, LANK LEEF DIE (GCALEKA-)KONING!
Koning Xolilizwe Sigcawu is op 31 Desember 2005 in 1 Militêre Hospitaal, Pretoria, aan lewerversaking dood. Koning Sigcawu, wie se koningshuis by die Groot Plek Nqadu naby Willowva...
Lessons to be learned from Only Fools: the protection of fictional characters, parody and pastiche
Lessons to be learned from Only Fools: the protection of fictional characters, parody and pastiche
Die uitspraak in die Engelse saak Shazam Productions v Only Fools The Dining Experience (“Shazam-saak”) was in twee opsigte ’n grensverskuiwende kopiereg-uitspraak. Dit was die eer...

