Search engine for discovering works of Art, research articles, and books related to Art and Culture
ShareThis
Javascript must be enabled to continue!

Gold mining in Zululand

View through CrossRef
Hierdie artikel ondersoek die reeks kleiner “goudstormlope” wat gedurende die middel 1880’s plaasgevind het tot net na die Eerste Wêreldoorlog in KwaZulu-Natal – histories bekend as Zululand. Goudprospektering was veral aangespoor deur die £1 000 beloning aangebied deur die koloniale regering van Natal aan enige delwer wat ‘n betekenisvolle goudrif in hierdie geweste sou ontdek. Alhoewel betreklike ryk ertsneerslae van gouddraende riwwe dikwels ontdek is, en wat gevolglik tot stormlope na vergeleë areas in hierdie gebied aanleiding gegee het, het almal op die lange duur min opgelewer. Die eenvoudige verklaring daarvoor was dat die Goudrif net in ertsneste of -holtes voorgekom het en dus nie aaneenlopend was nie. Die bergagtige aard van die terrein met sy diep valleie was grotendeels die vernaamste rede die gebroke goudriflyn. Twee fases van goudmynbedrywighede is geïdentifiseer. Uiteindelik sou dit blyk dat die meeste van die goudmynmaatskappye in Zululand ‘n beperkte groei gehandhaaf het as kleinerige myne met ‘n gesukkel om ‘n bestaan te maak. Bedrywighede is beeïndig. Die uitsondering was ‘n kleinerige aanleg in die Pongolovallei wat die Wonderfonteinriwwe bewerk het. Na die Tweede Wêreldoorlog was daar net sporadiese pogings om bestaande goudriwwe te myn aangesien daar geen nuwes ontdek was nie. In hierdie artikel word die begin- en ontwikkelingsfase van die hoofgoudstormlope in Zululand ondersoek. Die lengte van elk se lewenssiklus sowel as die gesukkel om die “ertsneste” te vind en ‘n befondsing vir dié bedryf se velerlei uitdagings, word bespreek.
Title: Gold mining in Zululand
Description:
Hierdie artikel ondersoek die reeks kleiner “goudstormlope” wat gedurende die middel 1880’s plaasgevind het tot net na die Eerste Wêreldoorlog in KwaZulu-Natal – histories bekend as Zululand.
Goudprospektering was veral aangespoor deur die £1 000 beloning aangebied deur die koloniale regering van Natal aan enige delwer wat ‘n betekenisvolle goudrif in hierdie geweste sou ontdek.
Alhoewel betreklike ryk ertsneerslae van gouddraende riwwe dikwels ontdek is, en wat gevolglik tot stormlope na vergeleë areas in hierdie gebied aanleiding gegee het, het almal op die lange duur min opgelewer.
Die eenvoudige verklaring daarvoor was dat die Goudrif net in ertsneste of -holtes voorgekom het en dus nie aaneenlopend was nie.
Die bergagtige aard van die terrein met sy diep valleie was grotendeels die vernaamste rede die gebroke goudriflyn.
Twee fases van goudmynbedrywighede is geïdentifiseer.
Uiteindelik sou dit blyk dat die meeste van die goudmynmaatskappye in Zululand ‘n beperkte groei gehandhaaf het as kleinerige myne met ‘n gesukkel om ‘n bestaan te maak.
Bedrywighede is beeïndig.
Die uitsondering was ‘n kleinerige aanleg in die Pongolovallei wat die Wonderfonteinriwwe bewerk het.
Na die Tweede Wêreldoorlog was daar net sporadiese pogings om bestaande goudriwwe te myn aangesien daar geen nuwes ontdek was nie.
In hierdie artikel word die begin- en ontwikkelingsfase van die hoofgoudstormlope in Zululand ondersoek.
Die lengte van elk se lewenssiklus sowel as die gesukkel om die “ertsneste” te vind en ‘n befondsing vir dié bedryf se velerlei uitdagings, word bespreek.

Related Results

Light at the End of the Tunnel: Mining Justice and Health
Light at the End of the Tunnel: Mining Justice and Health
The mining industry provides valuable mined commodities and financial support for communities worldwide. Mining has become safer for workers. Significant injustices, however, are c...
THE ANATOMY OF ARTISANAL GOLD MINING IN WESTERN KENYA
THE ANATOMY OF ARTISANAL GOLD MINING IN WESTERN KENYA
<p>This study examined the anatomy of artisanal gold mining in western Kenya. The specific objectives of the study were; to evaluate the effect of artisanal gold mining on la...
NATIVE GOLD OF UKRAINE, PREREQUISITES FOR THE CREATION OF ITS CRYSTALLOGENETIC DETERMINANT
NATIVE GOLD OF UKRAINE, PREREQUISITES FOR THE CREATION OF ITS CRYSTALLOGENETIC DETERMINANT
The main developments in the typomorphism of native gold from various depth and uneven-aged deposits are described briefly, and the basis for creating a native gold crystallogeneti...
A Preliminary Review of Metallogenic Regularity of Gold Deposits in China
A Preliminary Review of Metallogenic Regularity of Gold Deposits in China
AbstractGold is one of the most important mineral resources in China with its rich mineral resources. In recent years, significant progress has been made on the process of gold res...
Impact of Mining on Socioeconomic Status in Puno, Peru
Impact of Mining on Socioeconomic Status in Puno, Peru
This study examines the direct and indirect effects of mining activities on key socioeconomic indicators such as per capita income, the Human Development Index (HDI), and education...
Implications of Gold Trading for the Global Economy
Implications of Gold Trading for the Global Economy
One of the precious metals found in the earth’s crust, whose economic value dates back several centuries and remains relevant in our contemporary socio-economic settings, is gold. ...
Could Gold Serve as an Exchange Rate Hedge in Japan?
Could Gold Serve as an Exchange Rate Hedge in Japan?
Gold is the asset that has attracted people for thousands of years and this attraction continues to the present day because, according to Worthington and Pahlavani (2006), unlike m...
Investment at Hajj Financial Management Agency (BPKH)
Investment at Hajj Financial Management Agency (BPKH)
This research aims to analyze the influence of macroeconomic factors on price movements in Pegadaian gold accounts, analyze the factors that BPKH must put into consideration when i...

Back to Top