Search engine for discovering works of Art, research articles, and books related to Art and Culture
ShareThis
Javascript must be enabled to continue!

Digitisation and consumer law in South Africa and Africa

View through CrossRef
Die digitale revolusie tydens die laaste drie dekades het ’n enorme impak gemaak op die wyse waarop verbruikers en verskaffers tans optree. Hierdie ontwikkeling skep nou nuwe uitdagings vir verbruikersbeskerming en die regulering van verskaffers. Die verbruikersregbeskermingsmodel waarop bestaande verbruikersregwetgewing in Suid-Afrika en wêreldwyd geskoei is, moet opnuut in oënskou geneem word om te bepaal of dit nog in pas is met die eise van die internetverbruikerswêreld. Die artikel skop af met ’n ontleding van die eienskappe van digitale verbruikers en die soort transaksies wat hulle sluit. Daar word ook daarop gewys hoe verskillende veilige betalingsmetodes bygedra het om die vertroue van verbruikers in internethandel te laat groei. Die artikel ontleed die bestaande pogings om verbruikersreg wêreldwyd te harmonieer. Ten spyte van kulturele, sosiale en ekonomiese verskille bestaan daar nogtans ’n wye verskeidenheid van soortgelyke kwessies wat voorkom en wat vatbaar is vir harmoniëring. Dit is veral die geval met betrekking tot die kwessies wat internethandel opwerp. Landsgrense is vinnig besig om te verdwyn en oorgrensverbruikerstransaksies is nou alledaags wat verdere eise aan verbruikersbeskerming stel. Die invloed van die Verenigde Volke se Kommissie vir Internasionale Handelsreg (UNCITRAL) se Modelwet vir Elektroniese Handel en Transaksies (Model Law on Electronic Commerce) van 1996 op die Suid-Afrikaanse reg en verbruikersreg word ontleed. Daar word ook gekyk of die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies 25 van 2002 wat op die Model Law geskoei is nog pasgemaak is om meer onlangse ontwikkelings baas te raak. Daar word ook ’n ontleding gedoen van die wisselwerking tussen die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies 25 van 2002 en die latere Verbruikersbeskermingswet (Consumer Protection Act) 68 van 2008. Die artikel toon hoe die groei van toegang tot slimfone in Afrika tot wyer toegang tot die internet aanleiding gee en daarmee bydra om die sogenaamde digitale gaping te vernou. Dit maak dit nou ook moontlik vir verbruikers in afgeleë landelike gebiede om deel te neem aan internethandel. Daar word verwys na die sukses met die elektroniese bankwese in Oos-Afrika in hierdie proses. Die ontwikkeling van verbruikersreg in Suid-Afrika word as ’n voorbeeld gebruik om aan te toon hoe die plaaslike verbruikersreg wat tot relatief onlangs onderontwikkel was, deur omvattende wetgewing soos die Nasionale Kredietwet 34 van 2005, die Consumer Protection Act (Verbruikersbeskermingswet wat egter nie op Afrikaans uitgegee is nie) 68 van 2008 en die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting 4 van 2013 vernuwe is, maar dat hierdie wetgewing alreeds nie meer voldoende voorsiening maak vir die eise van internethandel nie. Ten slotte word daar breedweg gewys op die vereistes waaraan verbruikersbeskermingswetgewing moet voldoen om voorsiening te maak vir digitale verbruikersbeskerming. Daar word ook aan die hand gedoen dat die feit dat baie Afrika lande se verbruikersbeskermingswetgewing nog onderontwikkeld is, die moontlikheid bied om moderne pasgemaakte maatreëls te ontwikkel met verwysing na verwikkelinge elders in die wêreld sonder om deur die langsame ontwikkelingsprosesse van elders te gaan.
Title: Digitisation and consumer law in South Africa and Africa
Description:
Die digitale revolusie tydens die laaste drie dekades het ’n enorme impak gemaak op die wyse waarop verbruikers en verskaffers tans optree.
Hierdie ontwikkeling skep nou nuwe uitdagings vir verbruikersbeskerming en die regulering van verskaffers.
Die verbruikersregbeskermingsmodel waarop bestaande verbruikersregwetgewing in Suid-Afrika en wêreldwyd geskoei is, moet opnuut in oënskou geneem word om te bepaal of dit nog in pas is met die eise van die internetverbruikerswêreld.
Die artikel skop af met ’n ontleding van die eienskappe van digitale verbruikers en die soort transaksies wat hulle sluit.
Daar word ook daarop gewys hoe verskillende veilige betalingsmetodes bygedra het om die vertroue van verbruikers in internethandel te laat groei.
Die artikel ontleed die bestaande pogings om verbruikersreg wêreldwyd te harmonieer.
Ten spyte van kulturele, sosiale en ekonomiese verskille bestaan daar nogtans ’n wye verskeidenheid van soortgelyke kwessies wat voorkom en wat vatbaar is vir harmoniëring.
Dit is veral die geval met betrekking tot die kwessies wat internethandel opwerp.
Landsgrense is vinnig besig om te verdwyn en oorgrensverbruikerstransaksies is nou alledaags wat verdere eise aan verbruikersbeskerming stel.
Die invloed van die Verenigde Volke se Kommissie vir Internasionale Handelsreg (UNCITRAL) se Modelwet vir Elektroniese Handel en Transaksies (Model Law on Electronic Commerce) van 1996 op die Suid-Afrikaanse reg en verbruikersreg word ontleed.
Daar word ook gekyk of die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies 25 van 2002 wat op die Model Law geskoei is nog pasgemaak is om meer onlangse ontwikkelings baas te raak.
Daar word ook ’n ontleding gedoen van die wisselwerking tussen die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies 25 van 2002 en die latere Verbruikersbeskermingswet (Consumer Protection Act) 68 van 2008.
Die artikel toon hoe die groei van toegang tot slimfone in Afrika tot wyer toegang tot die internet aanleiding gee en daarmee bydra om die sogenaamde digitale gaping te vernou.
Dit maak dit nou ook moontlik vir verbruikers in afgeleë landelike gebiede om deel te neem aan internethandel.
Daar word verwys na die sukses met die elektroniese bankwese in Oos-Afrika in hierdie proses.
Die ontwikkeling van verbruikersreg in Suid-Afrika word as ’n voorbeeld gebruik om aan te toon hoe die plaaslike verbruikersreg wat tot relatief onlangs onderontwikkel was, deur omvattende wetgewing soos die Nasionale Kredietwet 34 van 2005, die Consumer Protection Act (Verbruikersbeskermingswet wat egter nie op Afrikaans uitgegee is nie) 68 van 2008 en die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting 4 van 2013 vernuwe is, maar dat hierdie wetgewing alreeds nie meer voldoende voorsiening maak vir die eise van internethandel nie.
Ten slotte word daar breedweg gewys op die vereistes waaraan verbruikersbeskermingswetgewing moet voldoen om voorsiening te maak vir digitale verbruikersbeskerming.
Daar word ook aan die hand gedoen dat die feit dat baie Afrika lande se verbruikersbeskermingswetgewing nog onderontwikkeld is, die moontlikheid bied om moderne pasgemaakte maatreëls te ontwikkel met verwysing na verwikkelinge elders in die wêreld sonder om deur die langsame ontwikkelingsprosesse van elders te gaan.

Related Results

Status and practices of digitisation in Kuwaiti academic libraries
Status and practices of digitisation in Kuwaiti academic libraries
Digitisation offers many advantages for academic libraries. This study explores the status and practices of digitisation in Kuwaiti academic libraries, and librarians’ perceived im...
Mindy Calling: Size, Beauty, Race in The Mindy Project
Mindy Calling: Size, Beauty, Race in The Mindy Project
When characters in the Fox Television sitcom The Mindy Project call Mindy Lahiri fat, Mindy sees it as a case of misidentification. She reminds the character that she is a “petite ...
Afrikanske smede
Afrikanske smede
African Smiths Cultural-historical and sociological problems illuminated by studies among the Tuareg and by comparative analysisIn KUML 1957 in connection with a description of sla...
Materialism and Environmental Knowledge as a Mediator for Relationships between Religiosity and Ethical Consumption
Materialism and Environmental Knowledge as a Mediator for Relationships between Religiosity and Ethical Consumption
ABSTRACTOn a global and regional scale, Indonesia has one of the least environmentally sustainable economies in the Asia-Pacific region. Consumption is one of the key factors contr...
AN ALTERNATIVE WAY OF RESOLVING DISPUTE WITH CONSUMER PARTICIPATION: EXPERIENCE FOR UKRAINE
AN ALTERNATIVE WAY OF RESOLVING DISPUTE WITH CONSUMER PARTICIPATION: EXPERIENCE FOR UKRAINE
Background. The Government-endorsed Concept of State Policy for Consumer Protection by 2020 recognizes the need to reform a consumer protection system that has lost its control and...
Atypical business law provisions
Atypical business law provisions
The article is devoted to the vision of atypical business law provisions. It was found that the state of scientific opinion regarding atypical business law provisions is irrelevant...
New species of the Afrotropical spider genus Cheiramiona Lotz & Dippenaar-Schoeman (Araneae: Eutichuridae)
New species of the Afrotropical spider genus Cheiramiona Lotz & Dippenaar-Schoeman (Araneae: Eutichuridae)
Twenty-three new species of the Afrotropical sac spider genus Cheiramiona Lotz & Dippenaar-Schoeman, 1999 are described: C. baviaan sp. nov. (♀, South Africa), C. boschrandensi...
On the Status of Rights
On the Status of Rights
Photo by Patrick Tomasso on Unsplash ABSTRACT In cases where the law conflicts with bioethics, the status of rights must be determined to resolve some of the tensions. ...

Back to Top