Search engine for discovering works of Art, research articles, and books related to Art and Culture
ShareThis
Javascript must be enabled to continue!

ARBEIDSREGTELIKE ONTWIKKELING VAN DIE GEMENEREG: QUO VADIS?

View through CrossRef
Gedurende die afgelope paar jaar het interessante tendense in arbeidsregtelike verband neerslag gevind – tendense wat aan die een kant deur regspragmatisme gekenmerk word en te verwelkom is, maar aan die ander kant, ander wat deur 'n stremmende bekommernis oor onnodige dualisme gekenmerk word en voorgaande tendense neutraliseer. Die Suid-Afrikaanse arbeidsverhoudinge-dinamika is verteenwoordigend van die “regswoelinge” wat die afgelope aantal jare hierdie aktuele terrein vandie reg gekenmerk het. In die resente en nou reeds bekende uitspraak van Gcaba v Minister for Safety & Security (2009 30 ILJ 2623 (KH)) is die volgende insiggewende uitlating deur die Konstitusionele Hof gemaak wat van bogemelde gedagtes onderlê en realisties tipeer: “Yet the legislature, courts, legal representatives and academics often create complexity and confusion rather than clarity and guidance. In the case of fairly new legislation based on a young Constitution this is perhaps understandable”.Die ontwikkeling van die gemenereg en meer spesifiek die gemeenregtelike dienskontrak ingevolge die konstitusionele voorskrifte van artikels 8(3) en 39(2) van die Grondwet van 1996 ten einde dit in ooreenstemming met die Handves van Menseregte te bring, het 'n welkome dog effe omstrede verloop gehad totdat dit deur 'n vreemde “ommekeer” van sienswyse tot stilstand gebring is.Teen hierdie agtergrond sal die omstrede saak van SA Maritime Safety Authority v McKenzie (2010 31 ILJ 529 (HHA)) bespreek word waarin gemelde tendense, beslag ontvang het asook die verskillende sienswyses wat in reaksie daarop gevolg het.
Academy of Science of South Africa
Title: ARBEIDSREGTELIKE ONTWIKKELING VAN DIE GEMENEREG: QUO VADIS?
Description:
Gedurende die afgelope paar jaar het interessante tendense in arbeidsregtelike verband neerslag gevind – tendense wat aan die een kant deur regspragmatisme gekenmerk word en te verwelkom is, maar aan die ander kant, ander wat deur 'n stremmende bekommernis oor onnodige dualisme gekenmerk word en voorgaande tendense neutraliseer.
Die Suid-Afrikaanse arbeidsverhoudinge-dinamika is verteenwoordigend van die “regswoelinge” wat die afgelope aantal jare hierdie aktuele terrein vandie reg gekenmerk het.
In die resente en nou reeds bekende uitspraak van Gcaba v Minister for Safety & Security (2009 30 ILJ 2623 (KH)) is die volgende insiggewende uitlating deur die Konstitusionele Hof gemaak wat van bogemelde gedagtes onderlê en realisties tipeer: “Yet the legislature, courts, legal representatives and academics often create complexity and confusion rather than clarity and guidance.
In the case of fairly new legislation based on a young Constitution this is perhaps understandable”.
Die ontwikkeling van die gemenereg en meer spesifiek die gemeenregtelike dienskontrak ingevolge die konstitusionele voorskrifte van artikels 8(3) en 39(2) van die Grondwet van 1996 ten einde dit in ooreenstemming met die Handves van Menseregte te bring, het 'n welkome dog effe omstrede verloop gehad totdat dit deur 'n vreemde “ommekeer” van sienswyse tot stilstand gebring is.
Teen hierdie agtergrond sal die omstrede saak van SA Maritime Safety Authority v McKenzie (2010 31 ILJ 529 (HHA)) bespreek word waarin gemelde tendense, beslag ontvang het asook die verskillende sienswyses wat in reaksie daarop gevolg het.

Related Results

E-Learning
E-Learning
E-Learning ist heute aus keinem pädagogischen Lehrraum mehr wegzudenken. In allen Bereichen von Schule über die berufliche bis zur universitären Ausbildung und besonders im Bereich...
Struikelblokke wat toesig deur opposisiepartye in die Suid-Afrikaanse parlement belemmer
Struikelblokke wat toesig deur opposisiepartye in die Suid-Afrikaanse parlement belemmer
Dit is duidelik uit die Suid-Afrikaanse geskiedenis van die afgelope 27 jaar dat die toesigrol in ons parlement tekortskiet. Oor die algemeen is die parlement veronderstel om toesi...
Digitisation and consumer law in South Africa and Africa
Digitisation and consumer law in South Africa and Africa
Die digitale revolusie tydens die laaste drie dekades het ’n enorme impak gemaak op die wyse waarop verbruikers en verskaffers tans optree. Hierdie ontwikkeling skep nou nuwe uitda...
Numéro 85 (nl) - février 2011
Numéro 85 (nl) - février 2011
Op initiatief van de federale overheid heeft het Belgische stelsel van werkloosheidsverze-kering sinds 2004 belangrijke veranderingen ondergaan. Het principe van de toekenning van ...
DIE (GCALEKA-)KONING IS DOOD, LANK LEEF DIE (GCALEKA-)KONING!
DIE (GCALEKA-)KONING IS DOOD, LANK LEEF DIE (GCALEKA-)KONING!
Koning Xolilizwe Sigcawu is op 31 Desember 2005 in 1 Militêre Hospitaal, Pretoria, aan lewerversaking dood. Koning Sigcawu, wie se koningshuis by die Groot Plek Nqadu naby Willowva...
The league of nations: South Africa and the Rehoboth Basters' constitutional struggle, 1919-1939
The league of nations: South Africa and the Rehoboth Basters' constitutional struggle, 1919-1939
Die groep mense van gemengde afkoms wat gedurende die agtiende eeu in die Noordwes-Kaap hulle ontstaan gehad het, en later as die Rehoboth-Basters bekend geword het, het in 1868 di...
Neues Fernsehen?! – Neues Fernsehverhalten!? Aktuelle Wandlungsprozesse des Fernsehens
Neues Fernsehen?! – Neues Fernsehverhalten!? Aktuelle Wandlungsprozesse des Fernsehens
Der Diskurs um die aktuellen Entwicklungen des Fernsehens ist heterogen und bipolar. Einige läuten das ‚Ende des (linearen) Fernsehens‘ ein – wie jüngst etwa Netflix-Chef Reed Hast...
Editorial
Editorial
Es ist nicht ganz einfach zu sagen, was heute eigentlich genau „Radio“ bezeichnet. Früher war Radio Hörfunk, noch früher wurde er Rundfunk genannt, und gemeint war damit ausgestrah...

Back to Top