Search engine for discovering works of Art, research articles, and books related to Art and Culture
ShareThis
Javascript must be enabled to continue!

Sinsoekers: Tussen Twyfel en Troos

View through CrossRef
Johan Cilliers bied hier ’n teologiese boek aan wat tegelykertyd ook ’n kunswerk is – en wys daarmee dat teologiese diskoerse ’n opwindende kombinasie van skilderye, gedigte, refleksies, verhale, baie humor, Bybelse woorde, preke en meditasies kan wees. Hierdie boek is ’n ‘bricolage’ – ’n skepping uit ’n verskeidenheid van dinge – en demonstreer dat ons lewens ook ’n skone bricolage in God se oë is. In sy estetiese vorm, maar ook inhoud, is hierdie boek geheel en al anders as baie ander wat al oor ‘die sin van die lewe’ geskryf is. Johan Cilliers onderbreek elke selfgefabriseerde produksie van betekenis en stuur sy lesers in die rigting van die gawe van genade. Hy open die horison na God en die genade van die betekenis wat God aan ons as klein, maar kosbare fragmente skenk. Hierdie is ’n boek oor ons ‘eskatologiese eksistensie’ – maar dit klink veels te abstrak. Ek het baie ontdek en geleer deur hierdie boek te lees, het in kontak met die skrywer en sy familie gekom, het bestudeer wat hom fassineer, en baie beter gevoel nadat ek dit klaar gelees het. Dit is waarskynlik die beste wat mens oor ’n teologiese boek kán sê. Alexander Deeg: Professor in Praktiese Teologie, Leipzig, Duitsland. In hierdie diep persoonlike boek maak bekende Cilliers temas — insluitend die skep van sin, prediking, moderne kuns, kleur, Stellenbosse wyne, en die Karoo — op ’n verrassend nuwe wyse hulle verskyning. Hulle word verbind met intens gelukkige en uiters hartseer outobiografiese momente, en word as niks meer as fragmente aangebied nie. Terwyl mens egter die boek lees, begin die fragmente as ’n geheel met mekaar kommunikeer, en skep só al spelende ’n verrassende, eksistensiële teologie. ’n Teologie wat aanhaak by jou eie eksistensie as leser. Neem, lees, en geniet hierdie smaakvolle boek. Marcel Barnard: Professor in Praktiese Teologie aan die Protestantse Teologiese Universiteit, Amsterdam, en Buitengewone Professor aan die Universiteit Stellenbosch.
Title: Sinsoekers: Tussen Twyfel en Troos
Description:
Johan Cilliers bied hier ’n teologiese boek aan wat tegelykertyd ook ’n kunswerk is – en wys daarmee dat teologiese diskoerse ’n opwindende kombinasie van skilderye, gedigte, refleksies, verhale, baie humor, Bybelse woorde, preke en meditasies kan wees.
Hierdie boek is ’n ‘bricolage’ – ’n skepping uit ’n verskeidenheid van dinge – en demonstreer dat ons lewens ook ’n skone bricolage in God se oë is.
In sy estetiese vorm, maar ook inhoud, is hierdie boek geheel en al anders as baie ander wat al oor ‘die sin van die lewe’ geskryf is.
Johan Cilliers onderbreek elke selfgefabriseerde produksie van betekenis en stuur sy lesers in die rigting van die gawe van genade.
Hy open die horison na God en die genade van die betekenis wat God aan ons as klein, maar kosbare fragmente skenk.
Hierdie is ’n boek oor ons ‘eskatologiese eksistensie’ – maar dit klink veels te abstrak.
Ek het baie ontdek en geleer deur hierdie boek te lees, het in kontak met die skrywer en sy familie gekom, het bestudeer wat hom fassineer, en baie beter gevoel nadat ek dit klaar gelees het.
Dit is waarskynlik die beste wat mens oor ’n teologiese boek kán sê.
Alexander Deeg: Professor in Praktiese Teologie, Leipzig, Duitsland.
In hierdie diep persoonlike boek maak bekende Cilliers temas — insluitend die skep van sin, prediking, moderne kuns, kleur, Stellenbosse wyne, en die Karoo — op ’n verrassend nuwe wyse hulle verskyning.
Hulle word verbind met intens gelukkige en uiters hartseer outobiografiese momente, en word as niks meer as fragmente aangebied nie.
Terwyl mens egter die boek lees, begin die fragmente as ’n geheel met mekaar kommunikeer, en skep só al spelende ’n verrassende, eksistensiële teologie.
’n Teologie wat aanhaak by jou eie eksistensie as leser.
Neem, lees, en geniet hierdie smaakvolle boek.
Marcel Barnard: Professor in Praktiese Teologie aan die Protestantse Teologiese Universiteit, Amsterdam, en Buitengewone Professor aan die Universiteit Stellenbosch.

Related Results

Sociale scheidslijnen tussen groepen: Wat valt er te verklaren?
Sociale scheidslijnen tussen groepen: Wat valt er te verklaren?
De sociale scheidslijnen in Nederland worden sterker: steeds meer leven we in bubbels van mensen die op ons lijken. Tenminste, dat is het beeld wat de media schetsen. Maar klopt di...
Verrekenprijzen bij handelingen tussen hoofdhuis en vaste inrichting
Verrekenprijzen bij handelingen tussen hoofdhuis en vaste inrichting
In het arrest Pizzarotti Italia heeft het HvJ in een Roemeense zaak beslist dat een nationale regeling op grond waarvan wel een verrekenprijscorrec tie van de winst van een vaste i...
De Verweven Ontwikkeling van Autismekenmerken en Functionele Somatische Symptomen in de Adolescentie
De Verweven Ontwikkeling van Autismekenmerken en Functionele Somatische Symptomen in de Adolescentie
Autismekenmerken en functionele somatische symptomen (FSS, d.w.z. lichamelijke klachten zonder duidelijke medische oorzaak) komen vaak samen voor. Tot op heden is dit verband voora...
Iedere taal is een wereld. Interculturele communicatie voor professionals
Iedere taal is een wereld. Interculturele communicatie voor professionals
Tussen culturen bestaan grote verschillen over de vraag hoe men hoort te communiceren. In sommige culturen is het uiten van emoties een signaal van oprechte bedoelingen. In andere ...
Samen bouwen aan de leerbrug tussen school en lerarenopleiding
Samen bouwen aan de leerbrug tussen school en lerarenopleiding
Partnerschappen tussen scholen en lerarenopleidingen worden internationaal erkend als een sleutel voor complexe onderwijsvraagstukken, zoals het doeltreffend voorbereiden van toeko...
Co-creatie als Hefboom voor Inclusief Onderwijs
Co-creatie als Hefboom voor Inclusief Onderwijs
Vlaamse reguliere scholen kunnen leersteun aanvragen voor leerlingen met specifieke onderwijsbehoeften. Leerondersteuners zetten in op co-creatie aangezien samen ontwerpen van incl...
Ludwig Wittgenstein en Karel Schoeman: ’n verkenning van die verbande tussen Wittgenstein se taalfilosofie en Schoeman se woordkuns
Ludwig Wittgenstein en Karel Schoeman: ’n verkenning van die verbande tussen Wittgenstein se taalfilosofie en Schoeman se woordkuns
Hierdie artikel toon die verband tussen die idees van Ludwig Wittgenstein oor taalkommunikasie en Karel Schoeman se woordkuns. Dele van wat Wittgenstein as filosofiese stellings in...
Vlaanderen, de Vlaamse beweging en Frederik van Eeden (1918-1922)
Vlaanderen, de Vlaamse beweging en Frederik van Eeden (1918-1922)
De Nederlandse geneesheer, denker, literator en experimentalistische wereldverbeteraar Frederik van Eeden (1860-1932) wilde dichter aansluiten bij de moderne tijd dan bij de romant...

Back to Top