Search engine for discovering works of Art, research articles, and books related to Art and Culture
ShareThis
Javascript must be enabled to continue!

The league of nations: South Africa and the Rehoboth Basters' constitutional struggle, 1919-1939

View through CrossRef
Die groep mense van gemengde afkoms wat gedurende die agtiende eeu in die Noordwes-Kaap hulle ontstaan gehad het, en later as die Rehoboth-Basters bekend geword het, het in 1868 die Kaapkolonie verlaat en hulle in 1870 in Rehoboth en omgewing in die gebied wat later as Duits-Suidwes-Afrika bekend was, gevestig. SuidAfrika het in 1915 Duits-Suidwes-Afrika binnegeval en verower. Suidwes-Afrika is na afloop van die Eerste Wereldoorlog as 'n C-mandaatgebied aan Suid-Afrika toegeken. Mandaathouers was onder die verpligting om C-mandaatgebiede te bestuur "...as integral portions thereof. .., but in the interest of the indigenous population" en onder jurisdiksie van die Volkebond. Hierdie verpligting is later vervat in Artikel 22 van die handves van die Volkebond en is verwys na as die sogenaamde "sacred trust". Hierdie artikel fokus op die konstitusionele stryd van die Rehoboth-Basters en die reaksie van die Suid-Afrikaanse Regering en die Volkebond in die lig van die sogenaamde "sacred trust". Baster-Suid-Afrikaanse verhoudinge is van meetafaan gf1kenmerk deurdelikate konstitusionele onderhandelinge. Die Basterraad het ondanks hewige teenstand 'n konstitusionele ooreenkoms in Augustus 1923 aanvaar. Die ontevredenes het daarop hulle eie raad verkies, waama verskeie vrugtelose versoeningspogings gevolg het. In Desember 1924 is die Suid-Afrikaanse Regering met 'n eensydige onafhanklikheidsverklaring gekonfronteer, maar in April 1925 het die Suid-Afrikaanse Regering via magsvertoon die rebelle tot oorgawe gedwing. Die gesloer met die verslag van regter J. De Villiers het groot frustrasie in Bastergeledere veroorsaak. Die rebelle het hulle male sonder tal op die Volkebond en die Goewemeur-generaal beroep, en het die hantering van die Basterkwessie uiteindelik tot konfrontasie tussen die Suid-Afrikaanse Regering en die Volkebond gelei. Die Baster Adviserende Raad wat deur die SuidAfrikaanse regering in April 1928 ingestel is, is suksesvol deur die ontevredenes geboikot. In Augustus 1932 hetdie kaptein van die ontevredenes en 'n groot aantal van sy volgelinge, gemotiveer deur die advies van die Volkebond en die ekonomiese probleme van die dertigefjare versoen met die Minderheidsparty. 'n Grotendeels verenigde Bastergemeenskap het daama tevergeefs gepoog om hulle konstitusionele posisie te verbeter. In 1939 het die Suid-Afrikaanse Geard-Allen-kommissie aanbeveel dat die Basterkonstitusie nie in daardie stadium heringestelkon word nie, aangesien die Bastersleiers onbevoeg was om die Bastergemeenskap effektief te bestuur.
Title: The league of nations: South Africa and the Rehoboth Basters' constitutional struggle, 1919-1939
Description:
Die groep mense van gemengde afkoms wat gedurende die agtiende eeu in die Noordwes-Kaap hulle ontstaan gehad het, en later as die Rehoboth-Basters bekend geword het, het in 1868 die Kaapkolonie verlaat en hulle in 1870 in Rehoboth en omgewing in die gebied wat later as Duits-Suidwes-Afrika bekend was, gevestig.
SuidAfrika het in 1915 Duits-Suidwes-Afrika binnegeval en verower.
Suidwes-Afrika is na afloop van die Eerste Wereldoorlog as 'n C-mandaatgebied aan Suid-Afrika toegeken.
Mandaathouers was onder die verpligting om C-mandaatgebiede te bestuur ".
as integral portions thereof.
.
, but in the interest of the indigenous population" en onder jurisdiksie van die Volkebond.
Hierdie verpligting is later vervat in Artikel 22 van die handves van die Volkebond en is verwys na as die sogenaamde "sacred trust".
Hierdie artikel fokus op die konstitusionele stryd van die Rehoboth-Basters en die reaksie van die Suid-Afrikaanse Regering en die Volkebond in die lig van die sogenaamde "sacred trust".
Baster-Suid-Afrikaanse verhoudinge is van meetafaan gf1kenmerk deurdelikate konstitusionele onderhandelinge.
Die Basterraad het ondanks hewige teenstand 'n konstitusionele ooreenkoms in Augustus 1923 aanvaar.
Die ontevredenes het daarop hulle eie raad verkies, waama verskeie vrugtelose versoeningspogings gevolg het.
In Desember 1924 is die Suid-Afrikaanse Regering met 'n eensydige onafhanklikheidsverklaring gekonfronteer, maar in April 1925 het die Suid-Afrikaanse Regering via magsvertoon die rebelle tot oorgawe gedwing.
Die gesloer met die verslag van regter J.
De Villiers het groot frustrasie in Bastergeledere veroorsaak.
Die rebelle het hulle male sonder tal op die Volkebond en die Goewemeur-generaal beroep, en het die hantering van die Basterkwessie uiteindelik tot konfrontasie tussen die Suid-Afrikaanse Regering en die Volkebond gelei.
Die Baster Adviserende Raad wat deur die SuidAfrikaanse regering in April 1928 ingestel is, is suksesvol deur die ontevredenes geboikot.
In Augustus 1932 hetdie kaptein van die ontevredenes en 'n groot aantal van sy volgelinge, gemotiveer deur die advies van die Volkebond en die ekonomiese probleme van die dertigefjare versoen met die Minderheidsparty.
'n Grotendeels verenigde Bastergemeenskap het daama tevergeefs gepoog om hulle konstitusionele posisie te verbeter.
In 1939 het die Suid-Afrikaanse Geard-Allen-kommissie aanbeveel dat die Basterkonstitusie nie in daardie stadium heringestelkon word nie, aangesien die Bastersleiers onbevoeg was om die Bastergemeenskap effektief te bestuur.

Related Results

Envisioning Originalism Applied to Bioethics Cases
Envisioning Originalism Applied to Bioethics Cases
Photo ID 123697425 © Alexandersikov | Dreamstime.com Abstract Originalism is an increasingly prevalent method for interpreting provisions of the US Constitution. It requires strict...
Analysis of the Constitutional Court Cases in 2022
Analysis of the Constitutional Court Cases in 2022
The Constitutional Court received a total of 2,829 cases in 2022 alone. Among the decisions made by the Constitutional Court in 2022, this paper reviews major decisions centered on...
Afrikanske smede
Afrikanske smede
African Smiths Cultural-historical and sociological problems illuminated by studies among the Tuareg and by comparative analysisIn KUML 1957 in connection with a description of sla...
A Review of the Constitutional Court's Use of International Human Rights Norms
A Review of the Constitutional Court's Use of International Human Rights Norms
Since the World War, international cooperation has been made to preserve the peace and interests of the human community, and representative results include the creation of internat...
Rehoboth Baster, Namibian or Namibian Baster? An analysis of national discourses in Rehoboth, Namibia*
Rehoboth Baster, Namibian or Namibian Baster? An analysis of national discourses in Rehoboth, Namibia*
Abstract. The point of departure of this article is a conception of nations as discursive constructions of ‘us’/‘here’ in relation to ‘them’/‘there’. The empirical analysis examin...
Transformation of the Institution of Constitutional Control in the Republic of Belarus
Transformation of the Institution of Constitutional Control in the Republic of Belarus
The article examines the stages of the evolution of constitutional control in the Republic of Belarus, through the prism of the development of abstract and concrete control. Charac...
PENGENALAN BUDIDAYA IKAN DENGAN WADAH KARAMBA JARING APUNG BAGI SISWA KELAS IX SMP KRISTEN REHOBOTH AMBON
PENGENALAN BUDIDAYA IKAN DENGAN WADAH KARAMBA JARING APUNG BAGI SISWA KELAS IX SMP KRISTEN REHOBOTH AMBON
Budidaya ikan memiliki pesona yang mampu menarik perhatian siswa kelas IX SMP Kristen Rehoboth, hal ini terlihat pada antusiasme siswa dalam mempelajari tentang budidaya ikan denga...
Clerical frames for nursing practice: missionary nurses at Rehoboth*
Clerical frames for nursing practice: missionary nurses at Rehoboth*
Clerical frames for nursing practice: missionary nurses at Rehoboth This paper presents a discourse analysis of publications of the Christian Reformed Church regarding its Rehoboth...

Back to Top