Search engine for discovering works of Art, research articles, and books related to Art and Culture
ShareThis
Javascript must be enabled to continue!

Gendertemas in Topsy Smith se Trompie-boeke

View through CrossRef
Die doel van hierdie artikel is tweeledig: (1) om deur die lens van Connell (1995) se manlikheidsteorie gendertemas in Topsy Smith se Trompie-boeke uit te wys en te bespreek en (2) om te bespiegel oor die moontlikheid om die Trompie-boeke as vertrekpunt te gebruik om ’n bewustheid van genderongelykhede by kinders te kweek. Vier-en-twintig van die oorspronklike Trompie-boeke (1950–6), wat gedurende die jare 2013 tot 2020 in agt omnibusse versamel en heruitgegee is, dien as data vir hierdie studie. ’n Interpretatiewe kwalitatiewe navorsingsbenadering is gevolg. Drie gendertemas is met behulp van kwalitatiewe inhoudsontleding geïdentifiseer: (1) Die idealisering van Afrikanerseuns en mans. Trompie is die versinnebeelding van die “ideale” Afrikanerseun. Hy is dapper, avontuurlustig en sportief, besit ’n oormaat selfvertroue en is ’n gebore leier. Daarteenoor word verfynde en gekultiveerde seuns negatief uitgebeeld. Mans word as Afrikanerelite voorgehou. (2) Vrouekarakters in die patriargale Afrikanergemeenskap word óf uitgebeeld as versorgers en huisvroue of individue vasgevang in kenmerkende vroueberoepe, soos ontvangsdames en onderwysers, óf bespot. Die meisies wat paaie met Trompie kruis, word as oppervlakkige, geldgierige en ydel randfigure gestereotipeer. (3) Die patriargale Afrikanerhuisgesin is ’n geïdealiseerde huisgesin. Die pa is die broodwinner en die ma ’n gelukkige versorger wie se lewe om haar man en kinders draai. Hierdie gendertemas word teen die agtergrond van plaaslike en internasionale studies oor gendertemas in jeuglektuur bespreek. Die gevaar bestaan dat negatiewe genderstereotipering in jeugboeke tot ’n lae selfbeeld en minderwaardigheidsgevoel onder meisies en oordrewe selfvertroue onder seuns kan lei. Kennis moet dus geneem word van internasionale navorsingsbevindinge dat kinders se blootstelling aan nieseksistiese boeke ’n verandering in vooropgestelde gendersienings te weeg kan bring. Dit is voorts belangrik dat ouers en onderwysers ’n bewustheid van en kritiese ingesteldheid teenoor genderstereotipering en hegemoniese manlikheid by kinders kweek. Die moontlikheid om deur die kritiese lees van jeugboeke ’n sinvolle, verrykende bydrae tot die graad 7‒9-Lewensoriënteringsonderrigplan vir Suid-Afrikaanse skole te maak, word kortliks aangedui.
Title: Gendertemas in Topsy Smith se Trompie-boeke
Description:
Die doel van hierdie artikel is tweeledig: (1) om deur die lens van Connell (1995) se manlikheidsteorie gendertemas in Topsy Smith se Trompie-boeke uit te wys en te bespreek en (2) om te bespiegel oor die moontlikheid om die Trompie-boeke as vertrekpunt te gebruik om ’n bewustheid van genderongelykhede by kinders te kweek.
Vier-en-twintig van die oorspronklike Trompie-boeke (1950–6), wat gedurende die jare 2013 tot 2020 in agt omnibusse versamel en heruitgegee is, dien as data vir hierdie studie.
’n Interpretatiewe kwalitatiewe navorsingsbenadering is gevolg.
Drie gendertemas is met behulp van kwalitatiewe inhoudsontleding geïdentifiseer: (1) Die idealisering van Afrikanerseuns en mans.
Trompie is die versinnebeelding van die “ideale” Afrikanerseun.
Hy is dapper, avontuurlustig en sportief, besit ’n oormaat selfvertroue en is ’n gebore leier.
Daarteenoor word verfynde en gekultiveerde seuns negatief uitgebeeld.
Mans word as Afrikanerelite voorgehou.
(2) Vrouekarakters in die patriargale Afrikanergemeenskap word óf uitgebeeld as versorgers en huisvroue of individue vasgevang in kenmerkende vroueberoepe, soos ontvangsdames en onderwysers, óf bespot.
Die meisies wat paaie met Trompie kruis, word as oppervlakkige, geldgierige en ydel randfigure gestereotipeer.
(3) Die patriargale Afrikanerhuisgesin is ’n geïdealiseerde huisgesin.
Die pa is die broodwinner en die ma ’n gelukkige versorger wie se lewe om haar man en kinders draai.
Hierdie gendertemas word teen die agtergrond van plaaslike en internasionale studies oor gendertemas in jeuglektuur bespreek.
Die gevaar bestaan dat negatiewe genderstereotipering in jeugboeke tot ’n lae selfbeeld en minderwaardigheidsgevoel onder meisies en oordrewe selfvertroue onder seuns kan lei.
Kennis moet dus geneem word van internasionale navorsingsbevindinge dat kinders se blootstelling aan nieseksistiese boeke ’n verandering in vooropgestelde gendersienings te weeg kan bring.
Dit is voorts belangrik dat ouers en onderwysers ’n bewustheid van en kritiese ingesteldheid teenoor genderstereotipering en hegemoniese manlikheid by kinders kweek.
Die moontlikheid om deur die kritiese lees van jeugboeke ’n sinvolle, verrykende bydrae tot die graad 7‒9-Lewensoriënteringsonderrigplan vir Suid-Afrikaanse skole te maak, word kortliks aangedui.

Related Results

Plasma AR Alterations and Timing of Intensified Hormone Treatment for Prostate Cancer
Plasma AR Alterations and Timing of Intensified Hormone Treatment for Prostate Cancer
This randomized clinical trial explores whether hormone intensification at start of androgen deprivation therapy alters selection of androgen receptor (AR) gene alterations within ...
Intravenous Vitamin C for Patients Hospitalized With COVID-19
Intravenous Vitamin C for Patients Hospitalized With COVID-19
ImportanceThe efficacy of vitamin C for hospitalized patients with COVID-19 is uncertain.ObjectiveTo determine whether vitamin C improves outcomes for patients with COVID-19.Design...
Bessie Smith
Bessie Smith
Understanding the literary pen as a fundamental tool that writes the narrative of black existence while also analyzing how the black woman’s voice in blues music represents black l...
Genomic reconstruction of the SARS-CoV-2 epidemic in England
Genomic reconstruction of the SARS-CoV-2 epidemic in England
Abstract The evolution of the severe acute respiratory syndrome coronavirus 2 (SARS-CoV-2) virus leads to new variants that warrant timely epidemiological charact...
BENTUK KANONIK SMITH PADA MATRIKS POLINOMIAL
BENTUK KANONIK SMITH PADA MATRIKS POLINOMIAL
Dalam teori matriks dikenal suatu bentuk kanonik Smith. Bentuk ini digunakan sebagai alternatif apabila suatu matriks tidak dapat didiagonalisasikan. Penelitian ini bertujuan untuk...

Back to Top