Search engine for discovering works of Art, research articles, and books related to Art and Culture
ShareThis
Javascript must be enabled to continue!

Wildmisdaad: ’n konseptuele definisie

View through CrossRef
Wildmisdaad bedreig daagliks die voortbestaan van talle wildspesies. Internasionale en nasionale belanghebbendes prioritiseer die bekamping van wildmisdaad deur voorrang aan dié kwessie op omgewingsagendas te gee, maar teenstrydig hiermee bestaan daar tans geen internasionale verdrag wat uitsluitlik op die bekamping van wildmisdaad fokus nie. ’n Moontlike rede hiervoor is dat geen universele definisie van wildmisdaad opgeteken is nie. Hoewel wildmisdaad ’n algemene gebeurtenis op Suid-Afrikaanse bodem is vanweë die oorvloed van wildspesies wat hier voorkom, is die konseptualisering van wildmisdaad in Suid-Afrikaanse wetgewing en beleid nie voor die hand liggend nie. Ten einde die konseptuele leemtes in die omgewingsreg te vul, het hierdie artikel ’n tweeledige doel, naamlik om (a) ’n konseptuele definisie van die begrip wildmisdaad vanuit ’n omgewingsregperspektief vir die doel van hierdie bydrae te formuleer en voor te stel; en (b) ’n omvattende konseptuele ontleding aan die hand van die geformuleerde voorgestelde definisie ((a) hier bo) te onderneem om die konsep van wildmisdaad binne die Suid-Afrikaanse omgewingsregkonteks vas te stel. Ten einde wildmisdaad konseptueel te definieer, moet die begrippe omgewingskade, omgewingsmisdaad, wild en misdaad afsonderlik aan die hand van relevante bronne ontleed word. In hierdie artikel word verbandhoudende definisies en konsepte voorts aan die hand van die voorgestelde definisie oorweeg en ontleed ten einde ’n ruim konseptuele definisie van die begrip wildmisdaad binne die Suid-Afrikaanse konteks te skep.
Title: Wildmisdaad: ’n konseptuele definisie
Description:
Wildmisdaad bedreig daagliks die voortbestaan van talle wildspesies.
Internasionale en nasionale belanghebbendes prioritiseer die bekamping van wildmisdaad deur voorrang aan dié kwessie op omgewingsagendas te gee, maar teenstrydig hiermee bestaan daar tans geen internasionale verdrag wat uitsluitlik op die bekamping van wildmisdaad fokus nie.
’n Moontlike rede hiervoor is dat geen universele definisie van wildmisdaad opgeteken is nie.
Hoewel wildmisdaad ’n algemene gebeurtenis op Suid-Afrikaanse bodem is vanweë die oorvloed van wildspesies wat hier voorkom, is die konseptualisering van wildmisdaad in Suid-Afrikaanse wetgewing en beleid nie voor die hand liggend nie.
Ten einde die konseptuele leemtes in die omgewingsreg te vul, het hierdie artikel ’n tweeledige doel, naamlik om (a) ’n konseptuele definisie van die begrip wildmisdaad vanuit ’n omgewingsregperspektief vir die doel van hierdie bydrae te formuleer en voor te stel; en (b) ’n omvattende konseptuele ontleding aan die hand van die geformuleerde voorgestelde definisie ((a) hier bo) te onderneem om die konsep van wildmisdaad binne die Suid-Afrikaanse omgewingsregkonteks vas te stel.
Ten einde wildmisdaad konseptueel te definieer, moet die begrippe omgewingskade, omgewingsmisdaad, wild en misdaad afsonderlik aan die hand van relevante bronne ontleed word.
In hierdie artikel word verbandhoudende definisies en konsepte voorts aan die hand van die voorgestelde definisie oorweeg en ontleed ten einde ’n ruim konseptuele definisie van die begrip wildmisdaad binne die Suid-Afrikaanse konteks te skep.

Related Results

Wildmisdaad: ’n konseptuele definisie
Wildmisdaad: ’n konseptuele definisie
Wildmisdaad bedreig daagliks die voortbestaan van talle wildspesies. Internasionale en nasionale belanghebbendes prioritiseer die bekamping van wildmisdaad deur voorrang aan dié kw...
D. P. M. Botes, Marcel Duchamp, die Europese avant-garde en ’n literêre definisie van plagiaat
D. P. M. Botes, Marcel Duchamp, die Europese avant-garde en ’n literêre definisie van plagiaat
This article attempts to widen the literary critical perspective on plagiarism by focussing on an early example of plagiarism in Afrikaans literature associated with the name of D....
Die kultuurhistoriese aktiwiteitsteorie: ’n lens om die onderrig van plantkunde as teenvoeter vir plantblindheid te ondersoek
Die kultuurhistoriese aktiwiteitsteorie: ’n lens om die onderrig van plantkunde as teenvoeter vir plantblindheid te ondersoek
Opsomming Plantblindheid, of die onvermoë om plante raak te sien of om hulle belangrikheid te erken, is ’n verskynsel wat wyd onder akademici, onderwysers, leerders en die algemen...

Back to Top