Search engine for discovering works of Art, research articles, and books related to Art and Culture
ShareThis
Javascript must be enabled to continue!

Bruikbaarheid van ChatGPT-4V(Vision) om lugfoto’s te ontleed, dryfvere wat aanneem kan bevorder en implikasies vir Geografie-klaskamers

View through CrossRef
ChatGPT-4V kan lugfoto’s redelik suksesvol ontleed, tog is die implikasies daarvan vir Geografie-klaskamers nog nie ondersoek nie. Die doel van hierdie verkennende gevallestudie was drievoudig, naamlik om te bepaal (a) hoe bruikbaar ChatGPT-4V is om lugfoto’s te ontleed, (b) watter dryfvere die aanneem daarvan kan bevorder en (c) wat die implikasies vir Geografie-klaskamers kan wees indien dit aangeneem word om lugfoto’s te ontleed. Ek het eers tien gesprekke met ChatGPT-4V gevoer om sy geografiese kennis en ontleding van lugfoto’s te beoordeel. Daarna het ek die Kunsmatige-Intelligensie-Aanvaarding-Voorspelling-Model (KIAVM) toegepas om die dryfvere te identifiseer wat die aanneem van ChatGPT-4V kan bevorder. Laastens is die implikasies vir Geografie-klaskamers bepaal. ’n Gemengde-metodes-benadering is gevolg. Die gesprekke was kwalitatief van aard, terwyl kwantitatiewe data tydens die toepassing van die Kunsmatige-Intelligensie-Aanvaarding-Voorspelling-Hulpmiddel (KIAVH) ingesamel is. Die bevindinge toon dat ChatGPT-4V bruikbaar is om lugfoto’s te ontleed. Die gehalte van sy geografiese kennis is redelik goed, die lugfoto’s is redelik suksesvol ontleed en ChatGPT-4V kon lugfoto’s gebruik om ’n gevallestudie en ’n toets (beide met memoranda) te skep. ChatGPT-4V het min taalfoute gemaak, maar dit kon oortuigend hallusineer. Agt van die nege dryfvere van die Kunsmatige-Intelligensie-Aanvaarding-Voorspelling-Model kan die aanneem van ChatGPT-4V in Geografie-klaskamers kan bevorder. Daar kan voorspel word dat ChatGPT-4V vir etiese en onetiese doeleindes aangeneem sal word, daarom behoort beleid en strategieë in plek gestel te word om verantwoordelike gebruik te bevorder. ChatGPT-4V hou belangrike implikasies vir Geografie-klaskamers in. Onderwysers en dosente kan dit gebruik om hulle werkslas te verlig aangesien die response goed is en die foute maklik reggestel kan word. ChatGPT-4V kan gebruik word om gedifferensieerde onderwys te bevorder aangesien verpersoonlikte leergeleenthede geskep kan word. Leerders en studente moet egter gemaan word om sy response krities te beoordeel. Kostes kan bespaar word en toegang tot lugfoto’s kan bevorder word. Indien ’n leergeoriënteerde benadering tot assessering gevolg word, kan geleenthede vir KI-plagiaat beperk word.
Center for Open Science
Title: Bruikbaarheid van ChatGPT-4V(Vision) om lugfoto’s te ontleed, dryfvere wat aanneem kan bevorder en implikasies vir Geografie-klaskamers
Description:
ChatGPT-4V kan lugfoto’s redelik suksesvol ontleed, tog is die implikasies daarvan vir Geografie-klaskamers nog nie ondersoek nie.
Die doel van hierdie verkennende gevallestudie was drievoudig, naamlik om te bepaal (a) hoe bruikbaar ChatGPT-4V is om lugfoto’s te ontleed, (b) watter dryfvere die aanneem daarvan kan bevorder en (c) wat die implikasies vir Geografie-klaskamers kan wees indien dit aangeneem word om lugfoto’s te ontleed.
Ek het eers tien gesprekke met ChatGPT-4V gevoer om sy geografiese kennis en ontleding van lugfoto’s te beoordeel.
Daarna het ek die Kunsmatige-Intelligensie-Aanvaarding-Voorspelling-Model (KIAVM) toegepas om die dryfvere te identifiseer wat die aanneem van ChatGPT-4V kan bevorder.
Laastens is die implikasies vir Geografie-klaskamers bepaal.
’n Gemengde-metodes-benadering is gevolg.
Die gesprekke was kwalitatief van aard, terwyl kwantitatiewe data tydens die toepassing van die Kunsmatige-Intelligensie-Aanvaarding-Voorspelling-Hulpmiddel (KIAVH) ingesamel is.
Die bevindinge toon dat ChatGPT-4V bruikbaar is om lugfoto’s te ontleed.
Die gehalte van sy geografiese kennis is redelik goed, die lugfoto’s is redelik suksesvol ontleed en ChatGPT-4V kon lugfoto’s gebruik om ’n gevallestudie en ’n toets (beide met memoranda) te skep.
ChatGPT-4V het min taalfoute gemaak, maar dit kon oortuigend hallusineer.
Agt van die nege dryfvere van die Kunsmatige-Intelligensie-Aanvaarding-Voorspelling-Model kan die aanneem van ChatGPT-4V in Geografie-klaskamers kan bevorder.
Daar kan voorspel word dat ChatGPT-4V vir etiese en onetiese doeleindes aangeneem sal word, daarom behoort beleid en strategieë in plek gestel te word om verantwoordelike gebruik te bevorder.
ChatGPT-4V hou belangrike implikasies vir Geografie-klaskamers in.
Onderwysers en dosente kan dit gebruik om hulle werkslas te verlig aangesien die response goed is en die foute maklik reggestel kan word.
ChatGPT-4V kan gebruik word om gedifferensieerde onderwys te bevorder aangesien verpersoonlikte leergeleenthede geskep kan word.
Leerders en studente moet egter gemaan word om sy response krities te beoordeel.
Kostes kan bespaar word en toegang tot lugfoto’s kan bevorder word.
Indien ’n leergeoriënteerde benadering tot assessering gevolg word, kan geleenthede vir KI-plagiaat beperk word.

Related Results

Exploring Large Language Models Integration in the Histopathologic Diagnosis of Skin Diseases: A Comparative Study
Exploring Large Language Models Integration in the Histopathologic Diagnosis of Skin Diseases: A Comparative Study
Abstract Introduction The exact manner in which large language models (LLMs) will be integrated into pathology is not yet fully comprehended. This study examines the accuracy, bene...
Regspraak: Dart misses the mark: no clarity on distinctiveness
Regspraak: Dart misses the mark: no clarity on distinctiveness
Onderskeibaarheid is ’n noodsaaklike vereiste vir die registrasie van ’n handelsmerk, maar daar is nie duidelikheid oor die standaard (of toets) vir onderskeibaarheid nie. In stede...
Digitisation and consumer law in South Africa and Africa
Digitisation and consumer law in South Africa and Africa
Die digitale revolusie tydens die laaste drie dekades het ’n enorme impak gemaak op die wyse waarop verbruikers en verskaffers tans optree. Hierdie ontwikkeling skep nou nuwe uitda...
Assessment of Chat-GPT, Gemini, and Perplexity in Principle of Research Publication: A Comparative Study
Assessment of Chat-GPT, Gemini, and Perplexity in Principle of Research Publication: A Comparative Study
Abstract Introduction Many researchers utilize artificial intelligence (AI) to aid their research endeavors. This study seeks to assess and contrast the performance of three sophis...
Afrikaans Huistaal-onderwysers se selfgerigte voorbereiding van jeugverhale
Afrikaans Huistaal-onderwysers se selfgerigte voorbereiding van jeugverhale
Leerders wat literêre tekste lees, is taalvaardiger as die leerders wat dit nie lees nie (Pretorius 2002:170). Die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) ver...
Numéro 85 (nl) - février 2011
Numéro 85 (nl) - février 2011
Op initiatief van de federale overheid heeft het Belgische stelsel van werkloosheidsverze-kering sinds 2004 belangrijke veranderingen ondergaan. Het principe van de toekenning van ...
Jeugdbescherming op maat: Een pilotonderzoek naar ARIJ-Needs
Jeugdbescherming op maat: Een pilotonderzoek naar ARIJ-Needs
Recentelijk is ARIJ-Needs ontwikkeld om professionals te ondersteunen in zowel behoeftetaxatie als besluitvorming over passende zorg voor gezinnen met risico’s op (herhaling van) k...

Back to Top