Javascript must be enabled to continue!
Regspraak: Dart misses the mark: no clarity on distinctiveness
View through CrossRef
Onderskeibaarheid is ’n noodsaaklike vereiste vir die registrasie van ’n handelsmerk, maar daar is nie duidelikheid oor die standaard (of toets) vir onderskeibaarheid nie. In stede daarvan dat die hoogste hof van appèl met die uitspraak in Dart Industries Inc v Botle Buhle Brands (Pty) Ltd duidelikheid oor die standaard (of toets) vir onderskeibaarheid meebring, het die hof slegs verdere onsekerheid en verwarring geskep. Nie alleenlik is die verkeerde standaard (’n toets gebaseer op waarneming (“perception”)) vir onderskeibaarheid deur vorige gebruik aangewend nie, maar daar is ook ’n standaard wat verkil (’n toets gebaseer op vertroue (“reliance”)) wat gebruik word om inherente onderskeibaarheid te bepaal. Daar word aangevoer dat die korrekte toets wel die een is wat op vertroue gebaseer is. Om die vereiste van reputasie vir doeleindes van aanklamping te bewys, is ’n verdere standaard, dit wil sê ’n toets gebaseer op erkenning-enassosiasie gebruik. Daar word aangevoer dat daar ’n koherensie (of samehangendheid) moet wees tussen die standaard (of toets) vir onderskeibaarheid wat gebruik word vir handelsmerke en dié wat gebruik word vir aanklamping. As daar nie so ’n koherensie is nie, sal dit lei tot die soort onreëlmatige situasie wat duidelik is in die Eco Botle-saak, waar die hof – met inagneming van dieselfde kenmerke van ’n produk – bevind het dat die vorm van die bottel nie die nodige onderskeibaarheid vir handelsmerkdoeleindes verkry het vir registrasie as handelsmerk nie, maar het die nodige reputasie (of onderskeibaarheid) gehad vir doeleindes van aanklamping. Daarbenewens het die hof in National Brands Ltd v Cape Cookies CC nie bevredigende leiding gegee nie oor die effek wat die betwiste handelsmerk op die betrokke verbruikers moet hê vir doeleindes van inbreukmaking op ’n handelsmerk, byvoorbeeld deur verwatering – veral as die onderskeie goedere verskil en daar geen waarskynlikheid van misleiding of verwarring is nie. ’n Beginselvaste en koherente benadering tot die kwessie van die onderskeibaarheid van handelsmerke moet gevolg word. Die standaard vir die onderskeibaarheid van handelsmerke moet verband hou met vrae oor (moontlike) skending van ’n erkende handelsmerk, byvoorbeeld, moontlike verwatering van handelsmerke, en aanklamping. As daar verskille is, moet daar grondige redes wees om enige verskille te steun. ’n Toets, gebaseer op vertroue, word as die gepaste standaard vir die bepaling van onderskeibaarheid voorgehou.
Title: Regspraak: Dart misses the mark: no clarity on distinctiveness
Description:
Onderskeibaarheid is ’n noodsaaklike vereiste vir die registrasie van ’n handelsmerk, maar daar is nie duidelikheid oor die standaard (of toets) vir onderskeibaarheid nie.
In stede daarvan dat die hoogste hof van appèl met die uitspraak in Dart Industries Inc v Botle Buhle Brands (Pty) Ltd duidelikheid oor die standaard (of toets) vir onderskeibaarheid meebring, het die hof slegs verdere onsekerheid en verwarring geskep.
Nie alleenlik is die verkeerde standaard (’n toets gebaseer op waarneming (“perception”)) vir onderskeibaarheid deur vorige gebruik aangewend nie, maar daar is ook ’n standaard wat verkil (’n toets gebaseer op vertroue (“reliance”)) wat gebruik word om inherente onderskeibaarheid te bepaal.
Daar word aangevoer dat die korrekte toets wel die een is wat op vertroue gebaseer is.
Om die vereiste van reputasie vir doeleindes van aanklamping te bewys, is ’n verdere standaard, dit wil sê ’n toets gebaseer op erkenning-enassosiasie gebruik.
Daar word aangevoer dat daar ’n koherensie (of samehangendheid) moet wees tussen die standaard (of toets) vir onderskeibaarheid wat gebruik word vir handelsmerke en dié wat gebruik word vir aanklamping.
As daar nie so ’n koherensie is nie, sal dit lei tot die soort onreëlmatige situasie wat duidelik is in die Eco Botle-saak, waar die hof – met inagneming van dieselfde kenmerke van ’n produk – bevind het dat die vorm van die bottel nie die nodige onderskeibaarheid vir handelsmerkdoeleindes verkry het vir registrasie as handelsmerk nie, maar het die nodige reputasie (of onderskeibaarheid) gehad vir doeleindes van aanklamping.
Daarbenewens het die hof in National Brands Ltd v Cape Cookies CC nie bevredigende leiding gegee nie oor die effek wat die betwiste handelsmerk op die betrokke verbruikers moet hê vir doeleindes van inbreukmaking op ’n handelsmerk, byvoorbeeld deur verwatering – veral as die onderskeie goedere verskil en daar geen waarskynlikheid van misleiding of verwarring is nie.
’n Beginselvaste en koherente benadering tot die kwessie van die onderskeibaarheid van handelsmerke moet gevolg word.
Die standaard vir die onderskeibaarheid van handelsmerke moet verband hou met vrae oor (moontlike) skending van ’n erkende handelsmerk, byvoorbeeld, moontlike verwatering van handelsmerke, en aanklamping.
As daar verskille is, moet daar grondige redes wees om enige verskille te steun.
’n Toets, gebaseer op vertroue, word as die gepaste standaard vir die bepaling van onderskeibaarheid voorgehou.
Related Results
Optimal Distinctiveness
Optimal Distinctiveness
Optimal distinctiveness research is a rapidly growing area of scholarship that integrates key theoretical insights from strategic management and institutional theory. Strategic man...
DART and LICIACUBE: Documenting Kinetic Impact
DART and LICIACUBE: Documenting Kinetic Impact
The NASA Double Asteroid Redirection Test (DART) mission will demonstrate asteroid deflection by a kinetic impactor. DART will impact Dimorphos, the secondary member of the (65803)...
P-525 ChatGPT 4.0: accurate, clear, relevant, and readable responses to frequently asked fertility patient questions
P-525 ChatGPT 4.0: accurate, clear, relevant, and readable responses to frequently asked fertility patient questions
Abstract
Study question
What is the accuracy, clarity, relevance and readability of ChatGPT’s responses to frequently asked fert...
Clarity tubes as effective citizen science tools for monitoring wastewater treatment works and rivers
Clarity tubes as effective citizen science tools for monitoring wastewater treatment works and rivers
Abstract
Improved freshwater resource management requires the implementation of widespread, effective, and timely water quality monitoring. Conventional monitoring m...
Dart Sporunun Dikkat Düzeyine Etkisinin İncelenmesi
Dart Sporunun Dikkat Düzeyine Etkisinin İncelenmesi
Dart sporunun dikkat düzeyine etkisinin incelenmesi amacıyla yapılan bu araştırmada deneysel araştırma modeli kullanılarak, ön test-son test, kontrol ve deney grubu oluşturulmuştur...
Kajian Teoritis: Pariwisata Berkelanjutan berdasarkan Distinctiveness
Kajian Teoritis: Pariwisata Berkelanjutan berdasarkan Distinctiveness
Pariwisata merupakan faktor penting dalam membentuk identitas pada suatu kawasan. Pariwisata berkelanjutan sendiri merupakan pariwisata yang memperkirakan dampak ekonomi, lingkunga...
Keterkaitan antara Aspek Lingkungan pada Pariwisata Berkelanjutan terhadap Distinctiveness (Studi Kasus Kawasan Geopark Kaldera Toba)
Keterkaitan antara Aspek Lingkungan pada Pariwisata Berkelanjutan terhadap Distinctiveness (Studi Kasus Kawasan Geopark Kaldera Toba)
Aspek lingkungan merupakan salah satu hal yang sangat penting dalam perkembangan pariwisata berkelanjutan di kawasan Geopark Kaldera Toba. Hal ini dikarenakan yang menjadi nilai j...
Stellar occultations by Near Earth Asteroids: challenges and results
Stellar occultations by Near Earth Asteroids: challenges and results
The observation of stellar occultation by asteroids is an intrinsically challenging activity in the case of Near Earth Objects, that produce very short events on narrow occultation...

