Javascript must be enabled to continue!
Should South Africa adopt fair use? Cutting through the rhetoric
View through CrossRef
Die wetgewer poog om met die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg ingrypende veranderinge in die Wet op Outeursreg aan te bring, waarby die instelling van billike gebruik (“fair use”) ingesluit word. Hierdie voorgestelde wysiging blyk nie die resultaat te wees van enige erkende hersieningsproses nie, en vereis ’n deeglike ontleding van die gevolge daarvan. Hierdie radikale afwyking van ons huidige benadering ten opsigte van die uitsonderings in outeursreg is deur sommige bekende tegnologie maatskappye ondersteun, nie net in Suid-Afrika nie, maar ook in ander regsgebiede soos die Verenigde Koninkryk, Australië en Nieu-Seeland. Die artikel spreek ernstige kommer uit oor die implikasies van die instelling van billike gebruik in die Suid-Afrikaanse reg. Sodra verby die retoriek van die beweerde meerderwaardigheid van billike gebruik beweeg word, is die prentjie wat ontstaan verontrustend. Alhoewel daar entoesiastiese ondersteuning blyk te wees vir die instelling van billike gebruik vanuit sekere oorde, is die geskiedenis daarvan om regsekerheid te vestig in die regsgebied van sy statutêre oorsprong, die Verenigde State, minder bemoedigend. Billike gebruik vereis ’n litigasieproses tussen die verskillende partye om die toelaatbare uitsonderings op outeursreg te bepaal. Daar is geen noodwendige rede waarom billike gebruik meer responsief is op tegnologiese verandering as wetgewende hervorming nie. Daar is beduidende verskille in ons regstelsel en die litigasieproses wanneer dit vergelyk word met dié van die Verenigde State. Versuim om die verskille te erken, kan tot onvoorspelbare en onbedoelde gevolge lei. Uitsonderings op die outeursreg behels aspekte van openbare beleid. Dit moet nie deur regters beslis word ooreenkomstig ’n agenda wat daargestel is deur private litigante nie. In ’n demokratiese samelewing moet openbare beleidskwessies deur die parlement bepaal word en dit mag openbare deelname insluit. Billike gebruik, of enige vorm van oop uitsonderings, kan daartoe lei dat Suid-Afrika sy verdragsverpligtinge kragtens die Bernkonvensie, die TRIPs-ooreenkoms en in die besonder die sogenaamde “drie-stap-toets” mag oortree. Dit is ook duidelik dat die houding van die Europese Unie en die Verenigde State teenoor die groot tegnologie maatskappye minder uiteenlopend is, en dat wetgewende maatreëls ingestel word, of oorweeg word, om die uitbuiting van die regte van outeursreghebbendes te beperk. Voorstanders vir die instelling van billike gebruik het nog geen regverdiging verskaf waarom Suid-Afrika dit só moet gedra oor sy internasionale verpligtinge nie.
Title: Should South Africa adopt fair use? Cutting through the rhetoric
Description:
Die wetgewer poog om met die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg ingrypende veranderinge in die Wet op Outeursreg aan te bring, waarby die instelling van billike gebruik (“fair use”) ingesluit word.
Hierdie voorgestelde wysiging blyk nie die resultaat te wees van enige erkende hersieningsproses nie, en vereis ’n deeglike ontleding van die gevolge daarvan.
Hierdie radikale afwyking van ons huidige benadering ten opsigte van die uitsonderings in outeursreg is deur sommige bekende tegnologie maatskappye ondersteun, nie net in Suid-Afrika nie, maar ook in ander regsgebiede soos die Verenigde Koninkryk, Australië en Nieu-Seeland.
Die artikel spreek ernstige kommer uit oor die implikasies van die instelling van billike gebruik in die Suid-Afrikaanse reg.
Sodra verby die retoriek van die beweerde meerderwaardigheid van billike gebruik beweeg word, is die prentjie wat ontstaan verontrustend.
Alhoewel daar entoesiastiese ondersteuning blyk te wees vir die instelling van billike gebruik vanuit sekere oorde, is die geskiedenis daarvan om regsekerheid te vestig in die regsgebied van sy statutêre oorsprong, die Verenigde State, minder bemoedigend.
Billike gebruik vereis ’n litigasieproses tussen die verskillende partye om die toelaatbare uitsonderings op outeursreg te bepaal.
Daar is geen noodwendige rede waarom billike gebruik meer responsief is op tegnologiese verandering as wetgewende hervorming nie.
Daar is beduidende verskille in ons regstelsel en die litigasieproses wanneer dit vergelyk word met dié van die Verenigde State.
Versuim om die verskille te erken, kan tot onvoorspelbare en onbedoelde gevolge lei.
Uitsonderings op die outeursreg behels aspekte van openbare beleid.
Dit moet nie deur regters beslis word ooreenkomstig ’n agenda wat daargestel is deur private litigante nie.
In ’n demokratiese samelewing moet openbare beleidskwessies deur die parlement bepaal word en dit mag openbare deelname insluit.
Billike gebruik, of enige vorm van oop uitsonderings, kan daartoe lei dat Suid-Afrika sy verdragsverpligtinge kragtens die Bernkonvensie, die TRIPs-ooreenkoms en in die besonder die sogenaamde “drie-stap-toets” mag oortree.
Dit is ook duidelik dat die houding van die Europese Unie en die Verenigde State teenoor die groot tegnologie maatskappye minder uiteenlopend is, en dat wetgewende maatreëls ingestel word, of oorweeg word, om die uitbuiting van die regte van outeursreghebbendes te beperk.
Voorstanders vir die instelling van billike gebruik het nog geen regverdiging verskaf waarom Suid-Afrika dit só moet gedra oor sy internasionale verpligtinge nie.
Related Results
Afrikanske smede
Afrikanske smede
African Smiths Cultural-historical and sociological problems illuminated by studies among the Tuareg and by comparative analysisIn KUML 1957 in connection with a description of sla...
Mindy Calling: Size, Beauty, Race in The Mindy Project
Mindy Calling: Size, Beauty, Race in The Mindy Project
When characters in the Fox Television sitcom The Mindy Project call Mindy Lahiri fat, Mindy sees it as a case of misidentification. She reminds the character that she is a “petite ...
New species of the Afrotropical spider genus Cheiramiona Lotz & Dippenaar-Schoeman (Araneae: Eutichuridae)
New species of the Afrotropical spider genus Cheiramiona Lotz & Dippenaar-Schoeman (Araneae: Eutichuridae)
Twenty-three new species of the Afrotropical sac spider genus Cheiramiona Lotz & Dippenaar-Schoeman, 1999 are described: C. baviaan sp. nov. (♀, South Africa), C. boschrandensi...
Editor Words
Editor Words
In its 64 issue, the scholarly Rhetoric and Communications journal continues its tradition of publishing in-depth research by established scholars and emerging researchers from Bul...
Mix En Meng It Op: Emile YX?'s Alternative Race and Language Politics in South African Hip-Hop
Mix En Meng It Op: Emile YX?'s Alternative Race and Language Politics in South African Hip-Hop
This paper explores South African hip-hop activist Emile YX?'s work to suggest that he presents an alternative take on mainstream US and South African hip-hop. While it is arguable...
Exploring the boundaries of rhetoric
Exploring the boundaries of rhetoric
Purpose
– The purpose of this paper is to examine how the boundaries of rhetoric have excluded important theoretical and practical subjects and how these subjects a...
High brightness lasers in cutting applications
High brightness lasers in cutting applications
Laser cutting machines with linear motor drives provide high contour accuracy and high cutting rates. Thus laser beam cutting has become increasingly competitive compared to mechan...
Analytical modelling of cutting force in pulsed laser-assisted turnings of SiCp/Al composites
Analytical modelling of cutting force in pulsed laser-assisted turnings of SiCp/Al composites
Abstract
Particle-reinforced composites (SiCp/Al) are widely used in aerospace and military industries due to their excellent properties. Heating SiCp/Al with a pulsed lase...


