Search engine for discovering works of Art, research articles, and books related to Art and Culture
ShareThis
Javascript must be enabled to continue!

Ludwig Wittgenstein en Karel Schoeman: ’n verkenning van die verbande tussen Wittgenstein se taalfilosofie en Schoeman se woordkuns

View through CrossRef
Hierdie artikel toon die verband tussen die idees van Ludwig Wittgenstein oor taalkommunikasie en Karel Schoeman se woordkuns. Dele van wat Wittgenstein as filosofiese stellings in die Tractatus Logico-Philosophicus en die Philosophische Untersuchungen / Philosophical investigations geopenbaar het, is as kreatiewe neerslag in die fiksie en niefiksie van Schoeman herkenbaar, naamlik in die romans van die Stemme-drieluik (Verliesfontein, Hierdie lewe, Die uur van die engel), die roman Verkenning, die reisboek Afskeid van Europa en die sterwensepos Slot van die dag. Die doel van hierdie artikel is om aan die hand van Wittgenstein se idees ’n hermeneutiese proses vir Schoeman se skryfwêreld op gang te bring. Schoeman het kennis gedra van die essensie van Wittgenstein se denke. Ek wil dit stel dat dié kennis deel uitgemaak het van Schoeman se metafiksionele bewussyn, wat via sy kreatiewe talige uitinge geopenbaar is. Eerstens word daar in die inleiding ’n verduideliking aangebied van Wittgenstein se sentrale gedagtes soos dit in sy twee bekendste publikasies, die Tractatus Logico-Philosophicus (1921/22) en die postume Philosophische Untersuchungen / Philosophical investigations (1953) kenbaar gemaak is. Aanvullend verwys die inleiding na Wittgenstein se eweneens postuum gepubliseerde Remarks on colour / Bemerkungen über die Farben (1977). Tweedens word in die inleiding kortliks die verbande tussen Wittgenstein se filosofieë en Schoeman se literêre werk uitgelig. Derdens word dié verbande daarna verder in vier afdelings uitgewerk. Die afdelings behandel die verskille en ooreenkomste tussen Wittgenstein en Schoeman se lewens, die rol van visuele beelde en kleure in taal en hoedat hulle aan die onsegbare aspekte van taal vorm gee. Die bevinding is dat Karel Schoeman in die laat-1980’s en 1990’s belangstelling vir Wittgenstein se denkbeelde getoon het en die gevolgtrekking is dat dié voorkennis in wisselwerking met Schoeman se kreatiewe skryfkundige prosesse getree het.
Title: Ludwig Wittgenstein en Karel Schoeman: ’n verkenning van die verbande tussen Wittgenstein se taalfilosofie en Schoeman se woordkuns
Description:
Hierdie artikel toon die verband tussen die idees van Ludwig Wittgenstein oor taalkommunikasie en Karel Schoeman se woordkuns.
Dele van wat Wittgenstein as filosofiese stellings in die Tractatus Logico-Philosophicus en die Philosophische Untersuchungen / Philosophical investigations geopenbaar het, is as kreatiewe neerslag in die fiksie en niefiksie van Schoeman herkenbaar, naamlik in die romans van die Stemme-drieluik (Verliesfontein, Hierdie lewe, Die uur van die engel), die roman Verkenning, die reisboek Afskeid van Europa en die sterwensepos Slot van die dag.
Die doel van hierdie artikel is om aan die hand van Wittgenstein se idees ’n hermeneutiese proses vir Schoeman se skryfwêreld op gang te bring.
Schoeman het kennis gedra van die essensie van Wittgenstein se denke.
Ek wil dit stel dat dié kennis deel uitgemaak het van Schoeman se metafiksionele bewussyn, wat via sy kreatiewe talige uitinge geopenbaar is.
Eerstens word daar in die inleiding ’n verduideliking aangebied van Wittgenstein se sentrale gedagtes soos dit in sy twee bekendste publikasies, die Tractatus Logico-Philosophicus (1921/22) en die postume Philosophische Untersuchungen / Philosophical investigations (1953) kenbaar gemaak is.
Aanvullend verwys die inleiding na Wittgenstein se eweneens postuum gepubliseerde Remarks on colour / Bemerkungen über die Farben (1977).
Tweedens word in die inleiding kortliks die verbande tussen Wittgenstein se filosofieë en Schoeman se literêre werk uitgelig.
Derdens word dié verbande daarna verder in vier afdelings uitgewerk.
Die afdelings behandel die verskille en ooreenkomste tussen Wittgenstein en Schoeman se lewens, die rol van visuele beelde en kleure in taal en hoedat hulle aan die onsegbare aspekte van taal vorm gee.
Die bevinding is dat Karel Schoeman in die laat-1980’s en 1990’s belangstelling vir Wittgenstein se denkbeelde getoon het en die gevolgtrekking is dat dié voorkennis in wisselwerking met Schoeman se kreatiewe skryfkundige prosesse getree het.

Related Results

Pedersstræde i Viborg. Købstadarkæologiske undersøgelser 1966/67
Pedersstræde i Viborg. Købstadarkæologiske undersøgelser 1966/67
Pedersstræde in Viborg Archäologische Untersuchungen der Stadt ViborgSchon seit dem 17. Jahrhundert hat man die historisch-topographische Entwicklung der Stadt Viborg zum Gegenstan...
E-Learning
E-Learning
E-Learning ist heute aus keinem pädagogischen Lehrraum mehr wegzudenken. In allen Bereichen von Schule über die berufliche bis zur universitären Ausbildung und besonders im Bereich...
Analiza prikaza afrikanerskog identiteta u povijesnim romanima Karela Schoemana iz postkolonijalne perspektive
Analiza prikaza afrikanerskog identiteta u povijesnim romanima Karela Schoemana iz postkolonijalne perspektive
This dissertation analyzes the narrative strategies in five novels by the South African author Karel Schoeman, specifically the way in which they undermine key historiographical st...
Numéro 85 (nl) - février 2011
Numéro 85 (nl) - février 2011
Op initiatief van de federale overheid heeft het Belgische stelsel van werkloosheidsverze-kering sinds 2004 belangrijke veranderingen ondergaan. Het principe van de toekenning van ...
Struikelblokke wat toesig deur opposisiepartye in die Suid-Afrikaanse parlement belemmer
Struikelblokke wat toesig deur opposisiepartye in die Suid-Afrikaanse parlement belemmer
Dit is duidelik uit die Suid-Afrikaanse geskiedenis van die afgelope 27 jaar dat die toesigrol in ons parlement tekortskiet. Oor die algemeen is die parlement veronderstel om toesi...
Der Diskurs um Medien und Werte ist weiter zu fassen
Der Diskurs um Medien und Werte ist weiter zu fassen
Die Debatte um Werte und Medien begleitet die Gesellschaft und speziell die Pädagogik seit dem Aufkommen der sogenannten Massenmedien. Im Mittelpunkt stand und steht noch immer die...
Metabolismusstudien an Mykotoxinen
Metabolismusstudien an Mykotoxinen
ZusammenfassungMykotoxine sind toxische Sekundärmetaboliten verschiedener Schimmelpilze. Aufgrund der weiten Verbreitung der Pilze kommen Mykotoxine ubiquitär in Lebens‐ und Futter...
Analysing computer-generated works in South African copyright law in the age of artificial intelligence
Analysing computer-generated works in South African copyright law in the age of artificial intelligence
Die afgelope paar jaar het ’n beduidende toename in toegang tot, en ontwikkeling in, generatiewe kunsmatige intelligensie-tegnologieë gesien. Om teks te genereer met behulp van sog...

Back to Top