Search engine for discovering works of Art, research articles, and books related to Art and Culture
ShareThis
Javascript must be enabled to continue!

DIE (GCALEKA-)KONING IS DOOD, LANK LEEF DIE (GCALEKA-)KONING!

View through CrossRef
Koning Xolilizwe Sigcawu is op 31 Desember 2005 in 1 Militêre Hospitaal, Pretoria, aan lewerversaking dood. Koning Sigcawu, wie se koningshuis by die Groot Plek Nqadu naby Willowvale in die Oos-Kaap is, het 40 jaar lank oor die Gcaleka-koninkryk as opperhoof van die Gcalekas regeer. Die Gcaleka-koninkryk, oos van die Keirivier, is nie die enigste Xhosa-koninkryk in dié provinsie nie – koning Maxhobayakhawuleza Sandile, wie se koningshuis naby King William’s Town is, regeer oor die Rharhabe, in ’n gebied wes van die Keirivier. Benewens dié twee, beskik ook die Thembu en die Pondo, twee ander Xhosa-sprekende nasies, elk oor twee konings (sienhttp://152.111.1.251/argief/berigte/dieburger/2006/01/12/OS/7/cdforumsigcawu.html, toegang 13-02-2006). As een van die langs regerende opperhoofde in Suid-Afrika was koning Xolilizwe Sigcawu die elfde koning van die Gcaleka-gebied, en hy is volgens tradisie in ’n koninklike begrafnis langs sy pa, koning Bungeni Zwelindumile Sigcawu, naby die koningshuis by die Groot Plek Nqadu ter ruste gelê (sien http://www.sundaytimes.co.za/Articles/TarkArticle.aspx?ID=1843033, toegang 13-02-2006; http://152.111.1.251/argief/berigte/dieburger/2006/01/14/BY/9/sigcawu.html, toegang 13-02-2006). Reeds by sy begrafnis het die vraag ontstaan na ’n opvolger vir die koning – hy het vyf vroue gehad, van wie slegs twee, Nondwe en Nomazile, nog leef, asook elf kinders. Hoofman Mpendulo Sigcawu, die koning se oudste seun by sy derde vrou (ook bekend as ’n qadi-vrou), blyk volgens tradisionele erfopvolgingsreëls die bewese aanspraakmaker op die troon te wees, hoewel prins Ahlangene Sigcawu, die koning se oudste seun by sy tweede vrou (ook bekend as die regterhandse vrou), ook aspirasies vir koningskap gehad het. Die eintlike aanspraakmaker op die troon, die koning se oudste seun by sy eerste vrou (ook bekend as die hoofvrou), is na bewering verstandelik gestrem en mog die koning dus nie opvolg nie. Voorts blyk vroulike opvolging volgens Gcaleka-tradisie ontoepaslik te wees omdat vroue deur potensiële huweliksluiting buite die sibbe “nie die [familie]lyn kan voortsit nie” (sien http://152.111.1.251/argief/berigte/dieburger/2006/01/12/OS/7/cdforumsigcawu.html, toegang 13-02-2006). Volgens mediaberigte is ’n opvolger vir die ontslape koning Xolilizwe Sigcawu reeds op 27 Januarie 2006 benoem. Hoofman Mpendulo Sigcawu het na bewering tydens sy benoemingsplegtigheid volgens koninkliketradisie ’n nuwe naam gekry, naamlik koning Zwelonke Sigwacu, die twaalfde koning van die Gcaleka-gebied (sien http://152.111.1.251/argief/berigte/dieburger/2006/01/28/DB/2/nsxhosakoning.html, toegang 13-02-2006).  Verskeie interessante vrae ontstaan uit die verhaal van die dood en opvolging van koning Xolilizwe Sigcawu, waaronder die volgende:− welke reëls en kriteria bepaal hoe die opvolging van ’n koningsposisie geskied;− welke prosedure vir die benoeming en aanstelling van ’n opvolger gevolg moet word; en− of dit korrek is om te beweer dat vroue van sodanige opvolging uitgesluit word.In die onderhawige aantekening word dié onderskeie vrae kortliks beantwoord met verwysing na die inheemsregtelike reëls, toepaslike wetgewing en relevante onlangse regspraak. Die aantekening het egter nie ten doel om die instelling en meriete van tradisionele leierskap as sodanig te bespreek en evalueer nie (sien in dié verband, bv, Bennett Customary Law in South Africa (2004) 101-134; en Mqeke Customary Law and the New Millennium (2003) 120-125).
Academy of Science of South Africa
Title: DIE (GCALEKA-)KONING IS DOOD, LANK LEEF DIE (GCALEKA-)KONING!
Description:
Koning Xolilizwe Sigcawu is op 31 Desember 2005 in 1 Militêre Hospitaal, Pretoria, aan lewerversaking dood.
Koning Sigcawu, wie se koningshuis by die Groot Plek Nqadu naby Willowvale in die Oos-Kaap is, het 40 jaar lank oor die Gcaleka-koninkryk as opperhoof van die Gcalekas regeer.
Die Gcaleka-koninkryk, oos van die Keirivier, is nie die enigste Xhosa-koninkryk in dié provinsie nie – koning Maxhobayakhawuleza Sandile, wie se koningshuis naby King William’s Town is, regeer oor die Rharhabe, in ’n gebied wes van die Keirivier.
Benewens dié twee, beskik ook die Thembu en die Pondo, twee ander Xhosa-sprekende nasies, elk oor twee konings (sienhttp://152.
111.
1.
251/argief/berigte/dieburger/2006/01/12/OS/7/cdforumsigcawu.
html, toegang 13-02-2006).
As een van die langs regerende opperhoofde in Suid-Afrika was koning Xolilizwe Sigcawu die elfde koning van die Gcaleka-gebied, en hy is volgens tradisie in ’n koninklike begrafnis langs sy pa, koning Bungeni Zwelindumile Sigcawu, naby die koningshuis by die Groot Plek Nqadu ter ruste gelê (sien http://www.
sundaytimes.
co.
za/Articles/TarkArticle.
aspx?ID=1843033, toegang 13-02-2006; http://152.
111.
1.
251/argief/berigte/dieburger/2006/01/14/BY/9/sigcawu.
html, toegang 13-02-2006).
Reeds by sy begrafnis het die vraag ontstaan na ’n opvolger vir die koning – hy het vyf vroue gehad, van wie slegs twee, Nondwe en Nomazile, nog leef, asook elf kinders.
Hoofman Mpendulo Sigcawu, die koning se oudste seun by sy derde vrou (ook bekend as ’n qadi-vrou), blyk volgens tradisionele erfopvolgingsreëls die bewese aanspraakmaker op die troon te wees, hoewel prins Ahlangene Sigcawu, die koning se oudste seun by sy tweede vrou (ook bekend as die regterhandse vrou), ook aspirasies vir koningskap gehad het.
Die eintlike aanspraakmaker op die troon, die koning se oudste seun by sy eerste vrou (ook bekend as die hoofvrou), is na bewering verstandelik gestrem en mog die koning dus nie opvolg nie.
Voorts blyk vroulike opvolging volgens Gcaleka-tradisie ontoepaslik te wees omdat vroue deur potensiële huweliksluiting buite die sibbe “nie die [familie]lyn kan voortsit nie” (sien http://152.
111.
1.
251/argief/berigte/dieburger/2006/01/12/OS/7/cdforumsigcawu.
html, toegang 13-02-2006).
Volgens mediaberigte is ’n opvolger vir die ontslape koning Xolilizwe Sigcawu reeds op 27 Januarie 2006 benoem.
Hoofman Mpendulo Sigcawu het na bewering tydens sy benoemingsplegtigheid volgens koninkliketradisie ’n nuwe naam gekry, naamlik koning Zwelonke Sigwacu, die twaalfde koning van die Gcaleka-gebied (sien http://152.
111.
1.
251/argief/berigte/dieburger/2006/01/28/DB/2/nsxhosakoning.
html, toegang 13-02-2006).
  Verskeie interessante vrae ontstaan uit die verhaal van die dood en opvolging van koning Xolilizwe Sigcawu, waaronder die volgende:− welke reëls en kriteria bepaal hoe die opvolging van ’n koningsposisie geskied;− welke prosedure vir die benoeming en aanstelling van ’n opvolger gevolg moet word; en− of dit korrek is om te beweer dat vroue van sodanige opvolging uitgesluit word.
In die onderhawige aantekening word dié onderskeie vrae kortliks beantwoord met verwysing na die inheemsregtelike reëls, toepaslike wetgewing en relevante onlangse regspraak.
Die aantekening het egter nie ten doel om die instelling en meriete van tradisionele leierskap as sodanig te bespreek en evalueer nie (sien in dié verband, bv, Bennett Customary Law in South Africa (2004) 101-134; en Mqeke Customary Law and the New Millennium (2003) 120-125).

Related Results

E-Learning
E-Learning
E-Learning ist heute aus keinem pädagogischen Lehrraum mehr wegzudenken. In allen Bereichen von Schule über die berufliche bis zur universitären Ausbildung und besonders im Bereich...
Photolabile Schutzgruppen und ihre Anwendung zur wellenlängenselektiven Aktivierung und Deaktivierung eines Antibiotikums
Photolabile Schutzgruppen und ihre Anwendung zur wellenlängenselektiven Aktivierung und Deaktivierung eines Antibiotikums
Die Verwendung von photolabilen Schutzgruppen zur nicht-invasiven Kontrolle von Systemen birgt ein großes Potential für verschiedenste Anwendungsgebiete, die von der Erforschung un...
Nachgefragt: Maryanne Redpath, Leiterin Sektion Generation der Berlinale
Nachgefragt: Maryanne Redpath, Leiterin Sektion Generation der Berlinale
Abschied von der Berlinale – mit einem 20-jährigen Jubiläum als Leiterin der Sektion Generation beendet Maryanne Redpath ihre Arbeit beim internationalen Filmfestival. Schon 1993 w...
Niemiecka socjaldemokratka Anke Martiny o potrzebie feminizacji polityki
Niemiecka socjaldemokratka Anke Martiny o potrzebie feminizacji polityki
DIE DEUTSCHE SOZIALDEMOKRATIN ANKE MARTINY ÜBER DIE NOTWENDIGE FEMINISIERUNG DER POLITIKDie Politikerin der SPD Anke Martiny 1939–2016 war eine außergewöhnliche Gestalt der deutsch...
Lebensraum Internet: Jugendliche im Netz - Zehn Jahre Medienaneignung im Wandel
Lebensraum Internet: Jugendliche im Netz - Zehn Jahre Medienaneignung im Wandel
2003 Skype | 2004 Facebook | 2005 YouTube, StudiVZ | 2006 Twitter, MyVideo | 2007 iPhone, SchülerVZ, Dropbox | 2008 Android Betriebssystem | 2009 WhatsApp | 2010 iPad | 2011 Social...
Healthy Leaders – Healthy Employees : Consequences of Impairments in Leaders’ Health and Interventions for Promoting their Health
Healthy Leaders – Healthy Employees : Consequences of Impairments in Leaders’ Health and Interventions for Promoting their Health
Wenn Führungskräfte bei schlechter Gesundheit sind, können sich weitreichende Folgen für die Führungskräfte selbst, ihre Mitarbeitenden und ihre Unternehmen ergeben. Interventionen...
Digitisation and consumer law in South Africa and Africa
Digitisation and consumer law in South Africa and Africa
Die digitale revolusie tydens die laaste drie dekades het ’n enorme impak gemaak op die wyse waarop verbruikers en verskaffers tans optree. Hierdie ontwikkeling skep nou nuwe uitda...
nachgefragt: Maryanne Redpath, Leiterin der Sektion Generation der Berlinale
nachgefragt: Maryanne Redpath, Leiterin der Sektion Generation der Berlinale
Nicole Lohfink hat mit Maryanne Redpath, Leiterin der Sektion GENERATION der Internationalen Filmfestspiele Berlin, über das Profil der Sektion Kinder- und Jugendfilme, die wirtsch...

Back to Top