Javascript must be enabled to continue!
Erfdeel: Koos du Plessis: Versamelde Werke
View through CrossRef
Met bedrieglik eenvoudige lirieke en gevoelvolle melodieë het Koos du Plessis musiek in Afrikaans geskep wat tot gewone mense spreek, maar wat oor universele temas handel: verlies, vervreemding, afsondering, ontroering, ontheemding en verganklikheid. Sy musiek word dan ook dikwels vergelyk met dié van onder meer Leonard Cohen en Bob Dylan. Koos du Plessis is reeds veertig jaar oorlede, maar sy invloed binne die Afrikaanse kulturele milieu kring steeds wyer uit. Liedjies soos “Sprokie vir ’n stadskind” en “Kinders van die wind” het onuitwisbaar deel geword van die Afrikaanse kultuurskat; sy liedjies word gesing op enige plek waar daar Afrikaans gehoor word; en meer as ’n honderdtal kunstenaars wat musiek maak oor ’n breë spektrum – van Sonja Herholdt tot Johannes Kerkorrel en Battery 9 tot Steve Hofmeyr – het al ’n Koos Doep-liedjie opgeneem of vertolk. Koos kan egter moeilik getipeer word slegs as Afrikaanse liriekskrywer: benewens ’n sestigtal oorspronklike liedjies, het daar ook postuum twee versbundels onder sy naam verskyn. Daar is steeds ’n aanvraag na Koos se eie vertolkings van sy liedjies, wat daarop dui dat hy ook vir homself ’n staanplek as uitvoerende kunstenaar afgebaken het. Dan het sy inkennigheid, ongemaklike verhouding met die pers en vroeë dood hom natuurlik ook ’n besonder enigmatiese figuur binne die Afrikaanse kultuurwêreld gemaak. Dis egter moeilik om meer oor Koos en sy werk te wete te kom. Tot die groot frustrasie van joernaliste, was hy publisiteitsku en het hy selde onderhoude toegestaan. Daar is ook nie ’n opgaaf van sy kreatiewe werk en sy veeltal lirieke beskikbaar nie. ’n Koos du Plessis-liriekbundel met die lirieke en melodielyne van die liedjies op sy eerste twee albums is al ’n geruime tyd nie meer beskikbaar nie, en baie van Koos se latere lirieke is aan ’n groot deel van sy aanhangers onbekend. Met Erfdeel word hierdie leemte gevul. Die boek bring Koos se kreatiewe werk vir die eerste maal byeen, en vul dit aan met ’n oorsig van sy musiekloopbaan en leefwêreld, asook gedagtes oor die invloed van sy nalatenskap. Al Koos se lirieke – wat ook as verse gelees kan word – is ingesluit, asook enkele toonsettings van Koos se verse deur ander kunstenaars. Vir liedjieskrywers, musiekmakers en musiekliefhebbers se onthalwe word kitaarakkoorde by elk van die lirieke geplaas. Die verse uit Koos se twee bundels – Om jou verlaas te groet (Human & Rousseau, 1985) en Skink nog ’n uur in my glas (Queillerie, 1995) – is heropgeneem saam met ’n vyftiental ongepubliseerde verse. Erfdeel bevat ook biografiese notas oor Koos se lewe, foto’s, en besonderhede oor die ontstaansgeskiedenis van sommige van sy bekendste liedjies.
UJ Press
Title: Erfdeel: Koos du Plessis: Versamelde Werke
Description:
Met bedrieglik eenvoudige lirieke en gevoelvolle melodieë het Koos du Plessis musiek in Afrikaans geskep wat tot gewone mense spreek, maar wat oor universele temas handel: verlies, vervreemding, afsondering, ontroering, ontheemding en verganklikheid.
Sy musiek word dan ook dikwels vergelyk met dié van onder meer Leonard Cohen en Bob Dylan.
Koos du Plessis is reeds veertig jaar oorlede, maar sy invloed binne die Afrikaanse kulturele milieu kring steeds wyer uit.
Liedjies soos “Sprokie vir ’n stadskind” en “Kinders van die wind” het onuitwisbaar deel geword van die Afrikaanse kultuurskat; sy liedjies word gesing op enige plek waar daar Afrikaans gehoor word; en meer as ’n honderdtal kunstenaars wat musiek maak oor ’n breë spektrum – van Sonja Herholdt tot Johannes Kerkorrel en Battery 9 tot Steve Hofmeyr – het al ’n Koos Doep-liedjie opgeneem of vertolk.
Koos kan egter moeilik getipeer word slegs as Afrikaanse liriekskrywer: benewens ’n sestigtal oorspronklike liedjies, het daar ook postuum twee versbundels onder sy naam verskyn.
Daar is steeds ’n aanvraag na Koos se eie vertolkings van sy liedjies, wat daarop dui dat hy ook vir homself ’n staanplek as uitvoerende kunstenaar afgebaken het.
Dan het sy inkennigheid, ongemaklike verhouding met die pers en vroeë dood hom natuurlik ook ’n besonder enigmatiese figuur binne die Afrikaanse kultuurwêreld gemaak.
Dis egter moeilik om meer oor Koos en sy werk te wete te kom.
Tot die groot frustrasie van joernaliste, was hy publisiteitsku en het hy selde onderhoude toegestaan.
Daar is ook nie ’n opgaaf van sy kreatiewe werk en sy veeltal lirieke beskikbaar nie.
’n Koos du Plessis-liriekbundel met die lirieke en melodielyne van die liedjies op sy eerste twee albums is al ’n geruime tyd nie meer beskikbaar nie, en baie van Koos se latere lirieke is aan ’n groot deel van sy aanhangers onbekend.
Met Erfdeel word hierdie leemte gevul.
Die boek bring Koos se kreatiewe werk vir die eerste maal byeen, en vul dit aan met ’n oorsig van sy musiekloopbaan en leefwêreld, asook gedagtes oor die invloed van sy nalatenskap.
Al Koos se lirieke – wat ook as verse gelees kan word – is ingesluit, asook enkele toonsettings van Koos se verse deur ander kunstenaars.
Vir liedjieskrywers, musiekmakers en musiekliefhebbers se onthalwe word kitaarakkoorde by elk van die lirieke geplaas.
Die verse uit Koos se twee bundels – Om jou verlaas te groet (Human & Rousseau, 1985) en Skink nog ’n uur in my glas (Queillerie, 1995) – is heropgeneem saam met ’n vyftiental ongepubliseerde verse.
Erfdeel bevat ook biografiese notas oor Koos se lewe, foto’s, en besonderhede oor die ontstaansgeskiedenis van sommige van sy bekendste liedjies.
Related Results
A Comparison Study of KOOS-PS and KOOS Function and Sport Scores
A Comparison Study of KOOS-PS and KOOS Function and Sport Scores
Background
The KOOS-PS represents a shortened version of the Knee Injury and Osteoarthritis Outcome Score (KOOS) Function and Sport scales. Previous investigation...
Reliability of the Malay version of the KOOS patellofemoral pain and subscale (KOOS-PF)
Reliability of the Malay version of the KOOS patellofemoral pain and subscale (KOOS-PF)
Introduction: The Knee Orthopaedic Outcome Score- Patellofemoral (KOOS-PF) has been established as a reliable and valid instrument for evaluating individuals suffering from patello...
Cross-Cultural Translation and Validation of the Spanish Version of the Patellofemoral Pain and Osteoarthritis Subscale of the KOOS (KOOS-PF)
Cross-Cultural Translation and Validation of the Spanish Version of the Patellofemoral Pain and Osteoarthritis Subscale of the KOOS (KOOS-PF)
Abstract
Background: Patellofemoral pain is a very common complaint in orthopedic sports medicine clinics. Disease-specific patient-reported outcome measures (PROMs) are us...
The Relationship Between Demographic and Occupational Characteristics and Disability Severity in Patients With Knee Osteoarthritis
The Relationship Between Demographic and Occupational Characteristics and Disability Severity in Patients With Knee Osteoarthritis
Purpose: Osteoarthritis is a progressive disease and the most common form of joint inflammation. Moreover, it is the most common cause of functional disability in the elderly. Amon...
Rates of Subjective Failure After Both Isolated and Combined Posterior Cruciate Ligament Reconstruction: A Study From the Norwegian Knee Ligament Registry 2004-2021
Rates of Subjective Failure After Both Isolated and Combined Posterior Cruciate Ligament Reconstruction: A Study From the Norwegian Knee Ligament Registry 2004-2021
Background: Outcomes after posterior cruciate ligament (PCL) reconstruction (PCLR) have been reported to be inferior to those of anterior cruciate ligament reconstruction. Furtherm...
Validity of the Malay adaptation of the KOOS Patellofemoral Pain and Subscale (KOOS-PF)
Validity of the Malay adaptation of the KOOS Patellofemoral Pain and Subscale (KOOS-PF)
Introduction: The Malay version of Knee Orthopaedic Outcome Score-Patellofemoral (KOOS-PF) is unavailable. Aims: This study culturally used the (KOOS-PF) questionnaire for Malaysia...
Die mikrochirurgische Behandlung und das Outcome von KOOS Grad IV Vestibularisschwannomen
Die mikrochirurgische Behandlung und das Outcome von KOOS Grad IV Vestibularisschwannomen
Hintergrund: Das Vestibularisschwannom ist der dritthäufigste gutartige intrakranielle Tumor. Besonders die Entität des KOOS Grad IV Vestibularisschwannoms stellt auch in der heuti...
Influence of Isometric Exercise Combined With Electromyostimulation on Inflammatory Cytokine Levels, Muscle Strength, and Knee Joint Function in Elderly Women With Early Knee Osteoarthritis
Influence of Isometric Exercise Combined With Electromyostimulation on Inflammatory Cytokine Levels, Muscle Strength, and Knee Joint Function in Elderly Women With Early Knee Osteoarthritis
Background and Objectives: Muscle strengthening exercise is suggested to beneficial for patients with knee osteoarthritis (OA) and electrical muscular stimulation is reported to be...


