Javascript must be enabled to continue!
Die vokaalruimtes van Bruinafrikaanse variëteite
View through CrossRef
Opsomming Die spraak van bruin sprekers van Afrikaans, ’n belangrike variëteit van Afrikaans, bied ’n besonder ryk terrein vir die beantwoording van die vraag of daar gepraat kan word van Bruinafrikaans as ’n homogene grootheid, en of daar, alternatiewelik, sprake kan wees van twee of meer subvariëteite daarvan. Wissing (2022 en 2023) onderskryf op grond van ’n beperkte ondersoek die gebruik van die benaming Bruinafrikaans. Hierdie ondersoeke was beperk in skopus, met die gevolg dat ’n breër en dieper kyk hierop nie net geregverdig is nie, maar ook noodsaaklik. Dit is die hoofdoelstelling van die ondersoek waarvan hierdie artikel verslag lewer. Dit word gedoen deur die vokaalruimtes (akoestiese vokaalkaarte) van tien gebiede waar Bruinafrikaans gekonsentreer is, met mekaar te vergelyk. Die algemene opset wat betref die keuse van opnamegebiede en metode van ondersoek is dieselfde as wat in Wissing (2022 en ter perse) gevolg is, so ook die metode waarop die ondersoek uitgevoer is. Ons het spraakopnames van die lees van ’n woordelys deur sprekers van tien hoof- opnamegebiede in Suider-Afrika ontleed en geïnterpreteer met die oog op die bereiking van genoemde doelstelling. Dié tien gebiede kom voor in die Wes-Kaap (4)1, die Noord-Kaap (2), die Oos-Kaap (1), die Vrystaat (1), die Noordwes-Provinsie (1) en Namibië (1). Vokaalruimtes van dié opnamegebiede is bepaal, waarna paarsgewyse verhoudings tussen alle vokaalruimtes van al tien opnamegebiede bereken is, en deur middel van ’n netwerk gevisualiseer is. Dit is opgevolg deur klusterontledings. Gekonstrueerde dendrogramme toon dat twee subgroepe onderskei kan word, naamlik enersyds die Suid-Kaap, Delft, Robertson, Matzikama en dele van die Oos-Kaap, en andersyds Bergmanshoogte, Springbok, Promosa en Kakamas; Gobabis vorm ’n eie, afsonderlike gebied, maar kan ook by laasgenoemde groep ingedeel word. Dit klop grotendeels met ’n geografiese indeling in suid en noord. Die geografiese verspreiding kan tot op ’n groot hoogte histories verklaar word met inagneming van die migrasie van Afrikaanssprekendes vanuit Kaapstad en omgewing noordwaarts en ook ooswaarts. Soortgelyke vergelyking van die vokaalruimtes van sowel albei geslagte (vroulik en manlik) as albei ouderdomsgroepe (jonk en oud)2 toon slegs klein tot mediumverskille, wat beteken dat Bruinafrikaans en sy variante wel tot ’n hoë mate as ’n enkele, en ook stabiele, entiteit beskou kan word. Trefwoorde: akoestiese kenmerke; benaming; Bruinafrikaans; etnisiteit; geografiese ligging; geslag; ouderdom; sosiofonetiek; spektrale eienskappe; taaltipologie; vokaal; vokaalfrekwensies; vokaalruimte; vokaalsisteem
Title: Die vokaalruimtes van Bruinafrikaanse variëteite
Description:
Opsomming Die spraak van bruin sprekers van Afrikaans, ’n belangrike variëteit van Afrikaans, bied ’n besonder ryk terrein vir die beantwoording van die vraag of daar gepraat kan word van Bruinafrikaans as ’n homogene grootheid, en of daar, alternatiewelik, sprake kan wees van twee of meer subvariëteite daarvan.
Wissing (2022 en 2023) onderskryf op grond van ’n beperkte ondersoek die gebruik van die benaming Bruinafrikaans.
Hierdie ondersoeke was beperk in skopus, met die gevolg dat ’n breër en dieper kyk hierop nie net geregverdig is nie, maar ook noodsaaklik.
Dit is die hoofdoelstelling van die ondersoek waarvan hierdie artikel verslag lewer.
Dit word gedoen deur die vokaalruimtes (akoestiese vokaalkaarte) van tien gebiede waar Bruinafrikaans gekonsentreer is, met mekaar te vergelyk.
Die algemene opset wat betref die keuse van opnamegebiede en metode van ondersoek is dieselfde as wat in Wissing (2022 en ter perse) gevolg is, so ook die metode waarop die ondersoek uitgevoer is.
Ons het spraakopnames van die lees van ’n woordelys deur sprekers van tien hoof- opnamegebiede in Suider-Afrika ontleed en geïnterpreteer met die oog op die bereiking van genoemde doelstelling.
Dié tien gebiede kom voor in die Wes-Kaap (4)1, die Noord-Kaap (2), die Oos-Kaap (1), die Vrystaat (1), die Noordwes-Provinsie (1) en Namibië (1).
Vokaalruimtes van dié opnamegebiede is bepaal, waarna paarsgewyse verhoudings tussen alle vokaalruimtes van al tien opnamegebiede bereken is, en deur middel van ’n netwerk gevisualiseer is.
Dit is opgevolg deur klusterontledings.
Gekonstrueerde dendrogramme toon dat twee subgroepe onderskei kan word, naamlik enersyds die Suid-Kaap, Delft, Robertson, Matzikama en dele van die Oos-Kaap, en andersyds Bergmanshoogte, Springbok, Promosa en Kakamas; Gobabis vorm ’n eie, afsonderlike gebied, maar kan ook by laasgenoemde groep ingedeel word.
Dit klop grotendeels met ’n geografiese indeling in suid en noord.
Die geografiese verspreiding kan tot op ’n groot hoogte histories verklaar word met inagneming van die migrasie van Afrikaanssprekendes vanuit Kaapstad en omgewing noordwaarts en ook ooswaarts.
Soortgelyke vergelyking van die vokaalruimtes van sowel albei geslagte (vroulik en manlik) as albei ouderdomsgroepe (jonk en oud)2 toon slegs klein tot mediumverskille, wat beteken dat Bruinafrikaans en sy variante wel tot ’n hoë mate as ’n enkele, en ook stabiele, entiteit beskou kan word.
Trefwoorde: akoestiese kenmerke; benaming; Bruinafrikaans; etnisiteit; geografiese ligging; geslag; ouderdom; sosiofonetiek; spektrale eienskappe; taaltipologie; vokaal; vokaalfrekwensies; vokaalruimte; vokaalsisteem.
Related Results
Pedersstræde i Viborg. Købstadarkæologiske undersøgelser 1966/67
Pedersstræde i Viborg. Købstadarkæologiske undersøgelser 1966/67
Pedersstræde in Viborg Archäologische Untersuchungen der Stadt ViborgSchon seit dem 17. Jahrhundert hat man die historisch-topographische Entwicklung der Stadt Viborg zum Gegenstan...
E-Learning
E-Learning
E-Learning ist heute aus keinem pädagogischen Lehrraum mehr wegzudenken. In allen Bereichen von Schule über die berufliche bis zur universitären Ausbildung und besonders im Bereich...
Konceptualizacija temporal'nosti v poėtike Iosifa Brodskogo = Zeitkonzepte in der Poetik Iosif Brodskijs
Konceptualizacija temporal'nosti v poėtike Iosifa Brodskogo = Zeitkonzepte in der Poetik Iosif Brodskijs
Iosif Brodskij (Joseph Brodsky) ist wahrlich kein unbeschriebenes Blatt in der Forschung der neueren russischen Literatur. Brodskijs Freund Lev Losev sprach ironisch von der Produk...
Struikelblokke wat toesig deur opposisiepartye in die Suid-Afrikaanse parlement belemmer
Struikelblokke wat toesig deur opposisiepartye in die Suid-Afrikaanse parlement belemmer
Dit is duidelik uit die Suid-Afrikaanse geskiedenis van die afgelope 27 jaar dat die toesigrol in ons parlement tekortskiet. Oor die algemeen is die parlement veronderstel om toesi...
Der Diskurs um Medien und Werte ist weiter zu fassen
Der Diskurs um Medien und Werte ist weiter zu fassen
Die Debatte um Werte und Medien begleitet die Gesellschaft und speziell die Pädagogik seit dem Aufkommen der sogenannten Massenmedien. Im Mittelpunkt stand und steht noch immer die...
Metabolismusstudien an Mykotoxinen
Metabolismusstudien an Mykotoxinen
ZusammenfassungMykotoxine sind toxische Sekundärmetaboliten verschiedener Schimmelpilze. Aufgrund der weiten Verbreitung der Pilze kommen Mykotoxine ubiquitär in Lebens‐ und Futter...
Numéro 85 (nl) - février 2011
Numéro 85 (nl) - février 2011
Op initiatief van de federale overheid heeft het Belgische stelsel van werkloosheidsverze-kering sinds 2004 belangrijke veranderingen ondergaan. Het principe van de toekenning van ...
Analysing computer-generated works in South African copyright law in the age of artificial intelligence
Analysing computer-generated works in South African copyright law in the age of artificial intelligence
Die afgelope paar jaar het ’n beduidende toename in toegang tot, en ontwikkeling in, generatiewe kunsmatige intelligensie-tegnologieë gesien. Om teks te genereer met behulp van sog...

