Search engine for discovering works of Art, research articles, and books related to Art and Culture
ShareThis
Javascript must be enabled to continue!

Vader van holisme: Was Jan Smuts 'n intellektueel?

View through CrossRef
Jan Smuts was uiters intelligent, 'n wetenskaplike in eie reg, 'n beskermheer van die wetenskappe en 'n bydraer tot wetenskaplike literatuur en diskoerse. Kwalifiseer hy deur sy intellektuele bydraes om as 'n intellektueel geklassifiseer te word? Sy aanspraak op die status van intellektueel sentreer om die konsep van holisme, wat hy oor dekades ontwikkel het en wat in Holism and evolution (1926) uiteengesit is. In hierdie boek het hy in 'n sintese van die bestaande kennis van sy tyd holisme voorgehou as die kreatiewe en koördinerende beginsel in die heelal, wat materie, lewe en gees saamvoeg. Hy het teleologies argumenteer dat evolusie 'n proses is wat al meer komplekse gehele tot stand bring en dat die natuur in die rigting van voortdurende verbetering beweeg. Smuts se konsep het positiewe openbare en wetenskaplike kommentaar uitgelok, maar hom ook betrek in 'n dispuut met Arthur Tansley, waarin sy idealistiese beskouing teen Tansley se materialistiese benadering te staan gekom het. Dekades later, in die 1980's, het holisme weer sterk op die voorgrond getree as teenvoeter vir reduksionisme. Dit het 'n sleutelkomponent van die sisteemteorie en -wetenskap geword, maar het ook prominent geword in diskoerse in verskillende soorte wetenskappe en in die werk van vooraanstaande wetenskaplikes in verskillende dissiplines. My gevolgtrekking is dat Smuts wel as 'n intellektueel kwalifiseer. Hierdie gevolgtrekking word eerstens gebaseer daarop dat Smuts se holisme die resultaat van oorspronklike denke was en intuïtief die weg aangedui het vir verdere ondersoek om die werklikheid te verklaar en te verstaan. Smuts het hiermee 'n konstruktiewe en steeds geldige bydrae tot die wetenskaplike paradigmaskuif in die twintigste eeu gelewer. Tweedens het holisme 'n beduidende impak op die samelewing gemaak, beide in Smuts se eie tyd en later. As intellektueel was en bly Smuts 'n belangrike rolspeler in openbare diskoerse.
Academy of Science of South Africa
Title: Vader van holisme: Was Jan Smuts 'n intellektueel?
Description:
Jan Smuts was uiters intelligent, 'n wetenskaplike in eie reg, 'n beskermheer van die wetenskappe en 'n bydraer tot wetenskaplike literatuur en diskoerse.
Kwalifiseer hy deur sy intellektuele bydraes om as 'n intellektueel geklassifiseer te word? Sy aanspraak op die status van intellektueel sentreer om die konsep van holisme, wat hy oor dekades ontwikkel het en wat in Holism and evolution (1926) uiteengesit is.
In hierdie boek het hy in 'n sintese van die bestaande kennis van sy tyd holisme voorgehou as die kreatiewe en koördinerende beginsel in die heelal, wat materie, lewe en gees saamvoeg.
Hy het teleologies argumenteer dat evolusie 'n proses is wat al meer komplekse gehele tot stand bring en dat die natuur in die rigting van voortdurende verbetering beweeg.
Smuts se konsep het positiewe openbare en wetenskaplike kommentaar uitgelok, maar hom ook betrek in 'n dispuut met Arthur Tansley, waarin sy idealistiese beskouing teen Tansley se materialistiese benadering te staan gekom het.
Dekades later, in die 1980's, het holisme weer sterk op die voorgrond getree as teenvoeter vir reduksionisme.
Dit het 'n sleutelkomponent van die sisteemteorie en -wetenskap geword, maar het ook prominent geword in diskoerse in verskillende soorte wetenskappe en in die werk van vooraanstaande wetenskaplikes in verskillende dissiplines.
My gevolgtrekking is dat Smuts wel as 'n intellektueel kwalifiseer.
Hierdie gevolgtrekking word eerstens gebaseer daarop dat Smuts se holisme die resultaat van oorspronklike denke was en intuïtief die weg aangedui het vir verdere ondersoek om die werklikheid te verklaar en te verstaan.
Smuts het hiermee 'n konstruktiewe en steeds geldige bydrae tot die wetenskaplike paradigmaskuif in die twintigste eeu gelewer.
Tweedens het holisme 'n beduidende impak op die samelewing gemaak, beide in Smuts se eie tyd en later.
As intellektueel was en bly Smuts 'n belangrike rolspeler in openbare diskoerse.

Related Results

Numéro 85 (nl) - février 2011
Numéro 85 (nl) - février 2011
Op initiatief van de federale overheid heeft het Belgische stelsel van werkloosheidsverze-kering sinds 2004 belangrijke veranderingen ondergaan. Het principe van de toekenning van ...
7. Jan Smuts and his ‘Sphinx’ Problem
7. Jan Smuts and his ‘Sphinx’ Problem
To the question ‘Was Smuts a racialist?’ the response must be in the affirmative. The answer becomes more nuanced, however, if we ask what sort of racialist he was - working from t...
13. Jan Smuts and the Atomic Bomb
13. Jan Smuts and the Atomic Bomb
The life and legacy of Jan Christiaan Smuts continue to elicit widespread academic and political interest. However, a neglected aspect of Smuts's career relates to the atomic bomb ...
Impact of the COVID-19 pandemic on surgical care in the Netherlands
Impact of the COVID-19 pandemic on surgical care in the Netherlands
Abstract Background The COVID-19 pandemic caused disruption of regular healthcare leading to reduced hospital attendances, repur...
De Russische inspiratie van Joris Van Severen. Deel 2
De Russische inspiratie van Joris Van Severen. Deel 2
In de oorlogsdagboeken van Joris Van Severen valt zijn belangstelling op voor bepaalde aspecten van de Russische cultuur, die weinig met elkaar gemeen hebben, met name Dostojevski ...
Early South African engagement with international psychology
Early South African engagement with international psychology
South African psychology has been informed by international trends in psychology from its earliest inception. South African psychologists, such as Joseph Wolpe and Arnold Lazarus, ...
Margaretha Meyboom, 1856-1927
Margaretha Meyboom, 1856-1927
Margaretha Anna Sophia Meyboom werd op 29 juli 1856 in Amsterdam geboren als tweede dochter in een domineesgezin. Haar ouders Angenis Henriette Frederika Tydeman (1828-1898) en Lou...

Back to Top